Omsendbrief April/Mei 2019

‘n Bybelse Sending

« »

Tot ‘n sending behoort wat die Here gesê het: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook (Joh. 20:21). Dit kon Paulus ook getuig toe hy van sy roeping gesê het: “terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidene na wie Ek jou nou stuur, om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang” (Hand. 26: 17-18).

Die vermaning wat Paulus aan sy medewerker Timótheüs gegee het, geld ook vir my en elke dienaar van God: “… dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus …” (ITim. 6:14).

Eerstens moet die Here ‘n opdrag gee voordat dit uitgevoer kan word. Paulus het ‘n opdrag gehad; hy kon getuig van die dag, die uur, die plek en wat aan hom gesê was (Hand. 9, 22 en 26). Moses kon dieselfde doen (Ex. 3), en so ook kon Josua getuig (Hfst. 1). Jesaja se verslag was: “Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my (Jes. 6:8). Alle ware dienaars van God getuig van hulle sending. Broeder Branham kon verwys na 11 Junie 1933, 7 Mei 1946, en na 28 Februarie 1963 en verder na die tydperk vanaf 17 tot 24 Maart 1963, toe die Here hom spesiale instruksies gegee het.

Net so kan ek ook na besondere ervarings terugkyk, na die plek en tyd, en wat die Here elke keer met ‘n gebiedende stem beveel het, waarin Hy my as ‘My dienskneg’ aangespreek het, beginnende met 2 April 1962. Deur God se genade het ek elke opdrag wat die Here my gegee het, presies gevolg — alles net genade, dit wat tot ‘n goddelike roeping en sending behoort.

Ek het enkele van die direkte toewysings en bonatuurlike ervarings, wat die getroue Here my gegee het, in die omsendbrief van Desember 2005 genoem. Dit het sedert die dae van die Bybel nie meer gebeur nie. Maar omdat ons in die belangrikste tydperk van die heilsgeskiedenis aangekom het, wys die Here ons dat Hy bekommerd is oor Sy Gemeente. Die opdrag moet onberispelik uitgevoer word, skryf Paulus.

My eerste omsendbrief in September 1966 het ek onderteken: “Gelewer in opdrag van God”. So het dit tot vandag toe gebly. Niemand kan hulself voorstel wat dit beteken om die deurdringende stem van die Here te hoor en om direkte instruksies te kry nie.

Dit was God se besluit om my as die draer van die suiwere, heilige boodskap regoor die wêreld te stuur. Hy het dit so gelei dat ek broeder Branham persoonlik vir 10 jaar geken het, en my toegelaat om deel te neem aan sy vergaderings in Duitsland asook in die VSA. Ek is ‘n oog-en-oor getuie van wat God in ons tyd gedoen het. Ek sal nooit my eerste persoonlike ontmoeting met broeder Branham op 15 Augustus 1955 vergeet nie. Nog voordat ek hom gegroet het, het hy vir my gesê: “Jy is ‘n prediker van die evangelie”. Ook onthou ek baie goed toe hy my op 12 Junie 1958 in Dallas, Texas, in die VSA, vertel het: “Broer Frank, jy gaan na Duitsland met hierdie boodskap terugkeer”. Met dieselfde onfeilbare profetiese gawe het hy op 3 Desember 1962 herhaal, dit wat die Here aan my tydens my roeping gesê het en het geëindig met die woorde: “Wag met die uitdeel van die voedsel totdat jy die res ontvang het”.

Hy het my toe gevra om die volgende Saterdag, 8 Desember 1962, in sy plek by Clifton’s Cafeteria, by Demos Shakarian se ‘Christian Businessmen’s Fellowship’ te preek, want hy self moes, na aanleiding van ‘n visioen, voorberei om na Tucson, Arizona, te trek. Hy het my ook gevra om op Sondag, 9 Desember, in die gemeente van Ernest Hutton in Oakland, Kalifornië namens hom te preek. Hy het my selfs die adres van Paulaseer Lawrie gegee, ‘n bekende genesings-evangelis wat sy vergaderings in Bombay bygewoon het. Ek moes hom kontak, sou ek ‘n reis na Indië meemaak. Ek kan voortgaan om te vertel hoe die getroue Here van die begin af alles so wonderlik gelei het.

Deur God se vooruitbestemming en leiding, is die boodskap die hele wêreld ingedra, hier voor die Wederkoms van Christus — net soos dit aan die man van God voorheen gesê was. Die volle, ewige Evangelie word volgens Matthéüs 24 vers 14 aan alle mense as getuienis verkondig en die einde is aan die kom. Die tekens van die eindtyd dui ook daarop heen. Onse Here het gesê, “En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is” (Luk. 21:28).

So gewis soos die geskrewe Woord onfeilbaar en onberispelik is, so gewis sal die Bruid van die Lam, wat nou die goddelik-geopenbaarde Woord glo, deur die Bruidegom sonder vlek en sonder gebrek, ja, selfs onberispelik, by die Wegraping begroet word. Dit moet aan almal duidelik wees dat geen valse leraar en geen misleides weggeraap sal word nie. God kan net Sy seël plaas op die bloed gewastes en die wat in die Woord geheilig is (IIKor. 1: 21-22).

Die tyd is naby, die tyd is hier. wanneer ons nog ‘n maal terugkyk na die onlangse verlede, dan kan ons met ‘n duidelike blik na die toekoms kyk. Almal wat die bediening van broeder Branham ken, is vertroud met die gebeure in die jare 1933 tot 1965. Maar wie besef wat God sedert 1966 volgens die roeping en beloofde sending gedoen het?

Die afgelope 53 jaar het ons voortgegaan om die ware verkondiging te doen, wat in direkte opdrag van God wêreldwyd geskied. Daar is twee tydperke: die eerste was vanaf 1966 tot 1979. Sedert 1979, toe Satan my en die gemeente wou vernietig, het daar nou 40 jaar verbygegaan. Iets soos dit het nog nooit tevore gebeur nie: Die eindes van die aarde is bereik en miljoene het gehoor dit wat God in ons tyd gedoen het. Die Here vergeet nie Sy belofte nie. Hy wag maar tot die nommer vol is en die laastes bygevoeg word. Ongelukkig, veral in die laaste 40 jaar, het broeders verskyn wat geen roeping het nie. Hulle bied hul eie leerstellings aan en lok dissipels as volgelinge met die slagspreuk: “Die profeet het gesê!” So het daar in baie stede verskillende groepe, sogenaamde ‘Boodskap Groepe’ na vore gekom, wat elk hul onderskeie leiers volg, elk met hul verskillende leringe.

Maar die Here bou slegs Sy Gemeente. Met my roeping het Hy beveel: “My dienskneg, moet nie plaaslike gemeentes stig nie en moet nie ‘n gesangboek uitgee nie, want dit is ‘n teken van ‘n denominasie!”. So gewis soos Hy op 19 September 1976 vir my gesê het: “My dienskneg, Ek het jou aangestel volgens Matthéüs 24 verse 45-47, om die voedsel op die regte tyd uit te deel”, so gewis is daar broeders wat dieselfde geestelike voedsel in die verskillende lande en stede in die gemeentes uitdeel.

53 jare van die geseënde verkondiging van die Woordboodskap; 40 jare van ingesluipte valse broeders wat kettery versprei het. Nou kom al die ware kinders van God, wat sedert 1979 onder die verkeerde invloede was, van alle verkeerde rigtings af terug. Die boodskap het die eindes van die aarde bereik — die Wederkoms van ons Verlosser is voor die deur. Luid en duidelik kan gehoor word: “Daar kom die Bruidegom; gaan uit Hom tegemoet!”. Broeder Branham het dikwels gesê: “… teen die aandtyd sal dit lig word …”; dit het gebeur. Maar nou het ons by die middernaguur aangekom. Net diegene wat gereed sal wees, gaan die bruilofsmaal ingaan. Broeder Branham het sy sendings-opdrag uitgevoer; Ek voer my sendings-opdrag uit. Wie ore het, hulle hoor en wie van God is, sal dit aanvaar. Elkeen moet hulself beproef met betrekking tot die sending. So spreek die Here: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het” (Joh. 13:20).

Enigeen wat voorgee om die boodskap te glo, moet rondom hulle, in hul eie stad kyk en die vraag vra: hoeveel gemeentes van God het bestaan ​​in Éfese, Korinthe, Philadelphia en Laodicea? Dan kan iets nie reg wees nie vandag as daar in een stad verskeie ‘Boodskap gemeentes’ bestaan. Die tyd het aangebreek dat oordeel moet begin in die huis van God “… wat die gemeente is van die lewende God, ‘n pilaar en grondslag van die waarheid” (ITim. 3:15).

Ons verwag ‘n bybelse herlewing, waarin die krag van God gemanifesteer word. Mag hierdie ‘n jubileumjaar wees, ‘n jaar waarin die vrylating van al die misleides geproklameer word. Die tyd is naby; die tyd het aangebreek, waarin alle ware gelowiges in elke plek een hart en een siel het soos in die begin. Die Here staan ​​voor die deur en klop daaraan.

Die volgende skrifte sal ons aanmoedig en ons geloof versterk:

“So waar as God getrou is – ons woord tot julle was nie ja en nee nie!

Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.

Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het” (IIKor. 1: 18-22).

“Paulus, ‘n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus:

Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus!

… sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het,

In wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid” (Efé. 1: 1-13).

Dit sal inderdaad waar word in almal wat deel is van die Bruidgemeente.

Tot ‘n sending behoort wat die Here gesê het: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook (Joh. 20:21). Dit kon Paulus ook getuig toe hy van sy roeping gesê het: “terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidenena wie Ek jou nou stuur, om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang” (Hand. 26: 17-18).