Omsendbrief April/Mei 2019

Skriftelike Verordening

« »

In die bybelse profesie van die Ou Testament, word alles vooruitgespreek wat behoort tot God se hele plan van verlossing, of dit gaan oor Israel, die Gemeente, of oor die nasies; ook wat by die eerste koms van die Verlosser of by Sy Wederkoms en daarna sal gebeur.

In Lukas 24 het die opgestane Here aan Sy dissipels geopenbaar dat alles waar geword het, dit wat in die wet, in die psalms en in die profete oor Hom geskryf is. Toe het Hy hulle die verstand gegee om daartoe instaat te wees om alles te leer ken. Selfs nou word alles vervul wat in die Ou en Nuwe Testament oor hierdie tydsduur geskryf is, en die getroue Here het ons verstand oopgemaak daarvoor. Deur God se genade erken ons watter beloftes destyds vervul was en wat in ons tyd vervul word.

So vind ons byvoorbeeld in Matthéüs 3 vers 3 die bevestiging van God se belofte oor Johannes vanuit Jesaja 40 vers 3: “Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!”

By die eerste koms van Christus is ook die eerste deel van Maleági 3 vers 1 deur Johannes die Doper se bediening vervul: “Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan …”. Dit is wat onse Here in Matthéüs 11 verse 9-10 bevestig het: “… Want dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak” Die tweede Deel van Maleági 3 vers 1 sal eers geskied wanneer die tempel gebou is: “… dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare.

In Matthéüs 17 lees ons van die verheerliking van ons Verlosser voor die oë van die drie dissipels en waar ook Moses en Elia verskyn het, wat toe gelei het tot die dissipels se vraag aan onse Here: “Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet kom? En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel”, maar dadelik ook gesê: “maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly. Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het” (verse 10-13).

Volgens Lukas 1 vers 17 was die eerste deel van die belofte van die profeet Maleagi vervul deur Johannes die Doper: “… hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders (Mal. 4:6a) en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ‘n toegeruste volk te berei”.

Jesus het oor Jerusalem geween omdat Sy uitverkore volk, Israel, die genadige besoek van God en wat daarmee volgens die Woord gebeur het, nie erken het nie, “en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek” (Luk. 19: 42-44). Die skrifgeleerdes het hulle nie deur Johannes laat doop nie, en so die Raad van God verwerp (Luk. 7:30). Omdat die skrifgeleerdes tot vandag toe nie weet watter belofte in daardie tyd vervul was nie, wag die Jode nog steeds op Elia se koms. Daarom is daar by elke Pasga-fees ‘n stoel en ‘n wyn-gevulde beker gereed vir hom.

Die volk Israel is egter twee profete belowe, wat in Jerusalem sal verskyn, soos ons vertel word in Sagaria 4 van die twee olyfbome ​​langs die kandelaar (vers 3). Die verklaring in die profetiese Woord is: “Dit is die twee gesalfdeswat by die Here van die ganse aarde staan​“ (vers 14). Ons vind die vervulling daarvan in die bedieninge van die twee profete, wie ons aan Moses en Elia herinner, in Openbaring 11 vers 4: “Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan”.

Dank God dat Hy ons die bybelse verordening van profesie gegee het deur genade. Deur die spesiale bediening van Johannes die Doper, wat belowe was vir die eerste koms van die Verlosser, was die Ou Testament vaders tot die geloof van die Nuwe Testament kinders gelei. Hierdie bediening het een honderd persent gebeur in die wil van God en volgens die Woord van God en alleenlik daardeur kon die Here met Sy eerste koms ‘n goed voor-bereide volk hê.

Die tweede deel van die belofte uit Maleági 4 vers 6 word nou vervul soos onse Here in Matthéüs 17 vers 11 en Markus 9 vers 12 aangekondig het; deur ‘n bediening net soos met Elia, word die harte van die kinders van God teruggebring na die geloof van die apostoliese vaders. Dit is die werklike betekenis en doel van die laaste boodskap, dat die Here by Sy Wederkoms ‘n goed voorbereide volk weg kan neem.

In die bybelse profesie van die Ou Testament, word alles vooruitgespreek wat behoort tot God se hele plan van verlossing, of dit gaan oor Israel, die Gemeente, of oor die nasies; ook wat by die eerste koms van die Verlosser of by Sy Wederkoms en daarna sal gebeur.

In Lukas 24 het die opgestane Here aan Sy dissipels geopenbaar dat alles waar geword het, dit wat in die wet, in die psalms en in die profete oor Hom geskryf is. Toe het Hy hulle die verstand gegee om daartoe instaat te wees om alles te leer ken. Selfs nou word alles vervul wat in die Ou en Nuwe Testament oor hierdie tydsduur geskryf is, en die getroue Here het ons verstand oopgemaak daarvoor. Deur God se genade erken ons watter beloftes destyds vervul was en wat in ons tyd vervul word.

So vind ons byvoorbeeld in Matthéüs 3 vers 3 die bevestiging van God se belofte oor Johannes vanuit Jesaja 40 vers 3: “Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!”

By die eerste koms van Christus is ook die eerste deel van Maleági 3 vers 1 deur Johannes die Doper se bediening vervul: “Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan …”. Dit is wat onse Here in Matthéüs 11 verse 9-10 bevestig het: “… Want dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak” Die tweede Deel van Maleági 3 vers 1 sal eers geskied wanneer die tempel gebou is: “… dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare.

In Matthéüs 17 lees ons van die verheerliking van ons Verlosser voor die oë van die drie dissipels en waar ook Moses en Elia verskyn het, wat toe gelei het tot die dissipels se vraag aan onse Here: “Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet kom? En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel”, maar dadelik ook gesê: “maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly. Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het” (verse 10-13).

Volgens Lukas 1 vers 17 was die eerste deel van die belofte van die profeet Maleagi vervul deur Johannes die Doper: “… hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders (Mal. 4:6a) en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ‘n toegeruste volk te berei”.

Jesus het oor Jerusalem geween omdat Sy uitverkore volk, Israel, die genadige besoek van God en wat daarmee volgens die Woord gebeur het, nie erken het nie, “en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek” (Luk. 19: 42-44). Die skrifgeleerdes het hulle nie deur Johannes laat doop nie, en so die Raad van God verwerp (Luk. 7:30). Omdat die skrifgeleerdes tot vandag toe nie weet watter belofte in daardie tyd vervul was nie, wag die Jode nog steeds op Elia se koms. Daarom is daar by elke Pasga-fees ‘n stoel en ‘n wyn-gevulde beker gereed vir hom.

Die volk Israel is egter twee profete belowe, wat in Jerusalem sal verskyn, soos ons vertel word in Sagaria 4 van die twee olyfbome ​​langs die kandelaar (vers 3). Die verklaring in die profetiese Woord is: “Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die ganse aarde staan​“ (vers 14). Ons vind die vervulling daarvan in die bedieninge van die twee profete, wie ons aan Moses en Elia herinner, in Openbaring 11 vers 4: “Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan”.