God en sy plan met die mensdom
In die lig van wat reeds uiteengesit is besef ons van wie God by die skepping gepraat het, toe Hy gesê het: "Laat ons mense maak na ons beeld…" Ook dié Skrif gee 'n duidelike, ondubbelsinnige antwoord. In Job 38:4-7, vra die HERE vir Sy kneg: “Waar was jy toe Ek (nie “toe ons” nie) die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. Wie het sy afmetinge bepaal? —jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê? Toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?” Meer duidelik kan dit nie gesê word nie. Toe die HERE God die aarde geskep het, het die hemelse leërskare gejubel, en die engele gejuig. So, God is nie alleen nie; Hy het nie alleenspraak gehad nie, nog minder met 'n ander God gepraat want dié bestaan nie, maar met die engele wat rondom hom was.
In Génesis 11:7 sê die HERE: “Kom, laat ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.” In vers 5 sê dit vooraf: “Toe daal die HERE neer…”. Weer en weer was Hy gesien, omring deur hemelse leërskare. Die profeet Miga het getuig: “Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon, terwyl al die hemelse leërskare aan sy regteren sy linkerhand staan”. (2Kron. 18:18). Ook hier het die HERE gepraat met die engele wat hom omring.
Jesaja vertel van 'n soortgelyke ervaring toe hy “die HERE sien sit op ‘n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het. Serafs het bo Hom gestaan … En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!” (Jes. 6:1-3). Daar is 'n onderskeid tussen die engele wat menslike gestalte aanneem, en die gérubs en serafs. Die gérubs en die serafs sweef bo-oor die HERE; die engele staan voor Hom. In vers 8 lees ons: “Daarop hoor ek die stem van die HERE wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan?”. Weer praat dit van die aanwesigheid van die Hemelse leërskare.
God het Homself geopenbaar aan die mense wie in Hom glo. Hulle ontvang Sy beloftes en het duidelikheid oor hom. Nie die Ou Testament profete nie, nóg die apostels in die Nuwe Testament het al ooit 'n raads-bespreking oor God gehad nie. Eers in die 3de eeu n.C., toe die Griekse en Romeinse afgods-filosofieë in die Christendom opgeneem is, was die lering van die Drie-eenheid gebore. Dis waarop vandag se teologie in die formeleen onafhanklike kerke gebou is en nie, soos verkeerdelik geglo word, op die oorspronklike getuienis van die profete en apostels nie. Die verwronge kennis van God word algemeen beskou as die regte en die waaragtige word as vals verwerp. God is nie wat ons Hom maak nie, maar Hy is wat Hy is. Mense maak gode, maar die HERE is en bly God – "dieselfde gister, vandag en tot in ewigheid” (Ps. 102:26-28; Jes. 48:12; Heb. 13:8).
God het nie Homself vermenigvuldig nie, nog minder het Hy verander. Geen Jood kan ‘n ‘Drie-enige’ God aanvaar nie; dit is eenvoudig onmoontlik, want daar is nie so iets in die hele getuienis van die Skrif nie. Elke keer wanneer God verskyn in een van Sy manifestasies, is die aard van daardie manifestasie in verband met die verwesenliking van Sy plan met die mensdom.