Die Uitdaging van die Christelike Teologie
Baie dinge word as vanselfsprekend beskou, maar is alles behalwe vanselfsprekend. Eintlik is niks vanselfsprekend nie.
Vir die oorgrote meerderheid binne die Christendom, is die tradisionele onderrig van die Drie-eenheid "vanselfsprekend"; nog meer: as iemand dit nie herken nie, word hy natuurlik ook nie erken nie. Maar vir die Jode, is dit absoluut onaanvaarbaar, omdat hulle net dit glo wat God en die profete gesê het. Vir hulle is die streng monoteïsme – die geloof in die een en enigste God, buiten wie daar geen ander is nie – die eerste en grootste gebod, wat nie een van hulle mag breek nie. Die 'multi-persoon lering' skend die eerste gebod wat uit die mond van God by hulle kom, op die heftigste wyse. Vir Moslems is die idee dat God, wie hulle Allah noem, as 'n seun uit die hemel op aarde bestaan, die ergste godslastering. Die belangrikste verklaring van die Islam geloof is: "Daar is geen God behalwe Allah!"
Wat vir een vanselfsprekend is, is nie noodwendig vir ‘n ander nie. Ooreenstemming is daar altyd net in die onderskeie godsdienste en denominasies, maar daar is baie, wat beweer dat hulle reg is.
As die onbybelse term 'Drie-eenheid' beteken dat God sou in die Nuwe Testament as ons Vader in die hemel, as ons Verlosser in die Seun op aarde en deur die Heilige Gees geopenbaar word, dan kan ons dit duld. Maar wanneer dit beteken dat die ewige God het 'n tweede en 'n derde persoon van God tot stand gebring, en "die drie is een" in alles, dan moet jy kyk na die saak en eers vra: "Waar in die Bybel verwys dit hierna?". Die antwoord op hierdie vraag moet wees en is: "Nêrens!". In die tweede plek wil ons weet hoe, deur wie en wanneer sulke idees en leringe ontstaan het. In die literatuur oor hierdie onderwerp kan baie dinge gelees word met vele absurditeit waarin ons nie nou in detail kan gaan nie. Maar dit spreek vanself dat onbybelse konsepte nie bybelse waarheid kan bevat nie.
Daar is diegene wat dit waag om krities te vra of die verteenwoordigers van die “Drie-eenheid” ooit 'n presiese idee van die "een God in drie persone" het.
In die CATECHISM OF THE CATHOLIC CHURCH word oor die ‘Drieeenheid’, onder andere, die volgende gesê (bladsy 66, § 251): "In order to articulate the dogma of the Trinity, the Church had to develop its own terminology with the help of certain notions of philosophical origin: ‘substance’, ‘person’ or ‘hypostasis’, ‘relation’ and so on …”
So word hipotetiese filosofiese konsepte weliswaar gebruik om die ‘Drie-eenheid’ dogma te formuleer. Paulus waarsku in Kolossense 2 vers 8: "Pas op dat niemand julle wegvoer deur die wysbegeerte!". Filosowe kan op hul gebied hul filosofie na hartelus gebruik, maar asseblief tog nie oor God nie. Wat het filosofie met God te doen?
Dit is ook van die "oorsprong sonder oorsprong" wat van die "eerste persoon" genoem word; die ander twee “sal hul oorsprong in die oorsprong hê”, ens. Dit moet ernstig gevra word: Is God regtig van alle ewigheid af, maar ook “gelyk geformuleer” in die ekwivalent van drie onafhanklike, goddelike persone van gelyke stof? Is dit selfs moontlik?
Daar was selfs verskillende denkrigtings tussen die Oosterse Kerk en die Kerk van Rome, soos byvoorbeeld, hoe die Heilige Gees as 'n persoon tot stand gekom het, naamlik of dit slegs uit die Vader kom of uit die Vader én die Seun. Op bladsy 65, § 247 van die genoemde Kategismus lees ons:
"Die filioque* het nie verskyn in Konstantinopel (381) se geloofsbelydenis nie" (Dit is ook tyds-gewys baie interessant). Dit gaan verder: "As gevolg van 'n antieke Latynse en Alexandriaanse tradisie, het Pous St. Leo I egter reeds in 447 dogmaties bely (toe eerste?), selfs voor Rome geweet het dat die belydenis van 381 in 451 opgeneem sou word by die Raad van Chalcedonia. Die gebruik van hierdie formulier is geleidelik opgeneem in die Latynse liturgie tussen die 8ste en die 11de eeu (sowat 'n duisend jaar na die apostels). Die onderskeid getref deur die bekendstelling van die "filioque" in die Latynse liturgie van die Nicea-Konstantinopel belydenis, is egter vandag nog 'n punt van omstredenheid vir die Ortodokse Kerke".
Sowel die een asook die ander weergawe van die oorsprong van die Heilige Gees en die goddelikheid in die algemeen, is maar intellektuele konsepte. Wat het 'n Latynse liturgie, 'n belydenis wat deur die verloop van honderde jare heen geformuleer is in 'n dogma, met Christus en die apostels te doen? Beslis niks nie! Elke openbaring van God is realiteit en word net in die Woord bevestig. God het Homself nie verklaar nie en is té verhewe vir ons kennis (Job 36:26). Hy het Homself geopenbaar, alhoewel Hy nog vir baie verborge bly.
Wat sê God self aan ons oor hierdie grootste en mees belangrike onderwerp, wat deur verteenwoordigers van die verskillende standpunte, byna tot die dood verdedig word? Dit is ons vraag! Wat mense sê oor hom, is veelsinnig; Wat Hy sê oor Homself, is duidelik en dit is wat ons wil weet. Is Hy 'n God wat in die Nuwe Testament as Vader bo ons, in die Seun onder ons en in die Heilige Gees in ons geopenbaar is, of is dit drie verskillende persone wat een is? Wat sê die Skrif daaroor? Daar is nie 'n ander outoriteit vir almal wat God waarlik glo nie.
* Die filioque is die lering oor die oorsprong van die Heilige Gees.
In die klassieke leringe oor die 'Drie-eenheid', wat al die staats-, volks-, nationale-en selfs die meeste onafhanklike kerke opgeneem en in gemeen het, is al drie "persone" gelyk in grootte, almagtigheid, alwetendheid en ewigheid. Maar waar staan dit in die Bybel? Natuurlik nêrens nie. Hulle noem dit "die geheim van die innerlike lewe van die 'Drie-eenheid', 'n 'Theologia' wat deur die 'oikonomia' vir ons geopenbaar is" (verw.: KATECHISMUS DER KATHOLISCHEN KIRCHE, bl.94 – Duits, of: CATECHISM OF THE CATHOLIC CHURCH bl.62, §236 – Engels). Dit is op sugself teenstrydig, want as die almagtige in drie verdeel word, daar nie meer die een Almagtige is nie. 'n Mens sou ook dink dat 'n Almagtige – 'n ewige, ‘n alwetende, wat alomteenwoordig is, genoegsaam is. Hierdie "Ewige Een" God het inderdaad altyd, soos die Skrif dit oorweldigend sê, alleenlik van homself gepraat en het nog nooit 'n tweegesprek gelei nie en net by Homself in 'n eed gesweer, nooit by 'n ander persoon nie. Die volgende voorbeelde, onder vele ander, moet genoem word. So spreek die HERE: "Ek sweer by Myself …" (Gen. 22:16). "Ek sweer by Myself …" (Jes. 45:23). "Die Here HERE het by Homself gesweer …" (Amos 6:8). In Hebreërs 6:13 word dit bevestig dat as God iets met 'n eed wou bekragtig, het Hy dit altyd by Homself gedoen. Wat God betref, moet ons die alles-overheersende woorde van Sy mond hoor: "Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE God is, daar is geen ander buiten Hom nie … daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie" (Deut. 4:35+39).