Omsendbrief April/Mei 2019

Die Boodskap voor die Tweede Koms van Christus

« »

So gewis soos die Here God ‘n profeet soos Elia belowe het, voor die vreeslike dag van die Here aanbreek. (Mal. 4:5; Mat. 17:11), so gewis het Hy hierdie belofte in ons tyd vervul. Soos die geestelik-blinde skrifgeleerdes in daardie tyd nie die vervulling van die beloftes in Jesaja 40 vers 3 en Maleági 3 vers 1 herken het nie, herken die christelike leiers vandag ook nie die vervulling van die belangrikste belofte vir ons tyd nie. Met respek voor God en God se Woord, glo ons die getuienis van die sending wat William Branham op 11 Junie 1933 gegee was.

By hulle wie nie respekteer wat die Here in ons tyd gedoen het nie, gaan ook dit verby wat God tans doen. Sedert 1933 het 85 jare verby gegaan. Op 11 Junie, in die middag om 14h00, toe die jong evangelis, William Branham, sy eerste doping lei, was die bonatuurlike Wolk oor die godsman sigbaar vir almal teenwoordig by die Ohio rivier toe hy die sewentiende persoon wou doop. Onder ‘n magtige gebrul, wat almal teenwoordig gehoor het, het die woorde tot hom gekom:

“Soos Johannes die Doper die eerste koms van Christus vooruit gestuur was, sal jou boodskap die tweede koms vooruit loop, in die hele wêreld”. Broeder Branham het dit gesê op 14 Julie, 1963.

Op 29 Desember 1963 het hy in sy preek gesê: “Ek sal dit waarskynlik nie doen nie, maar hierdie boodskap sal Jesus Christus aan die wêreld voorstel. ‘Net soos Johannes die Doper die eerste koms van Christus vooruit gestuur was, so sal die boodskap die tweede koms vooruitgaan…’ Ek weet dit sal so wees. Die boodskap sal voortgaan”.

En ‘n derde aanhaling: “’n Stem het gesê, ‘Soos Johannes die Doper gestuur was om die eerste koms van Christus vooruit te gaan, so sal jou boodskap die tweede koms die hele wêreld in vooruitgaan”. (19 Februarie, 1965).

Elke stelling moet gebaseer wees op twee of drie getuies (IIKor. 13:1). Daarom het ons die drie aanhalings van die verskillende verklarings uit die mond van broeder Branham, soos hy dit uit die bonatuurlike wolk gehoor het. Dit gaan oor die presiese bewoording van die goddelike sending, naamlik, om die boodskap alleenlik gebasseer op die Heilige Skrif te bring.

Weereens gee ons die valse Amerikaanse weergawe waarin die Woord “boodskap” ontbreek: “Soos Johannes die Doper die eerste koms vooruitgestuur was, word jy die tweede koms van Christus vooruitgestuur”.

Meer as tagtig keer het broeder Branham op Openbaring 22 verse 18-21 heengewys en beklemtoon dat niemand ‘n enkele woord moet wegneem of toevoeg nie. Dit was net een woord wat die ou slang in Genesis 3:1 gevoeg het by wat die Here God in Genesis 2 vers 16 gesê het, naamlik die woord “nie”. En so het dit tot die val gekom. Wie die valse weergawe glo en hul daarop beroep, is op dieselfde wyse as Eva verlei en verstrik hulself in argumente net soos sy was. By hulle word vervul wat Paulus in IIKorinthiërs 11 geskryf het: “Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus” (vers 3).

Met broeder Branham het ‘n hoofstuk op 24 Desember 1965 tot ‘n einde gekom, naamlik, om die boodskap te bring. Hy het die boodskap gebring, maar na geen ander land geneem nie, wat nog van tot aan die einde van die aarde. Eers ná die heengaan van broeder Branham was die oorspronklike boodskap na alle lande en tale van die hele wêreld gedra, soos dit in die tweede deel van die sendings-kommissie op 11 Junie 1933 belowe was, en wat broeder Branham aan ons as »So spreek die Here« gelaat het.

Die self-erkende “boodskap geleerdes” het hulself in die stoel van die profeet geplaas en ‘n dwaalleer aan die ander bekendgestel uit misverstaande ​​aanhalings. Dit het begin met die lering, dat alles oor sou wees in 1977, en het tot vandag nog nie opgehou nie.

Daar moet gesê word dat die Bybel niks weet van ‘n bediening in ‘n tent nie, waarin die profeet, 30 dae voor die Wegraping sal opstaan en optree.

Daar is ook niks in die Woord van God oor die 7 verskillende donderslae nie, en ook niks oor die lering van sewe spesiale manne wat met donderstemme sal praat nie.

Dit sê ook niks wat die Lam wat by die opening van die Seëls die troon van genade in Maart 1963 verlaat het en neergedaal het om aanspraak te maak op die verlostes. Die stem absoluut nie ooreen nie. In elke kerkeeu het die Here ‘n oorwinnaars-skare wat in heerlikheid sal wees. Dis hoe dit staan sewe maal in Openbaring hoofstukke 2 en 3 in die sewe sendings-skrywes. Amen. “Aan hom wat oorwin …”. Amen.

Die laaste belofte is van toepassing op ons: “Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het” (Openb. 3:21).

Dit is nie waar dat Openbaring 10 reeds vervul is nie en dat die Here as die verbondsengel, omring deur die reënboog, afgekom het nie.

Wanneer Hy as ‘n engel van die verbond kom, plaas Hy Sy voete op land en see en sweer dat tyd nie meer sal wees nie. Wanneer dit gebeur, is net die laaste 3½ jaar oor, soos Daniël dit in hoofstuk 12 vers 7 gesien en gehoor het: “’n Tyd, tye en ‘n halwe tyd …”

As die Engel van die Verbond kom Hy na die Jode. Dan vervul dit ook Maleági 3 vers 1b: “… dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare”. Dank God vir die duidelikheid in die Woord van God en vir elke belofte wat in die Woord van God geskryf is en wat op die bestemde tyd die vervulling daarvan vind.

Almal wat glo volgens die valse weergawe dat Broeder Branham die Wederkoms van Christus voorafgegaan het, glo hul eie interpretasies. Die lys van valse leringe kan voortgesit word. Petrus skryf egter met goddelike outoriteit dat geen profesie van die Skrif eie interpretasie toelaat nie (IIPet. 1:20). Geen uitverkorene sal ‘n dwaalleer glo nie. Diegene wat voor die grondlegging van die wêreld gekies is, kan nie mislei word nie. Hulle ervaar dat die boodskap steeds die Wederkoms voorafgaan, soos die Here gesê het. Hulle word na die Woord teruggebring en glo net wat in die Woord geskryf staan. Amen.