God en sy plan met die mensdom

Die menslikheid van Jesus Christus

« »

Nou sal ons ons bemoei met die area van Christus se menslikheid, soos Hy langs God verskyn, as Seun van God, Seun van die mens, as Seun van Dawid, as die Lam van God, as Middelaar en Advokaat, as Profeet, ens. Van Hom is geskrywe: "…maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis" (Fil. 2:7-8). Die Koning van die konings was in hierdie wêreld gebore, toegedraai in doeke en het in 'n krip gelê (Luk. 2:7). Vanaf vers 21 lees ons: "En toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle Hom Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is". "…en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos" (Matt. 1:21). Die kind was toegewy aan die HERE God: "… soos geskrywe is in die wet van die HERE: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die HERE genoem word" (Luk. 2:23). 

Die tweede hoofstuk van die evangelie volgens Lukas gee die mense wat probeer om die goddelike verborgenheid met die gedagtes te peil, 'n onoplosbare en ondenkbare probleem. Aan die een kant staan daar: "dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die HERE, is" (vers 11); aan die ander kant is dit gesê dat hierdie kind, wat Christus die HERE was, tot die HERE in Jerusalem as die Eersgeborene toegewy moes word. Daarom het ons reeds bewys dat Jahweh die HERE in die geestelikheid is en Yahshua die HERE is wat in die vlees geopenbaar is. So word Yahshua daargestel as God die HERE. Die volledige menslikheid van die Verlosser was 'n voorvereiste om in staat te wees om te ly en te sterf, soos Sy volledige godheid nodig was om die dood en die duiwel te oorwin. In Sy menslikheid het Hy geëet en gedrink, was Hy moeg en het aan die slaap geraak, gebid en was in gestalte gelyk aan andere. "…Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word …" (Heb. 2:17). Oral waar Sy menslikheid gemanifesteer was, sien ons dit in 'n verhouding met ons langs God. 

Jesus Christus, die Seun van God was uit God gebore deur die Heilige Gees. Daarom was Sy bloed, Sy gedagtes, Sy hele lewe heeltemal heilig en sondeloos. Op Hom het die dood, die hel en Satan geen reg gehad nie. In die vier Evangelies word die Messias vanaf Sy geboorte tot met Sy hemelvaart, in Sy menslikheid vir ons beskrywe. In Lukas 3:21 lees ons: "En toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan; en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae”

Hier gaan dit nie net daarom om een aspek te weergee nie, maar ook om die feit dat ons as seuns en dogters van God dieselfde dinge ervaar. Wie Bybels gelowig geword het moet ook in gehoorsaamheid aan God se Woord bybels gedoop word. Soos die hemel destyds oor die Seun van God geopen het, staan elke seun en dogter van God onder die geopende hemel en kom die Heilige Gees oor hulle soos in die begin. Elkeen moet dit persoonlik ervaar, en dus ‘n getuienis wees om deur God aangeneem te word. Dit vereis hier die bonatuurlike bevestiging om seker te wees dat God se welbehae op ons rus as Sy seuns en dogters.