God en sy plan met die mensdom
Aangaande die onderwerp van die Godheid ondervind die mense in die Nuwe Testament veel groter probleme, as in die Ou Testament. Dit is omdat ons nou te doen het met teologiese denke wat heeltemal onbybels is. Selfs by die Raad van Nicea (325 n.C.), was daar nog geen besprekinge oor 'n ‘drie-eenheid’ nie. Elke kerk historikus is bekend daarmee dat die Godheid van Jesus Christus bevraagteken was, soos Athanasius duidelik in teenstelling met Arius verdedig het. Die ‘Drieeenheids formulier’ is 'n intellektuele produk en gebaseer op 'n totale misverstand. Nie net word die woorde van die profete en apostels verontagsaam nie, maar ook die woorde van die manne van God uit die direkte post-apostoliese tydperk. Die leer van die ‘Drie-eenheid’ kom uit 'n era van filosofiese en teologiese denke. Die mens probeer sy eie gedagtes gebied: "Jy moet drie persone sien as een God!" Maar hulle sien nie een nie, hulle sien drie, en so het monoteïsme plek gemaak vir "triunisme", oftewel 'n drie-enigheid.
Die verlossings-perspektief, dat die een God wat neergedaal het en as die Woord – die Logos – werksaam was (Joh. 1:1), wat toe in vleesvorm bekend geword het, het verlore geraak. God het deur die profete gespreek, maar in die Seun was nie net profesieë nie; in Hom was die vervulling daarvan. Wie baat by spekulatiewe skyn-kennis? Dit gaan oor die grootste en mees heilige openbaring. Die Een wie ewig is het die tydige betree, en so het die Woord vlees geword en onder ons gewoon (Joh. 1:14). Dít was die lig; 'n nuwe dag het aangebreek – die dag van heil (Jes. 49:8; 2Kor. 6:2). Die Son van Geregtigheid het opgekom; nuwe, gees-bereide lewe het na vore gekom. Dit was 'n goddelike ingryping in die mens se geskiedenis. In beginsel is ons besig met Sy eenheid in wese én die openbaring van God. Slegs indien dit waar is dat God self in Christus was, is dit waar dat Hy ons met Homself versoen (2Kor. 5:19).
Een historikus skryf oor die kerk-leraar Athanasius, wie verwys het na Irenaeus: "Die deurslaggewende faktor is die gedagte van Athanasius, dat God Homself aan ons verskyn het in Jesus. God het Homself aan ons bekend gemaak en ons bevry; in Hom het ons die Vader self". Een aanhaling van Luther is: "Die Verlosser moet God self wees, want deur geen ander middel kon ons gered word van ons afgryslike sondeval en die ewige dood tot geregtigheid en die ewige lewe nie. Dít kon 'n engel of enige ander wese nie doen nie, net God self”. Die totaal onbybelse ‘Drie-eenheid’ lering is vir die Jode en Moslems die grootste struikelblok. In plaas daarvan dat die Vader, Seun en Heilige Gees agtereenvolgend gesien word, word hulle langs mekaar geplaas.
Elke Godvresende mens verstaan dat die Ou en Nuwe Testamente ten volle moet ooreenstem en dat dit nie mekaar kan weerspreek nie. Profesie en vervulling moet konsekwent wees en dit ís ook so. Beide die Ou en Nuwe Testament getuig van die feit dat Hy wat die vorm van God het, in Sy volheid in menslike wese gekom het.
Volgens Génesis 1:26-28 is Adam geskep na God se beeld, dit is, in die geestelike liggaam. Eers later, in Génesis 2:7, het die HERE God die mens geskape in die aardse vlees-liggaam. Toe neem Hy Eva uit Adam uit. Die mens het in hierdie liggaam van vlees geval, gevolglik moes God in 'n liggaam van vlees tot hul redding kom. Christus was die tweede Adam; op Golgota is Sy sy oopgemaak en deur die verlossingsdaad is Sy bruid vanuit Hom geneem. Sy is vlees van Sy vlees… (Efé. 5:30). Die mens moes vergoddelik word, so het God mens geword in die vlees, maar die gees bly God. Net hy self kon die mense na hul goddelike status terugbring.
Die Nuwe Testament sowel as die Oue getuig albei dat daar net een God is: “En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die HERE, onse God, is ‘n enige HERE; en jy moet die HERE jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag” (Mark. 12:29-30). Romeine 3:30 sê: “aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.” In die brief van Judas, sê die apostel dit: “… aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid!” (vers 25).
Voordat ons die verskillende manifestasies van ons HERE behandel, moet ons weereens Sy godheid beklemtoon, ook vanuit die perspektief van die Nuwe Testament. Romeine 9:4-5 getuig dat die Messias God is: “Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes; aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees – Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen”. Die apostel Johannes druk dit só uit: “En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe” (1Joh. 5:20).
Paulus lê 'n oorweldigende getuienis af met die woorde: “En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid” (1Tim. 3:16). Die gesamentlike getuienis van die profete en apostels kan nie oor die hoof gesien word nie. Aan die Kolossense skryf Paulus: “dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus” (hoofstuk 2:2). Die goddelikheid van Jesus Christus is die fondament van ons geloof en die absolute vereiste vir ons redding.