Die Uitdaging van die Christelike Teologie
'n Mens moet dit waag, selfs al bevind hy homself in kritiek en moet bybels wys na die tyd waarin ons nou lewe.
Die oueres onder ons kan die woorde wat voorheen dikwels gesê was onthou: "'n Duisend jaar of nie 'n duisend jaar nie". Daar is inderdaad baie besondere verwagtinge vir hierdie nuwe millennium! Sommige mense glo in die sg. "profesieë" van die astroloog Nostradamus, min wetend dat hy sy voorspellings vir die nuwe millennium, deels geneem het uit wat die Gees van God reeds sieners mee geïnspireer het en wat vir ons in die "Boek van boeke" nagelaat is.
Die tydsverloop is net soos in ons illustrasie aangedui word. Sedert Adam het sowat ses duisend jaar verby gegaan; by die HERE is dit – om in profetiese taal te praat – ses dae, want daar is geskrywe dat: "… een dag by die HERE soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag" (2Petr. 3:8). Die HERE God het aan Adam gesê: "… die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe". En dit was so – hy sterf op 930 jaar. Die sewende millennium, wat voor ons lê, word dikwels in die Bybel genoem "die laaste dag" van die heilsgeskiedkundige tydsbestek. In die Ou en Nuwe Testament word dit herhaaldelik genoem en in Johannes 6 alleen, byvoorbeeld, verskyn dit vier keer. Aan die begin van hierdie "laaste dag" is die "eerste opstanding" en aan die einde daarvan, vind die "laaste opstanding" plaas (Openb. 20). Tussen die twee verloop daar 'n duisend jaar, die sewende dag — die "dag van die HERE" (Jes. 13:6-13; Sef. 1:14; Mal. 4:5; 1Thess. 5:2; 2Petr. 3:10 en nog vele meer) en word in Openbaring 20 as die duisendjarige Vrederyk van Christus beskrywe. Of ons dit glo of nie, wanneer die tyd vervul is, voer God Sy plan deur en voleindig Sy raadbesluite. "… want Hy volbring ‘n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die HERE ‘n saak wat verkort is, op die aarde sal doen" (Rom. 9:28).
Maar die feit bly staan dat niemand die "tyd en uur" van sekere gebeure weet nie; ons kan en mag wel kyk na die bybelse "tekens van die tye" wat ons heenwys daarop. Van die volk Israel staan byvoorbeeld geskryf dat hulle onder al die nasies gestrooid (Deut. 4:27-29; 28:64-68; Luk. 21:20-24, ens.) en aan die "einde van die dae" weer versamel sal word. Op ander plekke sê dit dat God Sy volk weer sal kies (Jes. 11:11-12), en in hul tuisland tot rus sal bring (Jes. 14:1). "Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig in die kuslande wat vêr is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos 'n herder sy kudde" (Jer. 31:10). "En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring" (Esé. 36:24). Die profeet Hosea het die terugkeer van die volk van Israel voorspel. Hy het selfs die tyd van hul verspreiding aangekondig, "Kom, laat ons teruggaan tot die HERE! Want Hy het verskeur en sal ons genees; Hy het geslaan en sal ons verbind; Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor Sy aangesig kan lewe" (Hos. 6:1-2).
Die twee profetiese dae is die tweeduisend jaar agter ons, waarin die volk Israel verstrooid was. Nou het hulle teruggekeer van meer as 140 lande af, na hul oorspronklike tuisland. Sedert 1948 is daar weer 'n staat van Israel. Dit is die vervulling van profesie wat voor ons oë afspeel en wat ons meelewe as getuies! Maar eers op die derde dag na hul verstrooiing, so lees ons, naamlik, met die aanbreek van die millennium, wanneer die Gemeente uit die nasies (Hand. 15:13-18) hul volheid bereik het (Rom. 11:25-36) en weggeraap word (1Thess. 4:13-17), sal Israel lewe uit God het, deur die geloof in die Messias. "Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?" (Rom. 11:15).
'n Bekende man van God het indrukwekkend gesê: "Wie die tyd van die dag wil weet, kyk na die horlosie. Wie wil weet watter dag van die week dit is, kyk na die kalender. Wie wil weet hoe ver die tyd gevorder het, kyk na Israel".
Israel het ‘n goddelike reg tot die land, wat die ewige God aan Abraham belowe en gegee het as 'n erfenis, en alle ander wat daarin woon het residensiële regte. Jerusalem was nooit die hoofstad van enige ander nasie nie. Mohammed noem dit nie 'n enkele keer in die 114 suras van die Koran nie. In Openbaring 16 vanaf vers 12, word ons vertel van die verderf wat die "Armagéddon" vuurpoel gaan bring. Die oordeels-engele is tot die uur en dag, maand en jaar gebind by die Eufraat: "Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat! Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om 'n derde van die mense dood te maak" (Openb. 9:14b-15).
Sodra die uur aanbreek, naamlik "… daardie groot dag van die Almagtige God" soos wat dit sê in die teks, sal 'n derde van die mensdom vergaan. Die Eufraat vloei deur Sirië en Irak, waar die grootste vyande van Israel is. Dit sal nie net tenks en missiele meer wees nie, maar ook chemiese en biologiese wapens wat gebruik sal word. Die profeet Sagaria het sy aanskoue beskryf, hoe die beplande vernietiging van die volk Israel skielik teen sy vyande sal draai: "En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond" (Sag. 14:12). "En in dié dag maak Ek Jerusalem tot 'n baie swaar klip vir al die volke …" (Sag. 12:3).
Hierdie en baie ander skrifte en voorspellings sal vervul word. Voordat die swaarde aan die einde in pikke gesmee word (Jes. 2:1-5 en Mig. 4:1-5), word daar ongelukkig eers nog “pikke in swaarde en snoeimesse in spiese" gesmee, vir die beslissende slag (Joel 3:9-17, onder andere). Die Oslo-, Dayton-, Wye-en ander ooreenkomste sal dit nie verhinder nie.
‘n Hele aantal bybel-tekste kan gelys word om hierdie tema, wat ‘n werklikheid is, duidelik te maak. Maar dit is nie waaroor dit in hierdie uiteensetting gaan nie. Dit en ander bybelse temas het ek reeds in detail bespreek in ander publikasies. Daar is geen twyfel daaraan dat die genade tydperk die einde nader; dat die aftelling reeds aan die gang is, en dat die HERE nie Sy belofte vertraag – soos sommige dit ag – nie, maar eerder net wag, naamlik, totdat die laastes gered is (2Pet. 3:9). Die aankondiging van die opgestane en hemelwaarts-gekeerde HERE, "Kyk, Ek kom gou", is ‘n werklikheid.
Terwyl ons onsself nou voor die mees gewigtige keerpunt in die geskiedenis van die mensdom bevind, moet die bybels-gegronde waarheid weer gewys word in sy oorspronklikheid. Die Christendom het baie vroeg uit die oorspronklike christelik-apostoliese lering vertrek, die smal pad verlaat en lewe in tradisies eerder as in die Woord en wil van God, sonder om bewus te wees daarvan. Ook Jode en Moslems, sowel as alle mense van ander godsdienste het 'n reg daarop om die goddelike oorspronklike waarheid te ken en om die ewig-geldige Evangelie te hoor.
Dit is opsigtelik dat met die bedrywighede in die finale stadium van hierdie eeu, die eskatologiese gebeure van bybelprofesie begin. Die kenners van die profetiese Woord, waarin die verloop van die mens se geskiedenis voorspel is, vanaf die begin tot die einde, sien in die huidige ontwikkeling die vervulling van dit wat aangekondig was vir hierdie laaste tydvak. Die bybelse "Eindtyd- Boodskap" produseer nugter-blywende, paniek-vrye, gelowige mense wat 'n normale lewe lei, maar wie terselfdertyd innerlik voorberei vir die wederkoms van Christus. Hulle hou hulle nie besig met die apokaliptiese katastrofe-praaitjies nie, en dreig ook nie ander met "Doomsday" teorieë nie, maar maak hulself gereed om soos 'n versierde Bruid haar Bruidegom tegemoet te gaan.