Die Antichris

Die Beeld van die Dier

« »

Nou staan ons voor 'n nuwe konsep, naamlik, die "beeld van die dier". Van die tweede dier word gesê: "En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het" (Openb. 13:14).

Dit is 'n uitstekende beskrywing van die ontwikkeling wat ons reeds waargeneem het. Die VSA neem 'n bevoorregte posisie in binne die militêre alliansie; hul woorde, hul invloed het gewig. Wat die godsdienstige betref sal hulle nie daarin slaag om al die protestantse kerke ten volle te integreer nie; net deur hul erkenning van die pous, behou hulle hul bestaansreg om beskerm en erken te word deur die pous.

Die beeld van die dier, aangedui deur die horing wat die godsdienstige mag simboliseer, verwys na die WRK waarin al die protestantse denominasies verenig. In bybel-profesie is dit die eweknie van die eerste dier. Soos die lande van die Ooste en die Weste aan die Verenigde Nasies behoort, so ook is die protestantse Kerke van die Ooste en die Weste verenig in die WRK. Beide horings sal politieke invloed het. As daar nie ‘n eenwording van kerk en staat was destyds nie, sou daar vandag ook nie staatskerke of kerk-state wees nie. Die kerke het deur wêreldse mag geword wat dit is. Die WRK sal ook toenemend 'n instrument van die politieke mag word. Sy globale president kan maar 'n Hongaar wees en terselfdertyd 'n burger van Budapest se ateïstiese regering.

Hierdie beeld kon ook praat, dit wil sê, dit sal gesprekke hê. Dit word soos volg in vers 15 uitgedruk: "En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie".

Diegene wat, as gelowiges in Christus, nie buig onder druk van die WRK nie, en wat nie lede is nie van enige van die denominasies, wat almal aan hierdie Raad behoort, moet vervolging verwag. Mense wat glo in die Bybel sal hul reg om byeenkomste en godsdienstige aktiwiteite te hou, verloor. Die beeld van die dier sal praat en sal, met 'n fanatiese ywer, verseker dat almal wat nie saamstem met die eerste dier nie, doodgemaak word. Sodra die beeld van die dier, die WRK, begin spreek, sal druk op al die ware bybel-gelowiges uitgeoefen word.

Dit herinner ons aan Nebukadnésar wat 'n goue standbeeld laat maak het (Daniël 3). Die bevel was toe gegee dat almal hierdie standbeeld moes aanbid. Net soos dit destyds was, is daar ook nou persone wat net hul huldeblyke aan God bring en nie aan 'n godsdienstige beeld nie – ‘n menslike instelling – ook nie voor dit buig nie. Die heerskappye van die heidense konings het begin met die vervolging van diegene wat God gevrees het, en dit is ook hoe dit sal eindig. Die skrif "Mené, mené, tekél ufarsín!", is reeds op die muur geskryf. Dit is die beproewing wat die volharding van al die ware bybel-gelowiges sal demonstreer.

Soos ons kan sien in Openbaring 13, verse 5-8, word die eerste dier ook na verwys as 'n persoon: "En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie" (v. 8). Die Kerk se uitoefening van totalitêre mag destyds in die Middeleeue, is algemeen bekend; die geskiedenis van die pouse is baie ook mee vertroud. Maar op die ou einde sal die Kerk ongekende mag uitoefen, soos nog nooit gesien was nie, en daarmee ‘n einde maak aan vryheid van godsdiens. Slegs diegene wat die Kerk erken sal ook erken word.

Deur die inwerkingtreding van die Wéreldraad van Kerke sal die beeld ook, as die samesmelting van die Protestante en eweknie van die eerste dier, dieselfde kragte uitoefen. Van hulle sal selfs probeer om die Reformasie af te maak en al die gevolglike ‘skade’ daardeur gelei, probeer ‘herstel’. In hierdie strewe word geglo dat die hervormers, na bewering, nooit die skeuring van die moederkerk bedoel het nie. So sal almal eindelaaste aansluit by hierdie poging om eenheid te bereik, wat nie kan gebeur sonder dat die Roomse kerk erken word nie. Druk sal selfs op al die mense op die buitekant geplaas word om by te kom. Dit word alles gedoen in die Naam van die HERE. Maar hierdie eenheid het niks te doen met die eenheid van die Gemeente van Jesus Christus nie – waarvoor Jesus gebid het in Sy hoë-priesterlike gebed!

Dit sal tot by ‘n punt kom dat elkeen wat iets sê teen die Roomse Kerk, rekenskap sal moet gee. Slegs een stem sal toegelaat word op die aarde. Elke ander stem sal verbied word en mense sal gedwing word om dit te erken, deur lede te word van 'n denominasie wat deel uitmaak van die Wêreldraad van Kerke. Diegene wat nie sal buig voor hierdie twee stelsels nie, sal voëlvry verklaar word.