OMSENDBRIEF April 2018
Die laaste Boodskap voor die Wederkoms van Christus
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
'n Stem roep hardop uit: Hoor dit, julle volkere almal! Aan die begin van die twintigste eeu het ‘n Pinksterherlewing uitgebreek met die uitstorting van die Heilige Gees. In 1906 het gelowiges op elke kontinent, nie net in Asuza-straat, Los Angeles nie, in besonderse gebeds-byeenkomste, die bonatuurlike werking van die Heilige Gees ervaar.
Tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorloë is die Woorde van die Here in Matthéüs 24 ‘n besondere betekenis gegee. Jesus het gepraat oor die tekens van die tye, van oorloë en gerugte van oorloë, van hongersnode en swaar tye. Om hierdie rede het mense in die herlewingsbyeenkomste in die eerste helfte van die twintigste eeu, geglo in die naderende wederkoms van Christus. In Lukas 21 het die Here ook van die einde van die tyd gepraat en gesê: "So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur" (vers 31);
"Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan" (vers 36).
Die Tweede Wêreldoorlog, met sy 60 miljoen oorlogslagoffers en 6 miljoen vermoorde Jode, het die wêreld fondamenteel verander. Duitsland en Europa was in puin. Die gevolge van die oorlog was oor die hele wêreld gevoel, selfs in die Stille Oseaan, waar dit tot 'n einde gebring is deur die verskriklike atoombomme oor Hiroshima en Nagasaki. Alle Bybel-gelowiges het die indruk gehad dat die einde van die tyd van genade naby gekom het. Maar onse Here het duidelik gesê wat moet gebeur voor die einde kom: "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom" (Matt. 24:14).
Kort na die Tweede Wêreldoorlog, op 7 Mei 1946, het die Amerikaanse Baptiste-prediker William Branham, soos Paulus (Hand. 9: 1-9), 'n hemelse roeping ontvang. Die eenvoudige prediker het op 11 Junie 1933 in die Ohio-rivier gedoop, toe hy vanuit 'n bonatuurlike lig, wat sigbaar was vir die ongeveer 3000 aanwesiges, toegeroep word: "Soos Johannes die Doper gestuur was as voorganger van die eerste koms van Christus, so sal die boodskap wat aan jou gegee is, die Wederkoms van Christus vooruitgaan". Verskeie koerante, veral die "United Press International", het daaroor berig. Deur hom het die genesings-herlewing begin, veral binne die Pinkster-gemeentes, en het gou oor die hele aarde versprei. Hy was 'n man wat van God gestuur was met die boodskap van die Woord van God, wat die tweede koms van Christus voorafgaan. Toegerus met goddelike gesag en die gawe van genesing, het hy in veldtogte gepreek aan duisende mense, sondaars tot berou geroep om Jesus Christus as Verlosser aan te neem. Deur sy prediking het duisende Jesus Christus as Verlosser aanvaar. In die gebed vir die siekes, na die preek, het selfs die blindes gesien, die verlamdes kon loop en baie is genees van allerhande kranklikhede.
Ek het vanaf 1955 tot 1965 sy buitengewone bediening ervaar as 'n oog- en oorgetuie, en ek het 'n groot verantwoordelikheid om dit wat God gedoen het, aan die hele wêreld te getuig. As 'n jong man het ek in 1949 vir die eerste keer gehoor van William Branham en die buitengewone dinge wat in sy bediening gebeur het. Die wens het toe in my ontstaan om hierdie man van God persoonlik te hoor. In Augustus 1955 is my wens toe vervul: ek het die geseënde byeenkomste van Broer Branham in Karlsruhe belewe en hom persoonlik leer ken. Toe hy my groet, het hy vir my gesê: "Jy is 'n prediker van die evangelie". Van toe af wou ek weet wat hierdie man van God glo en leer. In Junie 1958, tydens die groot "Voice of Healing" konferensie in Dallas, Texas, in die VSA, was ek weer opnuut oortuig van die goddelike bevestiging van sy bediening en kon ek weer met hom praat. Hy het toe vir my gesê: "Broer Frank, jy sal terugkeer na Duitsland met hierdie boodskap". Van toe af het ek sy preke op band ontvang. Met ons derde ontmoeting op 3 Desember 1962 het Broer Branham my roeping van 2 April 1962 bevestig en gesê: "… die voedsel wat gestoor moet word, is die beloofde Woord vir hierdie tyd".
Die verlossing van die siel en die genesing van die liggaam is deel van die verkondiging van die volle evangelie, soos die Here in die sendingbevel gesê het: "En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg; In my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek … op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word" (Mark. 16: 17-18). Deur vir die siekes te bid, het die man van God ook verwys na die woorde van ons Here in Johannes 14:12: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit".
Vandag hoor ons van oorloë, kernbom-bedreigings, die konflik in die Midde-Ooste, aardverwarming, klimaatsverandering, wêreldwye natuur-rampe. Alles raak buite beheer. Terselfdertyd onthou ons ook die woorde van die profeet Jesaja, wat vooruit gesê het: "… die aarde word geheel en al geskud. Die aarde waggel geheel en al soos 'n dronkaard, en swaai heen en weer soos 'n naghut; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie" (Jes. 24: 19b-20). Ons sien die tekens van die tye: Die eindtyd is hier, Sy koms is naby! Niemand ken egter die dag en uur daarvan nie.
Die beloofde wederkoms van Christus word in baie bybel-gedeeltes aan ons beskryf. Die Verlosser het self die hoofbelofte in Johannes 14:3 gegee: "… en as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is". Al die seuns en dogters van God kan staatmaak op God se beloftes. "… so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid" (Heb. 9:28).
'n Stem roep hardop uit: Hoor dit, julle volkere almal: Meer as 100 profesieë uit die Ou Testament is vervul by Christus se eerste koms. Die bonatuurlike het geskied. Die Here Jesus het gepreek, geleer en al die siekes genees wat na Hom gekom het. "En groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak" (Matt. 12:15b). Om ons voorbereiding werklik te ervaar, moet ons die belofte vir ons tyd respekteer en glo: "Kyk, Ek stuur julle die profeet Elia voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek" (Mal. 4:5). Onse Here het dit bevestigend herhaal: "Dis waar, Elia kom eers en sal alles herstel" (Matt. 17:11; Mk 9:12). Dit is die belangrikste belofte wat voor die wederkoms van Christus vervul word. Net soos Elia die volk van Israel op die berg Karmel gevra het om 'n besluit te neem, word almal nou wat aan die Gemeente van God behoort, gevra om hul besluit te neem.
Voor die wederkoms van Christus moet alles in die Here se Gemeente herstel word tot die oorspronklike staat (Hand. 3: 18-21). Of dit nou betref die persoonlike lewe, die huwelik, die gesin of die geestelike lewe van die Gemeente, alles moet teruggebring word na die goddelike orde, soos dit in die Bybel vasgelê is. So moet elke gelowige sonder innerlike weerstand homself aan die kant van God skaar (1Kon. 18: 21-39). Alle gelowiges wat deel uitmaak van die Gemeente van die lewende God, keer een honderd persent terug na God, na die Woord en wil van God, na die leringe en praktyke van die oorspronklike Gemeente in die begin.
Diegene wat genade by God gevind het, het te alle tye elke Woord van God geglo. Vir die afgelope 500 jaar was daar ook altyd mense wat geglo het in die boodskap wat in hul tyd geproklameer was. Dit was dieselfde met die Pinkster-herlewing. Almal wat genade by God vind, glo nou die oorspronklike bybelse boodskap.
Dit gaan nou nie meer oor wat in die gesamentlike Christendom geformuleer was nie, nie oor wat ietwat gekorrigeer is deur die Pinkster-beweging nie, dit gaan nou daarom, dat alle bybelse gelowiges die volle herstelling ervaar en op die oorspronklike fondasie gebou word. Diegene wat werklik God se Woord nou glo, bly nie in die Babelse verwarring nie, maar word geheilig deur die Woord van die waarheid: "Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid" (Joh. 17:17).
Ons het in die belangrikste tydperk van die heilsgeskiedenis aangekom: die beloofde wederkoms van Christus is op hande. Hoeveel ernstiger moet ons dit neem wat onse Here gesê het: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie" (Joh. 3:3). Dít moet alreeds duidelik wees: Net die verlostes, wat persoonlik vergifnis deur die bloed van die Nuwe Testament ervaar, en die nuwe, goddelike lewe deur wedergeboorte ontvang, sal in die wegraping wees. Die apostel Petrus beskryf die reddingservaring van die wedergeboorte soos volg: "… want julle is nie wedergebore uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende Woord van God wat tot in ewigheid bly" (1Pet. 1:23; Luk. 8:11).
Die wederkoms van die Verlosser was een van die belangrikste onderwerpe in die tyd van die apostels. Daar is baie gedeeltes in die Bybel ter stawing daarvan. In 1Thessalonicense 4 verse 13-18 beskryf Paulus presies wat en hoe dit sal gebeur. Aan die einde van die vyfde hoofstuk skryf hy: "En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus" (vers 23).
Onse Here en Saligmaker het homself beskryf as ‘n bruidegom en het dikwels van ‘n bruilofsfees gepraat. Wie tot die Bruid-gemeente behoort, neem die beloofde Woord vir hierdie tyd aan en hoor die geroep, "Daar kom die bruidegom!" (Matt. 25) en laat hulself voorberei word vir daardie glorieryke dag. In Matthéüs 25:10 word vooruitgesê: "… en die (maagde) wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit". In Openbaring 19:7 lees ons: "Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak".
Die Here het vir die verlostes 'n plek voorberei: "En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam" (Openb. 21:27).
'n Stem roep hardop uit: Hoor dit, julle volkere almal: Die Goddelike boodskap gaan nou uit as die laaste oproep voor die wederkoms van Christus. "En watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie; en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige" (2Kor. 6: 16-18).
Nou is dit die tyd waarin ons uit alles geroep word wat verkeerd is – uit alle onbybelse tradisies. Nou is dit die tyd van voorbereiding, die tyd om net te glo wat die Skrif sê. Nou moet alle bybelse gelowiges, soos in die begin, deur onderdompeling in die Naam van die Here Jesus Christus gedoop word. Geen gelowige moet die verlossingsraad van God, soos die skrifgeleerdes destyds, verwerp nie (Luk. 7:30).
Aangaande die bediening van Johannes die Doper het onse Here die skare gevra: "Wat het julle uitgegaan om in die woestyn te aanskou? ‘n Riet wat deur die wind beweeg word?" Hy het nog ‘n keer gevra: "Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ‘n Man met sagte klere aan? … ‘n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, ook baie meer as 'n profeet! Want dit is hy van wie daar geskryf is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak" (Matt. 11: 7-10). Al die profete het tot op Johannes geprofeteer (vers 13), van toe af word die koninkryk van God verkondig.
Wat het ons uitgegaan om te sien? 'n Welstandsprediker, ‘n charismatiese televisie persoonlikheid? Nee en nogmaals nee. Ons besef nou dat na 2000 jaar die hele raad van God weer verkondig was deur die God-gestuurde man, William Branham (Hand. 20:27). Ons is uitverkies om weer die oorspronklike boodskap uit ‘n geroepene se mond te hoor; 'n man wat op die Sunset-gebergtes, 40 myl vanaf Tucson, Arizona, in die VSA, uit ‘n bonatuurlike wolk ‘n direkte opdrag op 28 Februarie 1963 gekry het om die 7 seëls van Openbaring by sy plaaslike gemeente in Jeffersonville te preek. Dit het hy van 17-24 Maart 1963 gedoen. Die Amerikaanse tydskrif "Science" het die foto van die wolk op 19 April en die "Life" tydskrif op 17 Mei, 1963 gepubliseer. Nie net die sewe seëls nie, maar alle verborge geheimenisse, elke lering – oor die Godheid, die doop, die nagmaal, ens. – alles is aan ons verkondig, soos die Bybel ons oorspronklik leer. Hoewel die profeet heengegaan het in Desember 1965, het die boodskap by ons gebly en word nou oor die hele wêreld uitgedra.
Die Gemeente van God is weer die pilaar en grondslag van die waarheid, nie 'n godsdienstige gebou van leuens nie. In die Gemeente van Jesus Christus bestaan daar geen interpretasies nie, geen wanleringe nie. Deur die laaste boodskap, wat een honderd persent ooreenstem met die boodskap aan die begin, word die Gemeente gebou op die oorspronklike fondasie. Die werklik-bybelse gelowiges word die seël van God belowe as 'n bevestiging: "In wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte" (Efe. 1:13). Voor dit kan gebeur, moet hulle almal uit die verwarring van interpretasies uitkom, want God sal Sy seël net op die suiwer Woord-bruid plaas.
Sedert my direkte roeping op 2 April 1962, het ek die Woord van God, die volle Evangelie, die reine boodskap vir hierdie tyd, regoor die wêreld verkondig en die geestelike voedsel uitgedeel (Matt. 24: 45-47). Nadat ek kon preek in Koeweit en Bahrain in November 2017, is daar nou presies 165 lande wat ek besoek het op my maandelikse sending-reise oor die afgelope 55 jare. Ek het in die groot stede soos Moskou en Beijing, Damaskus en Kaïro, sowel as baie ander stede oor die hele aarde gepreek.
Selfs deur die 30-minute televisieprogramme wat in Engels deur 56 televisie-stasies uitgesaai word, het miljoene wêreldwyd God se hele raadsbesluite beleef. In verskeie lande word my preke uitgesaai deur plaaslike televisie-stasies.
Ons maandelikse byeenkomste by die Sending-sentrum in Krefeld, elke eerste naweek, word deur duisende regoor die wêreld gehoor en gesien, óf regstreeks oor die internet, óf op CD of DVD wat ons gratis uitstuur. God het seker gemaak dat die preke op elke eerste naweek hier in die Sending-sentrum gelyktydig in 15 tale vertaal word en dat die boodskap wat die tweede koms van Christus voorafgaan, verder in alle tale van die aarde vertaal word.
Wat God tans doen, is uniek op aarde. So word die ewige evangelie aan alle volke en tale as die laaste boodskap verkondig (Openb. 14:6, Matt. 24:14). Alle ware bybelse gelowiges weet dat die eindtyd hier is, dat Sy koms naby is. Hulle hoor wat die Gees aan die Gemeente deur die geopenbaarde Woord sê, en berei hulleself voor vir die glorieryke dag van die wegraping.
Ek kan voor God getuig, soos Miga in ons inleidingswoord gesê het, dat ons net oorgedra het wat die Here aan ons in Sy Woord nagelaat het.
Die Here het gesê: "Kyk, Ek kom gou!" En al die ware verlostes roep hardop: "Amen, ja kom, Here Jesus!" (Openb. 22).

'n Stem roep hardop uit: Hoor dit, julle volkere almal: Die Goddelike boodskap gaan nou uit as die laaste oproep voor die wederkoms van Christus. "En watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: *Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie; en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige"* (2Kor. 6: 16-18).