Die Uitdaging van die Christelike Teologie

DIE OU GESKIL

« »

Die godheid was nog altyd 'n uitdaging vir teoloë. Hoekom God in dispuut is, kan regtig nie maklik verstaan word nie; en waarom so baie menings oor Hom bestaan, is totaal en al onbegryplik.

Die lering oor God is in alle denominasies so belangrik dat dit meestal as die eerste artikel van hul geloofswette verskyn. Maar keer op keer ontvlam 'n skerp onvergelykbare dispuut daaroor, of daar ‘n enige, unieke God, 'n twee-persoon of 'n drie-enige God van drie afsonderlik-bestaande, ewig-goddelike persone is. In die Christendom bestaan daar in werklikheid, 'n wye verskeidenheid van idees wat nie bewus is van hierdie, en selfs verskillende weergawes buiten dit. En almal is oortuig van die ‘korrektheid’ van hul eie siening. Ons wil hierdie tema vanuit die bybelse standpunt benader; want net wat die Skrif werklik van getuig, is van toepassing. Wat die Skrif nie uitdruklik leer nie, is interpretasies, en geen waarheid nie.

Met God het alles begin, en die Bybel is werklik die enigste boek op aarde waarin getuig word hoe die Ewige Homself bekend gemaak het uit die staanspoor. Dit maak die Bybel die enigste bindende Absoluut, die maatstaf van alle dinge wat verband hou met God en dit wat kom van Hom af. Die Heilige Skrif, die Ou en Nuwe Testament saam, is 'n goddelike nalatenskap; niemand durf enigiets daarby voeg nie. Die getuienis van God is daarin volstandig en voltooi. Dit begin met die Skepper en die verhaal van die skepping, insluitend die verloop van die geskiedenis van die mensdoms en die heilsgeskiedenis en eindig na die "Laaste Oordeel" in die nuwe hemel en die nuwe aarde (Jes. 65:17; 2Pet. 3:13; Openb. 21:1). Die individuele epogge tydens die tydsbestek van die Ou en Nuwe Testament toon duidelik hul betekenis en doel. Daarin word ook vertel waar die mens vandaan kom en waarheen hy gaan.

Oor God en God se Woord is ontelbare volumes al geskryf en word nog steeds geskryf, in al die tale van die wêreld. Die "Christologiese" botsings – die sogenaamde "Arian dispute" uit die 4de eeu – is welbekend by kenners van kerkgeskiedenis. Mense het probeer om die ondeurgrondelike te peil. Hulle het probeer om die onverklaarbare te verduidelik. Die mens het, soos gelees kan word in die kerkgeskiedenis, filosofies-aanneembare begrippe oor die openbaring van God in Christus ontwikkel, wat die eintlike "steen van aanstoot" en "rots van struikeling" is (Ps. 118:22; Jes. 28:16; Matt. 21:42-44; 1Pet. 2:6-8; ens), waaruit die sogenaamde teologie onwikkel het. Dit is nog steeds 'n deel van die argumente en interpretasies, maar nie van die oorspronklik geopenbaarde waarheid en geloof nie.

Soos aangekondig in die Ou Testament, is hierdie steen verwerp deur die godsdienstige bouers. Hulle het nie geweet waar Hy inpas nie. In hulle bouery het Hy nie ingepas, tot vandag toe nie. Wat onse HERE dan simbolies uitgedruk het, is steeds van toepassing: "Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword; Elkeen wat op dié steen val, sal verpletter word" (Luk. 20:17-18). Petrus het aan die Sanhedrin dieselfde geskrifte gegee (Jes. 8:14-15, Ps. 118:22):

"Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ‘n hoeksteen geword het" (Hand. 4:11). Vir een is Hy bestem tot ‘n val, vir ‘n ander: tot ‘n opstanding – soos Simeon vooruitgesê het (Luk. 2:34). Net waar Hy self Sy Gemeente bou, geniet Hy die voorrang in elke opsig (Kol. 1:14-20), want Hy is bekend as die "hoeksteen en sluitsteen", as die "Alfa en Omega", as "die Eerste en die Laaste". Daar dien die wat Hom glo en met Hom staan. Maar waar mense hul eie kerke bou, het Hy geen regmatige plek nie en is Hy net ‘n aanstoot en struikeling (1Pet. 2:6-8).