God en sy plan met die mensdom
Terme wat gebruik word in die Ou Testament vir God, word toegepas in die Nuwe Testament op die HERE: Verlosser, Koning, Herder, ens. Dit is selfs gekoppel aan die skepping. In Johannes 1:10 lees ons: “… en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.” Kolossense 1:16-17 sê, “… want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte – alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.” Uit hierdie aanhalings is dit duidelik dat hierdie gedeeltes na Jesus Christus verwys.
In 1Korinthiërs 8:6 staan: “tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een HERE Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom”. In hierdie vers word na die Seun verwys vir wie Hy is, naamlik as die HERE.
Deur God, die Vader, het alle dinge ontstaan en so ook deur Jesus Christus. Deur wie het dit nou eintlik ontstaan? Het ons twee Skeppers? Beslis nie; daar is net een Skepper, God, wie Homself as Vader in die Seun geopenbaar het en die Seun is die HERE, en dus dieselfde God.
In die profetiese boek van die Nuwe Testament, is Hy weer die HERE God: “U is waardig, o HERE (oorspronklik: “onse HERE en God”), om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape” (Openb. 4:11)