God en sy plan met die mensdom

Die profeet

« »

Net soos op die ander gebiede het Hy ook die taak gehad om as Profeet Sy doel te vervul. In Handelinge 3:22-23, verwys Petrus na die woord wat Deuteronómium 18:18 sê van Jesus: "n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis”. As Seun van die mens was Hy die Profeet. Die ernstige waarskuwing lui: "… En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis ". Om na die SO SPREEK DIE HERE te luister en Hom te glo, beteken lewe. 

Op die Berg van Verheerliking het die magtige stem uit die bonatuurlike wolk gekom wat gesê het: "Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom! En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees." (Matt. 17:5-6). Hulle sien toe hoedat hul Meester van gedaante verander na ‘n verheerlikte liggaam. So sien Johannes weer die HERE op die eiland Patmos, toe hy in die gees weggevoer was (Openb. 1:12-17). Wie Jesus vandag sien in Sy verheerliking, hoor ook dieselfde woorde: “na Hom moet julle luister!”. Hier sien ons die volle ooreenstemming van Deuteronómium 18:18 en Handelinge 3:20-23. 

As die God-profeet het Hy die woord en die wil van God verkondig en gedoen. Johannes die Doper was gevra: "Is u die profeet? En hy antwoord: Nee" (Joh. 1:21). Hierdie Johannes was die grootste van al die profete; Hy oorbrug die Ou na die Nuwe Testament om Christus, die Lam van God voor te stel. Maar hy was nie die profeet waarvan Moses geprofeteer het nie. Dit was die Messias wat die profetiese deel van die Plan van Verlossing aangedui en uitgevoer het. "Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom" (Joh. 6:14). 

In Johannes 5:19 sê dit: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so." Daarmee het hy Sy menslikheid heeltemal ten volle geopenbaar. Dit is nie 'n hulpelose God wat met 'n magtige God praat nie, maar die Seun van die mens, Jesus Christus, met God. Die profete is gesante van die HERE, sieners. God se wil word deur die inspirasie van die Gees aan hulle geopenbaar; hulle sien goddelike visioene wat aan hulle bekend gemaak was. Die Seun van die mens was die Profeet wat gesien en gehoor het wat hy moet doen. Hy het ook gesê: "omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het." (Johannes 5:30). Selfs die Ou Testament Skrif uit Psalm 40:8 verwys na hom: "Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe," Dit word in Hebreërs 10:7-9 aangehaal. In vers 10 volg die stelling: "… Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal." Adam kon nie die wil van God vir die mens nakom nie. Maar deur die Gees-verwekte Seun van God se gehoorsaamheid is die ongehoorsaamheid van die eerste Adam weggeneem. Deur die volkome wil van God te doen, het Hy ons vloek op Hom geneem, sodat God se seën oor ons kon wees. "En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het." (Kol. 2:13)