God en sy plan met die mensdom
In sy nederigheid was Christus as 'n kneg van die HERE beskryf. Hy het gekom om die perfekte wil van God te doen. In Jesaja 42:1 lees ons: "Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel ‘n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring". Die Gees van God het op Christus gekom omdat Hy God welgevallig was. Daarna het Hy Sy bediening begin. In Lukas 4 gebruik die HERE die stelling van die profeet Jesaja, in hoofstuk 61:1-2: "Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE". Jesaja 42:6 lees: "Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, as ‘n lig van die nasies, om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit". Die vervulling hiervan kan elkeen in Matthéüs 12:15-21 lees. Selfs vandag nog is van toepassing, wat gesê was in daardie tyd: "‘n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ‘n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. En op sy Naam sal die heidene hoop".
In Jesaja 52:13 tot 53:12 word die Verlosser in ‘n kneg-gestalte vooraf beskrywe, op Sy weg vanaf Getsemane na Golgota: "… Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie…" Die volgende verse bevat die kern van die verlossingsdaad: "Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom". Ook Psalm 129:3 is 'n profetiese aanduiding van Sy lyding: "Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek." In Jesaja 50:6 lees ons: "Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie".
In die vorm van 'n slaaf was die Messias vir ons verneder op 'n onverstaanbare manier en behandel soos 'n misdadiger. Markus 14:65 berig: "En sommige het begin om op Hom te spuug en sy aangesig toe te maak en Hom met die vuis te slaan en vir Hom te sê: Profeteer! En die dienaars het Hom met stokke geslaan." Hoofstuk 15 gaan oor Sy geseling, van die doringkroon wat op Hom gesit was, en die bespotting wat Hy moes verduur. In vers 28 word dan die verduideliking aan ons gegee: "En die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken" (Jes. 53:12).
Daar is ook die verduideliking hoekom ons Verlosser al hierdie dinge oor hom laat kom het. In vers 11 lees ons: "Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur Sy kennis sal My Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra." Ons was die skuldiges wat die dood verdien het, maar Hy het ons plek ingeneem. So was ons deur God verlos. Toe Hy aan die kruis gehang het, het Hy in ons plek uitgeroep: "My God, my God, waarom het U My verlaat?". In Psalm 22 het Dawid deur die Gees hierdie profetiese woorde ge-uiter: "My God, my God, waarom het U my verlaat…" (vers 2); "Almal wat my sien, spot met my" (vers 8); “Want honde het my omsingel; ‘n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe. Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer! Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad" (verse 17-19).
Dink net hoe akkuraat die meer as 'n honderd profetiese uitsprake van die Ou Testament in die Messias vervul was! Deur Sy lyding en dood het Hy ons verlos en die vyandskap wat tussen ons en God was, heeltemal weggeneem. So word ons verander na nuwe mense deur die Vredemaker (Efé. 2:13-17).
As Kneg het Hy geweier om aangespreek te word as "goeie Meester". Hy het aan die owerste gesê: "Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God" (Luk. 18:18-19). Hy het letterlik gesê: “Eer neem Ek van die mense nie aan nie… Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?" (Joh. 5:41+44). Hy het gekom om die wil van God te doen, daarom het hy gesê: "En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is" (Joh. 8:29). Soos 'n Kneg het Hy gekom om te dien, daarom het hy gesê: "… net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie" (Matt. 20:28).
Die vroeë Gemeente het die term "Kneg" selfs in hul gebede gebruik: "Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kneg Jesus wat U gesalf het" (Hand. 4:27 – oorspronklik). Onder die leiding van die Heilige Gees het mense altyd die waarheid gesê, gebid, geskryf en gedoen. Die gedagte mag in teenstelling wees met baie, maar elke woord van God moet in ag geneem word. Dit moet almal oorweldig en 'n begeerte ontketen dat die ware Bybelse Gemeente van God hier op aarde verwerklik moet word in gedagte, woord en daad. Net soos almal tevrede is met die vervulling van die Skrif deur die Messias, moet ook al die beloftes wat aan die Gemeente gegee is, aan haar en deur haar vervul word. Die gebed van die vroeë Gemeente eindig so: "En nou, HERE, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kneg Jesus plaasvind. En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek" (Hand. 4:29-31).