God en sy plan met die mensdom

Goddelike Skepping

« »

God het toe 'n nuwe skepping begin deur verwekking. Die begin van die mensdom was deur die skepping. 'n Vader-seun verhouding tussen God en die mens moes gemaak word. Hy kon dit nie doen deur Abraham, Moses of deur enige van die ander profete nie, wie almal gebore is deur natuurlike voortplanting in hierdie wêreld en was dus deel van die gevalle skepping. Deur 'n bonatuurlike voortplanting begin God toe 'n nuwe skepping: dit wat gebeur het in die eniggebore Seun. 

God het die kiem van die lewe in die maagd Maria geplaas. Sy haarself was net die draer van die kind. Maria het gesê: “Hier is die diensmaagd van die HERE. Laat dit met my gaan volgens u woord” (Luk. 1:38). Van 'n "Moeder van God" weet God niks van nie, ook nie die profete en apostels nie. Jesus het Maria self nooit "moeder" genoem nie, maar slegs "vrou". 

Jesus was die eersgeborene onder baie broeders (Rom. 8:29). Adam was die geskapene; Christus, die verwekte Seun van God. Slegs deur Hom kan ons geestelik verwek en wedergebore word en dus ‘n goddelike geslag word. Dit is geskryf: "Want ons is ook Sy geslag. As ons dan die geslag van God is…" (Hand 17:28-29). In Openbaring 3:14 sê dit: “Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God”. Dit gaan hier nie om die skepping van die heelal nie, maar om Christus, die oorsprong, die begin van die nuwe skepping van God deur verwekking. Al die seuns en dogters van God moet ook gebore word uit die Woord en Gees. Die HERE het dit onomwonde gesê: “as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie” (Joh. 3:3). Godsdienstige handelinge lei glad nie tot ‘n Heilige Gees geboorte nie. Dit vereis eers die goddelike saad van die woord, wat in ons siele geplaas moet word. Sonder saad kan geen aardse lewe, nog minder geestelike lewe voortkom nie. 

In Johannes 10 beskuldig die Jode die HERE van godslastering en sê: “omdat U wat ‘n mens is, Uself God maak”(vers 33). Daarop antwoord Jesus: “Is daar nie in julle wet geskrywe: Ek het gesê, julle is gode nie? As dit húlle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie, sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik—omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God?” (34-36). In die Ou Testament was dit die profete tot wie die Woord gekom het. Omdat die Woord van God na hulle gekom het, was hulle gode genoem (Ps. 82:6). Slegs die goddelike kan uitgaan van God. Daarom is die Woord wat spruit uit God, die goddelike saad (Luk. 8), waardeur ons God se kinders word. “Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.” (Jak. 1:18). 

Gedurende die vier duisend jaar van Ou Testament was daar geen profeet wat God as "Vader in die hemel" aangespreek het nie. Net so is daar nie ‘n enkele een wat berig het van 'n Seun van God nie. Selfs 'n gesprek tussen Vader en Seun in die hemel hoor ons niks van nie. Dit, moet ons weet, is baie belangrik. Die oorgang van die Ou na die Nuwe Testament was nodig vir verlossing. Dieselfde Een wie in die Ou Testament die HERE – Jahweh was, was die HERE in die Nuwe Testament, die Seun – die HERE Jesus. Die onsigbare God – Elohim – was as die HERE in sigbare vorm bekend gemaak. Dieselfde God het Homself as Vader in die Seun geopenbaar in 'n sigbare, menslike vorm. Die naam Jesus – Yahshua – beteken Jahweh-Verlosser

Elke naam en elke openbaring van God moet gesien word en gehou word in die besondere konteks waarin hulle behoort. Daar waar “Vader” genoem word, kan jy nie vervang met “Seun” nie; waar gepraat word van die “Seun”, kan jy nie die benaming “Vader” gebruik nie. Daar is net een God wat Homself openbaar as Vader in die hemel en op die aarde in die Seun. As 'n vader, was Hy nooit gebore nie en het Hy ook nie gesterwe nie. As Seun is Hy verwek, gebore, het Hy gely, gesterwe en opgestaan . 

Dit gaan oor ons. Ons is ingesluit in die plan van God. "En God het die HERE opgewek en sal ook ons opwek deur sy krag" (1Kor. 6:14 - oorspronklik). “Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding” (Rom. 6:4+5). So sekerlik soos God Homself in Christus geopenbaar het, so seker openbaar Christus Homself in die gelowiges. 

Daar moet in gedagte gehou word dat nie eens eenmaal die aanwysing "ewige Seun" of "hemelse Seun" gevind kan word in die Bybel nie, maar eerder die "ewige God" en "hemelse Vader". Jy kan nie sê: Wie Elohim gesien het, het Jahweh gesien nie. Maar, diegene wie die HERE gesien het, kon uitroep: "Ek het God gesien". Selfs die vader kon nie sê: "Hy wie My sien, sien die Seun." Maar die seun kon sê: “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien” (Joh. 14:9). In Lukas 10:22 staan: "… en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.” 

Selfs voor die grondlegging van die wêreld was die heerlikheid van God gereed om verheerlik te word met Christus (Joh. 17:5). Sy eie (Openb. 13:8), was ook voor die grondlegging van die wêreld in hom verkies en hul name geskryf in die boek van die Lam van die lewe (Efé. 1:4-5). Daar is 'n Goddelike uitverkiesing, wat verwys na Christus en Sy Bruid Gemeente. Deur Sy voorkennis het God Sy plan van ewigheid af, voor die begin van tyd, vasgestel om ons te vergewe (2 Tim. 1:9). Ons was deel van daardie plan. 

Die bewoording "God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees", wat oral gebruik word in die Christendom vandag, kom nêrens voor in die Bybel nie: In die Nuwe Testament word God aangespreek as onse Vader; nooit as: "God die Seun", maar wel as "die Seun van God" of "die Seun van die Allerhoogste". Dieselfde geld vir die Heilige Gees. Dit is nie geskryf: "God die Heilige Gees” het oor die waters gesweef nie, maar "die Gees van God" (Gen. 1:2). Dit was nie “God die Heilige Gees”, wat by die doop van die Messias neergedaal het nie, maar “die Gees van God” (Matt. 3:16). Dit was nie “God die Heilige Gees” wat Maria oorskadu het nie, maar soos geskrywe is: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word” (Luk. 1:35). Sou die Heilige Gees in homself 'n selfstandige persoon was, dan sou die kind moes die "Seun van die Heilige Gees" genoem word, want regenerasie gebeur deur die Gees. Die Heilige Gees is die Gees van God. 

In Joël 2:28 sê God: "En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees …" Die vervulling van hierdie belofte word vir ons in Handelinge 2 beskryf. God het nie 'n ander Persoon uitgestort nie, maar Sy Gees. Jesus het Sy volgelinge die belofte van die Vader gegee (Hand. 1:43). Hy het by dit gesê dat Hy die Heilige Gees sal stuur (Joh. 16:7) en dat Hy sal kom (Joh. 14:18). Deur die Gees kom Hy op Pinksterdag en maak Sy woning in die gelowiges. So is Christus in ons as die hoop van die heerlikheid (Kol. 1:27). Petrus lê dit uit in sy eerste preek: “Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor” (Hand. 2:33). Johannes die Doper het toe alreeds aangekondig: "… Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur" (Matt. 3:11). Dit is suiwer apostoliese lering. In Christus, was God mét ons; deur die Heilige Gees woon Hy ín ons. In Johannes 4:24, het die HERE gesê: "God is Gees…" In 2Korinthiërs 3:17 skryf Paulus: "Die HERE is die Gees …". Of dit geskrywe is "die Gees van God", "die Gees van die HERE" of "die Heilige Gees" – is dit steeds dieselfde gees. 

Nie die Seun nie, ook nie die Gees bestaan op hul eie nie. In die Seun het God met ons in verbinding getree; deur die Heilige Gees, is ons in verbinding met Hom. Die Seun sê: “Ek het van die Vader uitgegaan…" (Joh. 16:28); so ook het die Gees "… die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan…" (Joh. 15:26).