OMSENDBRIEF April 2018
Na 'n duisend jaar van onbeperkte magsgebruik deur die kerk, was daar 'n geestelike vernuwing en terugkeer na die Bybel. Martin Luther, Huldrych Zwingli, Johannes Calvyn, Schwenckfeld, Erasmus, Thomas Muenzer, Melchior Hofman en andere, wat teen die Pous en die Kerk geprotesteer het, het gehelp met die deurbraak van die Reformasie. Die vasnaling van die 95 tesisse op die Kasteelkerk in Wittenberg op 31 Oktober 1517 is algemeen bekend; so ook die verskyning van Luther op 17 April 1521 voor die Keiser en vorste in Worms. Sy toespraak is goed gedokumenteer: "Tensy ek oortuig is deur die getuienis van die Skrif of deur duidelike rede – want ek vertrou nie, hetsy in die pous of in rade alleen nie, aangesien dit bekend is dat hulle dikwels fouteer en hulself weerspreek – bly ek gebind deur die Skrif wat ek aangehaal het en my gewete is geboei aan die Woord van God. Ek kan nie en sal niks herroep nie, want dit is nie veilig en nie reg om teen jou gewete te gaan nie. So help my God. Amen!"– Große illustrierte Kirchengeschichte (Great Illustrated History of the Church), bl. 136.
Ongelukkig het die nuutgestigte kerke – die Lutherse, Gereformeerde, Anglikaanse – ook die Geloofsbelydenis van Nicea opgeneem en het met hul kinderdoop en in die lering van die Drie-eenheid gebly tot vandag toe. Terselfdertyd was daar verdere herlewings, veral in die gebiede wat Protestants geword het, soos bv., die wederdopers.
In die geestelike vernuwing het die verkondigers van die evangelie van Jesus Christus toenemend die bybelse waarhede beklemtoon. Verlossing en vergifnis deur die offerbloed van Christus is voor alle dinge gepreek; bekering het oral plaasgevind. John Smith, die stigter van die Baptiste, John Wesley, deur wie die Metodiste ontstaan het, Menno Simons, deur wie se verkondiging die Mennoniete na vore gekom het, William Booth, die stigter van die Heilsleër, Dwight Moody, George Müller en vele ander, het die evangelie verkondig deur berou en bekering tot Christus as 'n persoonlike ervaring van verlossing te beklemtoon. Die woord van Romeine 5:9 was nie net vir Luther nie, maar vir alle verkondigers van die evangelie belangrik: "Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn" – regverdiging voor God word nie verkry deur eie werke nie, maar deur geloof in die volbragte verlossing deur Jesus Christus.
Dit kan gesê word dat die 500 jaar sedert die Reformasie gebruik was deur die herlewingspredikers om die gelowiges dieper in die Woord van God en in 'n God-toegewyde lewe te lei. Ware geloof kom altyd uit die prediking van die Woord van God (Rom. 10:17). Van Abraham, wat beskou word as die vader van geloof, was alreeds geskryf: "Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken" (Rom. 4:3; Heb. 11: 8-10). God alleen is waar; elke mens 'n leuenaar (Rom. 3:4).
Duisende artikels is geskryf met die 500ste herdenking van die Reformasie in 2017, met honderde gebeurtenisse wat plaasvind. Maar by nadere ondersoek het al die kerke gebly by wat hulle by hul stigting as geloofbelydenis vasgelê het. Nou, ten spyte van al die verskille, keer die dogterkerke terug na die skoot van die Moederkerk. Dit is die ‘Eenheid in Diversiteit'. Jesus, die Verlosser bedoel egter ‘n heel ander eenheid, nl., ‘n eenheid met God in ooreenstemming met die Woord en die wil van God: "Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het" (Joh. 17:23).