Die Uitdaging van die Christelike Teologie

DIE ENIGSTE GELDIGE RIGSNOER

« »

As U woord nie meer geldig is nie, waarop sal my geloof rus? Vir my gaan dit nie oor 'n duisend wêrelde nie, maar om U woord ten beste te hou. (Graf N. von Zinzendorf)

In hierdie daarstelling, is dit in die eerste plek ons mikpunt om die bybelse leringe te vergelyk met kerklike teologie. Miskien beskou sommige mense dit as ongevoelig wanneer die waarheid kaalvuis vertel word, maar dit móét, want net die erkende waarheid van God se Woord maak ons vry van al die menslike foute (Joh. 8:32). Slegs dan kan lig vanaf duisternis geskei word.

Soos bekend is, het elke denominasie sy eie wette waarin hul geloofsleringe vasgestel is. Maar al die leringe van die nuwe-testamentiese Gemeente het ons reeds vanaf die apostels verkry, aan wie die HERE self opdrag gegee het om dit te doen. Dit bevat al die belangrike bybelse maatstawwe, soos die apostel Jakobus in die byeenkoms van die verantwoordelike broeders in Jerusalem gesê het: "En hiermee stem die woorde van die profete ooreen" (Hand. 15:15). Slegs indien dit bewysbaar is, kan dit gesê word: "Want die Heilige Gees en ons het besluit …" (vers 28).

Wanneer die Woord van die profete en die leringe van die apostels verdraai of geïgnoreer word, is dit menslike besluite wat gedoen word onder die invloed van die antichris gees, verwyder van die oorspronklike waarhede wat deur die Heilige Gees geopenbaar word. Die ware Gemeente van God ken net een fondament, dié van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die Hoeksteen is (1Kor. 3:10-15; Efé. 2:19-22; o.a.). Sy bly vir ewig daarop gestig en dus in die Woorde van die Skrif volgens die vroeë Christelike voorbeeld: "En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede" (Hand. 2:42).

18 Die apostel Paulus het reeds toe al gewaarsku dat manne selfs vanuit hul eie geledere sou opstaan met verkeerde leringe (Hand. 20:30). Hy het daarop gewys dat daar in werklikheid selfs toe al 'n ander Jesus en 'n ander evangelie verkondig was, en 'n ander soort gees in werking was (2Kor. 11:4). Die afwykende rigtings – hoewel vroom en "Christelik" – het baie vroeg al ingesluip (Gal. 1:6-10). Hy het beklemtoon dat die verkondiging van die boodskap van verlossing wat aan hom toevertrou was, nie volgens menseguns was, soos dit nou afwykend toegepas word nie. Die Evangelie is aan hom gegee deur 'n direkte openbaring van Jesus Christus (Gal. 1:11-12), wat andere in 'n menslike wetenskap verander het waarvan nie getuig van kon word nie ook nooit sal kan word nie. Deur dit te vergelyk met die Skrif, sal die verskil tussen die ware, ewige Evangelie van Jesus Christus en die gewysigde menslike "evangelie" duidelik wees.