Omsendbrief April/Mei 2019

Nie Teorie nie, maar Realiteit

« »

In IKonings 18 word ons vertel dat die profeet Elia die volk van God op die berg Karmel vergader het. Wat het hy eerste gedoen? Elia het die versamelde skare tot ‘n besluit geroep: “Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HereGod is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! (vers 21). Toe het hy 12 klippe geneem en die altaar van die Here opgebou. Wat gebeur in ons tyd deur die Elia-bediening? Die leringe van die 12 apostels word opnuut op die kandelaar geplaas, die fondasie van die ware geloof word opnuut gelê, en daarmee word alles in die Gemeente teruggebring na sy oorspronklike stand en in realiteit ervaar. Die ware Gemeente word vandag nog “gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is” (Efé. 2:20).

Die Here God het geantwoord: die vuur van God het die offer en die altar verteer: “En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet Elía nader gekom en gesê: Here, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit vandag bekend word dat U God in Israel is, en ek u kneg, en dat ek al hierdie dinge op u woord gedoen het. Antwoord my, Here, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, Here, God is, en dat Ú hulle hart tot Ulaat terugkeer. Daarop het die vuur van die Here neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek” (IKon. 18: 36-38).

Toe sê Elía vir Agab: “Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën!” (vers 41). Ons word vertel dat die reën neergestort het. Hoe sal dit nou wees? Destyds het die mense versamel en het was hul harte tot inkeer gebring. Dieselfde geld nou volgens die bevel van die Here: “Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!” (Ps. 50:5; Deut. 4:10).

Die apostel Jakobus skryf: “Elía was ‘n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid …” (5:17). Johannes die Doper was ‘n mens soos ons. Broeder Branham was ‘n mens soos ons. Dit gaan oor die opdrag, die sending. Matthéüs lewer só verslag oor die bediening van die gestuurde profeet: “En Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe. En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes” (Matt. 3: 5-6).

Die mense het toegestroom. Almal wat dit wat gepreek was geglo het en berou gekry het, het hulle bekeer en hulle sondes bely en is gedoop. Vandag is dit dieselfde: die mense van God kom van oos en wes, van suid en noord. Almal wat die goddelike boodskap glo, bekeer julle en word gedoop in die Naam van die Here Jesus Christus!

Diegene wat destyds gedoop is, het gehoor en geglo wat die boodskapper vir hulle gesê het: “Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur” (vers 11).

Eers het die 120, toe die drie duisend, die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag ontvang en verder nog baie gelowiges op baie ander plekke. Dit was aan die begin; dieselfde is aan ons belowe aan die einde. Almal wat regtig glo en nou gedoop word sal deelneem aan die magtige uitstorting van die Heilige Gees, wanneer beide die vroeë en laat reën op dieselfde tyd val (Jak. 5:7). Die tyd is naby. God het alles herstel deur die laaste boodskap en wil Sy werk van verlossing met die Bruidgemeente seë-vierend voleindig.

In IKonings 18 word ons vertel dat die profeet Elia die volk van God op die berg Karmel vergader het. Wat het hy eerste gedoen? Elia het die versamelde skare tot ‘n besluit geroep: “Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! (vers 21). Toe het hy 12 klippe geneem en die altaar van die Here opgebou. Wat gebeur in ons tyd deur die Elia-bediening? Die leringe van die 12 apostels word opnuut op die kandelaar geplaas, die fondasie van die ware geloof word opnuut gelê, en daarmee word alles in die Gemeente teruggebring na sy oorspronklike stand en in realiteit ervaar. Die ware Gemeente word vandag nog “gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is” (Efé. 2:20).

Die Here God het geantwoord: die vuur van God het die offer en die altar verteer: “En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet Elía nader gekom en gesê: Here, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit vandag bekend word dat U God in Israel is, en ek u kneg, en dat ek al hierdie dinge op u woord gedoen het. Antwoord my, Here, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, Here, God is, en dat Ú hulle hart tot U laat terugkeer. Daarop het die vuur van die Here neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek” (IKon. 18: 36-38).