OMSENDBRIEF April 2018
In die eerste sendbrief in Openbaring 2:2, prys die Here Sy Gemeente:
"Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is, en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het"
Paulus het in baie briewe, veral in sy vermaninge aan die Thessalonicense en aan Timótheüs, kommer uitgespreek dat die afvalligheid van die ware geloof sou kom. Die Apostel moes die Gemeente in Korinthe vermaan: "Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.
Want as iemand kom en 'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 'n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of 'n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval" (2Kor. 11: 3-4).
In Galasiërs 1: 6-8 spreek die apostel 'n vloek uit oor almal wat 'n ander evangelie verkondig: "Maar al sou ons of 'n engel uit die hemel julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom 'n vervloeking wees!". Die saak is baie, baie ernstig.
Soos die slang aan die begin van die natuurlike skepping in die Tuin van Eden twyfel gesaai het oor die Woord wat gespreek was deur die Here God aan Adam, met die argument: "… is dit ook so dat God gesê het …?", En so ongeloof inderdaad ontstaan het en die verleiding van Eva moontlik geword het, so het dit gebeur na die afloop van die apostoliese tye, tot vandag toe: twyfel oor die Woord, ongeloof, ongehoorsaamheid, die sondeval van die kerk deur afvalligheid vanaf die Woord. Beide illustrasies is 'n goeie daarstelling vanuit die Tuin van Eden.
Die woord van God was in twyfel getrek, en eie interpretasies en leringe daargestel. Waar dit gebeur, is alle aanbidding tevergeefs, soos die Here aan die Jode destyds gesê het: "Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is" (Mark. 7: 6-7). Selfs wat Jesus vir die skrifgeleerdes gesê het wat hul eie leerstellinge gehad het, geld vandag nog: "Maar omdat ek die waarheid spreek, glo julle my nie … die wat uit God is, luister na die woorde van God; daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie" (Joh. 8: 45+47). Daar is nog steeds twee verskillende geestelike sade: "En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose" (Matt. 13: 37-38).
Die waaragtige aanbidding van God kan slegs uit 'n hernude, reine hart kom. Onse Here het gesê: "Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in die Gees en waarheid aanbid …" (Joh. 4: 23-24). Wie nie aanbid soos deur die Gees gelei en volgens die Woord van God nie, bid verby God en nie aan Hom nie.
In 2Thessalonicense 2 was die uiteindelike afval en die mens van sonde, reeds voorspel deur Paulus, "die teenstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is" (vers 4) "… en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo" (vv 10-11). Diegene wat nie die Woord van God respekteer en glo as die enigste geldige waarheid vir hulleself en vir die Gemeente nie, word veroordeel om godsdienstige leuens te glo.
Die post-apostoliese gebeure is ongelooflik: manne wat nou vereer word as kerkvaders, het hul uit-die-heidendom-beinvloede leerstellinge aangebied. Hulle was christelike persoonlikhede, maar nie apostels van Jesus Christus nie. Geeneen van hulle het 'n ware goddelike roeping gehad nie. Die bekendstes is Athanasius, Augustinus en Hieronymus. Hulle was vanuit die hellenistiese heidendom, waarvan baie nie eens 'n ware bekering tot Christus ervaar het nie en het hulself nog steeds in bygeloof bevind, toe hulle hul eie idees in die Christendom bring.
Sedert die jaar 313 nC, toe keiser Konstantyn amptelik die ingevoerde wêreldse Christendom as 'n staatsgodsdiens verklaar het, het 'n tragiese ontwikkeling plaasgevind. Van 20 tot 25 Julie 325 nC, het hy biskoppe van verskillende gelowe na die Raad van Nicaea genooi. In daardie tyd was daar reeds 127 christelike rigtings in die lande wat aan die Romeinse Ryk behoort het. Na hittige argumente en besprekinge is 'n volkome onbybelse Trinitariese geloofsbelydenis geformuleer onder die voorsitterskap van Athanasius, waarmee nie almal saamgestem het nie. Met verwysing na die Seun van God sê dit: "… en aan die enige Here Jesus Christus, God se enigste Seun wat uit die Vader gebore is voor die hele wêreld, God vanuit God, lig vanuit die lig, ware God vanuit die ware God, gebore, nie geskape nie, een in wese met die Vader" – Väter der Christenheit (Vaders van die Christendom), bl. 40.
Tot op hede het God nie 'n ewige seun voortgebring nie, nog minder gebore. Daar was nooit 'n ewige seun gegee nie. In die 4000 jaar van die Ou Testament het geen profeet ooit gepraat van 'n Vader in die hemel, of selfs van 'n Seun nie, maar meer as vier duisend keer van die Here God – Elohim-Yahweh. In die apostels-briewe sien ons vanaf Romeine 1: "Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus" (vers 7). Geen enkele keer word genoem: "… van God die Seun" of "… van God die Heilige Gees" nie. So gewis soos die ewige God Elohim Homself as Here/Yahweh geopenbaar en in sigbare vorm in die Tuin van Eden gewandel het en Adam na Sy beeld geskape is, so seker het dieselfde God Homself as Vader in die hemel in Sy enigebore Seun op aarde geopenbaar. Daarom kon die Here Jesus sê: "wie My gesien het, het die Vader gesien …" (Joh. 14:9). God het Homself in die vlees geopenbaar, om ons te verlos (1Tim. 3:16).
Die belofte van die Seun se geboorte as Verlosser, word in baie gedeeltes in die Ou Testament gevind. Sommige daarvan is:
"Ek sal vir hom 'n vader wees, en hy sal vir My 'n seun wees" (2Sam. 7:14).
"Ek wil vertel van die besluit: Die Here het aan My gesê: "U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer" (Ps. 2:7). "Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het …" (Ps. 22: 10-11).
"Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil! Ja, Ék sal Hom 'n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde" (Ps. 89: 27-28). "Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem" (Jes. 7:14).
"Want 'n kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors …" (Jes. 9:5) – maar nêrens "Ewige Seun" nie!
"En jy, Bethlehem Éphrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat 'n Heerser in Israel sal wees …" (Miga 5:1).
Toe die tyd vervul was, het dit gebeur. So skryf Matthéüs in die heel eerste hoofstuk van die Nuwe Testament: "En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het (Jes. 7:14): "Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal hom Immánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons" (Matt. 1: 22-23).
In Lukas 1 en 2, word alles presies aan ons beskryf, wat met die geboorte van die Seun van God saamval: "En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar, en jy moet hom Jesus noem (Hebreeus: Yahshua) … Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die heilige wat gebore word, Seun van God genoem word … En Maria het gesê: Hier is die diensmaagd van die Here: Laat dit met my gaan volgens u woord" (Luk. 1: 30-31, 35, 38).
'n Stem roep hardop uit: "Hoor dit, julle mense almal!" Dié is die uur van die waarheid! Wie 'n oor het om te hoor, laat hom hoor wat die Gees aan die Gemeente sê: Net wat in die Bybel staan, is bybels en net wat deur die apostels geleer en gepraktiseer was, is apostolies.
Die opstelling van die Trinitariese geloofsbelydenis, wat verkeerdelik die "Apostoliese Geloofsbelydenis" genoem word en in die jaar 325 nC in die Raad van Nicea asook in 381 nC in die Raad van Konstantinopel bevestig was, het niks in gemeen met die eintlike bybels-apostoliese belydenis van die vroeë Gemeente nie. In die Raad van Nicea was die Seun as die tweede, en in die Raad van Konstantinopel was die Heilige Gees as die derde persoon in die Godheid verklaar. Kort daarna, naamlik in die jaar 385 nC, het Hieronymus in sy Latynse Vulgaat-vertaling die volgende as 1Johannes 5 vers 7 bygevoeg: "Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een". Driehonderd jaar na die apostels, was daar nie veel van die leringe van die apostels wat oorgebly het nie.
In die oorspronklike Hebreeuse en Griekse teks staan in 1Johannes 5 vers 7 net: "Daar is drie wat getuig …" dan volg: "… die Gees, en die water en die bloed; en hierdie drie is eenstemmig. As ons die getuienis van mense aanneem – die getuienis van God is groter, omdat dit die getuienis is van God wat Hy aangaande sy Seun getuig het" (verse 8+9; Matt. 3:17; Matt. 17:5). Die apostel Petrus kon getuig: "En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was" (2Pet. 1:18).
Martin Luther het die vertaling van die Vulgaat verwerp. John Wyclif het egter uit die Vulgaat in Engels vertaal, en derhalwe is van die toegevoegde teks nog in die King James Bybel. Alhoewel dit opgemerk word as 'n voetnota dat die teks van die "drie in die hemel" nie in die oorspronklike skrywes was nie, kan die byvoeging steeds gelees word in alle vertalings wat teruggaan na die Vulgaat. In die duitse uitgawes, bv. in die Zurich Bybel van 1535 of die Lutherse Bybel van 1543, vind ons tot vandag toe, God sy dank, die korrekte weergawe uit die oorspronklike teks.
Die Bybel bestaan uit twee testamente, die Ou en Nuwe Testament. Niks mag by 'n testament gevoeg word nie, niks kan daarin verander word nie. Die apostel Paulus skryf: "Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs 'n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie" (Gal. 3:15).
Aan die einde van die Nuwe Testament is daar in Openbaring 22 verse 18-19 die twee-voudige waarskuwing: "Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg, waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is".
Sedert die opkoms van christelike kerke in die vierde eeu is alle bybelse leerstellinge opsy gesit en van Jesus Christus, die Verlosser, is 'n netelige saak gemaak. Nie een van die raadsbesluite of van die dogmas wat in die loop van die kerkgeskiedenis geproklameer was, is bybels nie. So weet die Bybel ook niks van 'n verteenwoordiger van Christus of opvolger van Petrus nie. Die Katolieke Kerk het die woorde van Jesus in Matthéüs 16 vers 18 verkeerdelik as 'n pousdom geïnterpreteer. Die Here Jesus het nie vir Petrus gesê: "Ek sal My Gemeente op jou bou nie", maar "op hierdie rots sal Ek My Gemeente bou" – en die rots is Jesus Christus.
'n Stem roep hardop uit: Hoor dit, alle nasies: geen staats- of geen lands-kerke, is deur Christus, die Verlosser gebou nie, nie die Katolieke nie, nog minder die Ortodokse, die Koptiese, die Chaldeërse, die Siriese, of die Egiptiese kerk nie. Dit is almal christelike kerke, maar nie die Gemeente van Jesus Christus nie. Die Gemeente van Jesus Christus bestaan slegs uit bybelse gelowiges. Die waarheid is dat alle kerke, insluitend die Anglikaanse en Lutherse, hul lede die indruk gee dat hulle verlossing gewaarborg is. Tot op hede het geen kerk enigiemand salig gemaak nie. Maar almal van alle kerke en godsdienste kan deur geloof in Jesus Christus gered word deur 'n persoonlike saligheidservaring van bekering (Hand. 3:19).
Keisers, konings en heersers het die godsdiens van 'n land bepaal. So is die wêreld verdeel in godsdienste: hier Boeddhisme, daar Hindoeïsme en Shintoïsme; hier Sunnies, daar Sjiïete, doer Aleviete en Alawiete; hier Katolieke, daar Protestante. In Asië en Afrika het stamhoofde die godsdiens bepaal. Maar God is nie in enige godsdiens nie, God het Homself slegs in Jesus Christus geopenbaar, en slegs in die Verlosser kan ons God ontmoet (2Kor. 5:19).
Die saligmakende geloof in Jesus Christus die Verlosser, word in die christelike kerke deur sakramente vervang, selfs al getuig die Bybel duidelik van die persoonlike geloof: "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word" (Mark. 16:16). Volgens kerklike leringe lei die besprinkeling of gieting van water op die voorkop van babas of volwassenes tot wedergeboorte uit water en uit die Gees (Joh. 3:5), maar dit is in werklikheid glad nie so nie. Die besprinkeling gaan terug na Konstantyn, wie in die jaar 337 nC op sy sterfbed drie keer op die voorkop besprinkel was deur Biskop Eusebius, toe die Trinitariese formule "in die naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees", die eerste keer gebruik was. Daarom word daar gesê dat hy 'n Christen geword het, maar tot met sy einde het hy die songod Sol aangeroep.
Die Nagmaal word ook heeltemal verkeerd geïnterpreteer, hoewel dit duidelik in 1Korinthiërs 10 verse 14-22 beskryf word: "… Die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood".
Van die verandering van die brood, of die wafel, na die liggaam van Christus of die wyn na die bloed van Christus, word absoluut niks van in die Woord van God gevind nie. Onse Here het inteendeel gesê: "Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader" (Matt. 26:29). 1Korinthiërs 11 verse 23-34 sê ook, "Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom". Die Switserse hervormer Huldrych Zwingli het die broodveranderingslering verwerp en die bybelse standpunt duidelik gemaak: "… en die Mis is basies niks anders nie as 'n verloëning van die een offer en lyding van Jesus Christus en 'n vervloekte afgodery" (Heidelbergse Kategismus, vraag 80).
Christus word mos nie daagliks opnuut deur die priester geoffer nie, maar het self die eens-en-vir-altyd offer en die ewig-geldige verlossing volbring. Dit is wat in die Woord van God geskrywe is: "Maar Christus … het … ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, eenmaal ingegaan in die heiligdom en 'n ewige verlossing teweeggebring" (Heb. 9: 11-12). Amen.
"… hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien" (Heb. 9:14).
"Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal" (Heb. 10:10). Amen.
Die Bybel ken ook geen salig- en heiligspreking van die dooies nie. In die Bergpredikasie (Matt. 5) het die Here Jesus aan die lewende gelowiges nege saligsprekinge gegee; een daarvan is: "Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien!" ens. Op Sy ware volgelinge is steeds van toepassing vandag: "Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor" (Matt. 13:16).
"Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word" (Hand. 2:21).
"Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; Oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom regeer duisend jaar lank" (Openb. 20:6).
So word die maagd Maria, wie genade gevind het by God, deur haar geloofswil salig genoem, "En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word" (Luk. 1:45). Alhoewel sy gekies is om die Moeder van die Verlosser te wees, moes sy ook die geestesdoop op Pinksterdag beleef. In Handelinge 1:14 word sy vir die laaste keer genoem saam met die 120 wat in die bo-vertrek versamel het vir gebed: "Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers". Die term "Moeder van God" bestaan nie in die Bybel nie. Elizabeth het gesê: "En wat het my oorgekom dat die moeder van my Here na my toe kom?" (Luk. 1:43).
Geen lering, geen handeling, niks in die staatskerke stem nog ooreen met God en God se Woord nie. Elke lering is gewysig en slegs met Bybel kwotasies versier. Daar is ook nêrens 'n verklaring soos: "Slegs diegene wat die Kerk as Moeder het, kan God as 'n Vader het". Die Bybel weet ook niks van 'n liggaamlike Hemelvaart van Maria nie, niks van Maria se verskynings nie; dit getuig inteendeel: "En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is" (Joh. 3:13). Die Bybel weet ook niks daarvan, dat sy ‘n middelaar is nie. Daarin sê dit: "Want daar is een God, en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus" (1Tim. 2:5). Daar is ook geen sprake van Maria as voorspraakmaker nie, maar: "My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, het ons 'n Voorspraak by die Vader: Jesus Christus, die Regverdige. En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld" (1Joh. 2: 1-2). Amen.
Die tragiese ontwikkeling het sedert die erkenning van die Christendom as staatskerk sy loop geneem. Met die bekendstelling van die Trinitariese leerstelling, word die woorde van die Sendingsbevel in Mattheus 28:19, wat handel oor die Nuwe Testamentiese verbondsnaam, waarin God Homself as Vader in die Seun en deur die Heilige Gees geopenbaar het, vasgestel as 'n formule waarin gedoop moet word: "… in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees", wat heeltemal uitheems aan die Bybel is. Vir die Gemeente van Jesus Christus, geld selfs vandag nog: "En wat julle ookal doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom" (Kol. 3:17).
Die Jode word toe ook geforseer om die "Drie-enigheid" te erken. Maar hulle kon 'n drie-gestaltige God onmoontlik aanvaar, want die eerste gebod uit die mond van God lui: "Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak …" (Ex. 20: 2-4). "Daarom moet jy vandag weet en dit ter harte neem dat die Here God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie" (Deut 4:39).
Met die trinitariese belydenis het ook die vervolging van die Jode begin. Hulle was vervloek en gebrandmerk as Christus- en Godsmoor-denaars. " Laat hulle vergoed die gekruisigde se dood!", was luid verkondig. In 321 nC was hulle verbied om die Sabbat te hou, en dit was verorden dat hulle op Sondag moet aanbid; Sinagoges was omskep in veeskure.
Die hemelsbreë verskil tussen die Gemeente van Jesus Christus en die gevestigde staatskerk, word ook aangedui deur die volgende stelling, soos aangeteken in die kerkgeskiedenis: "Die Pous en die keiser as draers van 'n christelike wêreldorde" – Große illustrierte Kirchen-geschichte (Great Illustrated History of the Church), bl. 74. Dit sê verder op bladsy 94: "Tot hierdie gesag (die Pous se gesag) is twee swaarde, die geestelike en die tydelike – soos die evangelie leer (Luk. 22:38). Albei swaarde behoort aan die volmag van die Kerk, die geestelike en die sekulêre. Maar die een is vir die Kerk en die ander om uit die Kerk te lei. Die een in die hande van die priester, die ander, van die konings en soldate, maar in opdrag van en met die verdraagsaamheid van die priester".
Stel jou voor die totale misleiding: Die twee swaarde, wat ‘n man by hom gedra het (Luk. 22: 36-38), wat genoem word in verband met die lyding van Christus, word as regverdiging vir mags-uitoefening gebruik. Hoe is dit moontlik dat tot hierdie gevolgtrekking gekom is, dat die kerk twee swaarde, die geestelike en die sekulêre, gegee is? Die Verlosser self gee tog die konteks, deur die verklaring dat hy as 'n misdadiger gevonnis sal word: "Want Ek sê vir julle dat dít wat geskrywe is, nog aan My vervul moet word: En Hy is saam met misdadigers gereken. Want ook aan die dinge wat betrekking het op My, kom daar 'n einde" (vers 37).
"Die swaard van die Gees" was net as ‘n versinnebeelding aan die Gemeente van Jesus Christus gegee, wat die Woord van God beteken: "En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die Woord van God" (Efe. 6:17), maar nooit die wêreldse swaard nie! Die Gemeente van Jesus Christus het nog nooit andere vervolg nie, maar word self vervolg. Dit bewys die geskiedenis. Aan die apostels het die Here gesê: "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: 'n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle My woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar" (Joh. 15:20). Onse Verlosser het nog ‘n gebod aan die Tien Gebooie bygevoeg: "’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê" (Joh. 13:34).
Met die twee-swaardverklaring het die Kerk die gebod: "Jy mag nie doodslaan nie", kragteloos gemaak en om dood te maak gewettig. Die pouse het die sekulêre swaard gebruik en diegene wat nie hulself onderdanig gemaak het nie, is doodgemaak. Enigeen wat weet van die toespraak wat Pous Urban II in Clermont op 27 November 1095 gehou het, waarin hy die kruisvaarders versoek het om al die vyande dood te maak, kry 'n idee daarvan. Die Kruisvaarders was die vergifnis van hul sondes en die kwytskelding van hul oortredinge gewaarborg. Toe die weermag Jerusalem in 1099 binnegeval het, was tien duisende Jode, Moslems en andere vermoor. In die sewe kruistogte tussen 1095 en 1272 was dit miljoene. Dwang-kerstening, inkwisisies, vervolging van ander gelowe, hekse-verbranding, tot die moord op duisende Hugenote in Frankryk in een nag, nl., van 23 tot 24 Augustus 1572, het alles geskied "tot die heerlikheid van die Heilige Drie-eenheid", "in die naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees".
'n Stem roep hardop uit: Te alle tye was daar ook geestelike ontwakings. Die ware bybelse gelowiges was altyd blootgestel aan vervolging deur die Kerk en dikwels is baie aan die dood prysgegee, of dit nou die Albisrieders, die Waldense, die Katare, die Boheemse broers of andere was. So was Jan Hus, aan wie die Woord van God besonder waardevol geword het, op 6 Julie 1415 op die brandstapel verbrand, onder die gelag van die Raadsvaders. Die aardbodem was deurweek met die bloed van die martelare. Die skuld wat die Romeinse pouse hulself opgelaai het, is onvergelykbaar op aarde. "En die bloed van die profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is" (Openb. 18:24). By die Laaste Oordeel sal hulle voor diegene veroordeel word, wat hulle massas-gewys vermoor het.

In Lukas 1 en 2, word alles presies aan ons beskryf, wat met die geboorte van die Seun van God saamval: "En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar, en jy moet hom Jesus noem (Hebreeus: Yahshua) … *Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die heilige wat gebore word, Seun van God genoem word* … En Maria het gesê: Hier is die diensmaagd van die Here: Laat dit met my gaan volgens u woord" (Luk. 1: 30-31, 35, 38).