OMSENDBRIEF April 2018
Die Fondament van die Gemeente van Jesus Christus in Jerusalem
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Die stigting van die Gemeente het op bonatuurlike wyse gebeur, met die uitstorting van die Heilige Gees. In Handelinge 1 word ons vertel dat die opgestane Verlosser veertig dae met Sy dissipels deurgebring het en met hulle gepraat het oor die koninkryk van God (vers 3). In vers 5 het Hy die belofte herhaal: "… Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word, nie lank ná hierdie dae nie" .
In Lukas 24: 36-51 het die opgestane Here Sy dissipels gewys watter Skrifte Hy uit die Ou Testament vervul het. Hy het hul geestelike verstand vir hulle oopgemaak, sodat hulle al die profesieë wat verwys na Sy lyding, Sy dood en Sy opstanding kon herken. Hy het vir hulle gesê: "So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder" (verse 46-47) en geëindig met: "En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte" (vers 49). Daarna is Hy voor hulle oë in die hemel opgeneem (Luk. 24:51; Hand. 1:9).
Na die uitstorting van die Gees, kon die apostel Petrus op Pinksterdag getuig: "… Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is: En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien en julle ou mense sal drome droom" (Hand. 2: 16-17).
Petrus het die eerste preek gelewer onder die direkte inspirasie van die Heilige Gees. Vanaf vers 37 tot 41 word ons vertel wat gebeur het toe die skare onder sy preek versamel was: "Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here God na Hom sal roep". Die prediking was eerste, gevolg deur die geloof van die hoorders en hulle gehoorsaamheid aan die doopsbevel. "Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie-duisend siele toegebring" (Hand. 2: 41).
'n Stem roep hardop uit: Hoor dit, alle nasies: Op Pinksterdag was die fundamentele preek gehou, wat oral in die apostoliese era gepreek was en vandag nog steeds geldig is in die Gemeente van Jesus Christus! Vanaf die eerste uur, vanaf die eerste dag van die Nuwe Testament, het alles wat aan die plan van verlossing behoort, soos voorspel in die Ou Testament, gebeur. Hierdie feit getuig Paulus in sy eerste brief: "Paulus, 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God – wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte" (Rom. 1 : 1-2). Amen.
In Samaria het die evangelis Filippus gepreek. "Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue" (Hand. 8:12). Die apostels van Jerusalem "… het afgekom en vir hulle gebid dat hulle die Heilige Gees mag ontvang; want Hy het nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus" (verse 15-16).
In Handelinge 10 verkondig Petrus die evangelie van Jesus Christus in die huis van Cornelius, die Romeinse hoofman oor honderd: "En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode. Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang … niemand kan tog die water weier, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie? En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die naam van die Here" (Hand. 10: 42-48).
Toe Paulus aan die dissipels van Johannes in Ephesus gepreek het, lees ons in Handelinge 19: 5-6: "En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer … en God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen" (v. 11).
Solank die Gemeente van die Here Jesus Christus op aarde is, sal wat Petrus gespreek het op Pinksterdag geld vir alle gelowiges wêreldwyd: "Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep" (Hand. 2:39).
'n Stem roep hardop uit: In die Gemeente van Jesus Christus, moet die eerste en laaste preek, die eerste en die laaste doop, presies dieselfde wees. Dit is die ewig-geldige patroon vir die verkondiging: geloof – doop – doping met die Heilige Gees. Wat op die stigtingsdag van die Gemeente van die lewende God geleer en ervaar is, is die rigsnoer tot aan die einde van die Nuwe Testament.
Die apostel Paulus getuig van die Gemeente: dit is "gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is" (Efe. 2:20). "En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus" (Efe. 4: 11-12).
Aan Timótheüs skryf die apostel: "Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die Gemeente is van die lewende God, 'n pilaar en grondslag van die waarheid" (1Tim. 3:15).
Die vroeë Gemeente was die liggaam van die Here, waar God geopenbaar en hulle toegerus was met die krag van God, met geestelike gawes en verskeie bedieninge (1Kor. 12: 4-31) – deur geloof, doop en doping met die Heilige Gees, tot een liggaam saamgestel (verse 12-26) – net waar dit so is, geld die volgende vandag nog: een Here, een geloof, een doop (Efe. 4: 3-5).
Met die wederkoms van Jesus Christus sal in die Gemeente vervul wees: "… om dit te heilig nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die Gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees" (Efe. 5: 26-27). Die verkondiging van die genade van God, van die verlossing, regverdiging en versoening met God, om te hoor, te glo en te ervaar, beteken: "Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn" (Rom. 5:9). In die Woord van God moet ons alles in plek laat – alle bybelse gelowiges aanvaar en doen dit – soos in die begin vasgelê was.