God en sy plan met die mensdom
Psalm 2:7 lees: "Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan my gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer". Die woord "vandag" is 'n tydelike begrip; dit verwys nie na die ewigheid nie, want ewigheid het geen gister, vandag en geen môre nie. In die Ou Testament word die raadsbesluite van God as 'n toekomstige profetiese konsep neergelê, waarvan die vervulling in die Nuwe Testament geskied.
Psalm 2:8 sê verder: “Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting”. Hierdie twee verse gaan oor die erfenis van die Seun en die feit dat in hom al die nasies gegee is as 'n erfenis. Geen mens word gered omdat hy glo dat daar een God is nie – die duiwel glo ook so (Jak. 2:19). Saligmakende geloof is dat die een ware God ons in Sy Seun verlos het. Daarom is dit geskrywe: "Glo in die HERE Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin" (Hand. 16:31).
In Psalm 2:12 word hierdie feit goddelik verlig: "Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!" Ons kan nie verby hierdie woord kom nie. Baie praat van God en die liefde van ons Hemelse Vader, maar erken nie dat die Vader hier op aarde geopenbaar is in die Seun as Verlosser nie. Die enigste geldige en saligmakende geloof in God is geloof in Jesus Christus, want in Hom alleen kan God die mensdom tegemoet kom. Slegs in Hom kan ons God ontmoet en verlossing vind. Ons moet in Hom glo op die wyse en die manier wat Hy aan alle mense heilbringend en saligmakend verskyn het (Tit. 2:11-14).
Ter wille van ons het Hy 'n Vader-Seun verhouding opgerig, sodat ons seuns en dogters van God kan word. In 2 Sam. 7:14 is die profetiese aankondiging: "Ek sal vir hom ‘n vader wees, en hy sal vir My ‘n seun wees". Maar verder dan word die brug vanaf die Seun na die kinders van God oorgesteek, soos ons lees in Hosea 1:10b: "…sal aan hulle gesê word: julle is die kinders van die lewende God". Paulus som dit op in 2Korinthiërs 6:17-18: "…sonder julle af, spreek die HERE; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die HERE, die Almagtige". In Efésiërs. 1:5 gee die apostel die doel duidelik: "… deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil". Daar is mense op aarde, wat in die plan en wil van God pas. Hulle is in Christus en God se plesier rus op hulle.
In Psalm 89:27-28 word met die oog op die Seun van God gesê: “Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil! Ja, Ék sal hom ‘n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde". In sy liggaam van vlees ly en sterwe die Seun van God namens al die seuns en dogters van God. Deur Sy opstanding word Sy liggaam uit die sterflike in die onsterflike verander. Daarin lê ook onse verandering en regverdiging.
Dit gaan hier nie om 'n leerstelling of kennis nie, maar om die verwesenliking van die Goddelike verlossingsplan wat mensekinders God se kinders maak. In Psalm 68:20-21 sê dit: “Geloofd sy die HERE! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela. God is vir ons ‘n God van verlossinge, en die HERE Here het uitkomste teen die dood”. Daar was niemand wat die mag oor die dood gehad het nie; in teendeel, die dood oefen sy mag oor elke mens uit. Daarvoor is die baie begraafplase die beste bewys wat ons in die gesig staar. Maar so sê die HERE: “Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood. Dood, waar is jou pestilensies? Doderyk, waar is jou verderf?" (Hos. 13:14). In Sagaría 9:11 word die manier aangekondig waarop redding en selfs die bevryding van die Ou Testamentiese heiliges moet plaasvind uit die doderyk: “Ook sal Ek, wat jou betref, o Sion, kragtens die bloed van jou verbond jou gevangenes loslaat uit die put sonder water”.
Die nuwe verbond is reeds in die Ou Testament belowe. Jeremia skryf, byvoorbeeld, in hoofstuk 31:31-34: "Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie".
Dit het gebeur toe ons HERE gesterf het en daardeur die nuwe verbond voltrek is. Hy getuig dit in Matthéüs 26:28 met die woorde: "Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament". In Matthéüs 27:45-54 en ook in die ander evangelies word hierdie geweldige gebeurtenis beskryf. Deur Sy dood het Hy die duiwel en die hel oorwin en deur Sy opstanding het Hy na vore gekom as die wenner. Petrus som die werk van verlossing op met die volgende woorde: "Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees" (1Pet. 3:18). Hy het diegene wat aan die dode prys gegee is, bevry en die wie na die hel neergedaal het, losgekoop, soos geskrywe is: "Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was” (Heb. 2:14-15).
Na 'n volbragte verlossingswerk het Hy weer opgestaan op die derde dag, en gaan veertig dae later hemelwaarts. Die ooreenstemmende gedeeltes in die Nuwe Testament is algemeen bekend. Ook hierdie heilsgeskiedkundige geleentheid is aangekondig in die Ou Testament, byvoorbeeld, in Psalm 68:19, wat sê: "U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense." In Psalm 47:6 lees ons die volgende: "God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank." Efésiërs 4:10 gee ons inligting oor wie dit was wat gesterf het, begrawe is, na die hel neergedaal het, seëvierend opgestaan het en opgevaar het na die hemel: "Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring".
Met die getuienis van die apostel Paulus, wil ons hierdie hoofstuk afsluit: "Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte; en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf. Daarna het Hy verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het. Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels; en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene" (1Kor. 15:3-8).