Die Uitdaging van die Christelike Teologie
Dit is betekenisvol dat die sekulêre skrywers wesenlik baie meer uitgesproke en prysenswaardig is as die godsdienstige skrywers.
Die voorstanders van die 'Drie-eenheid' leringe moes, soos met ander onderwerpe, nie net hul eie godsdienstige handboeke nie, maar ook neutrale naslaanboeke, as onafhanklike bronne besigtig. Eintlik moes hulle die Bybel alleen as koers-aanwyser toepas. Elke ensiklopedie wat handel oor die 'Drie-eenheid', berig eenparig dat dit in die Ou en in die Nuwe Testament glad nie gevind word nie. In die eerste Christelike eeue was dit ook heeltemal onbekend. Die Christologiese geskille het eers ten volle uitgebreek net na die laaste algemene vervolging van Christene onder Diocletianus (302-312). Dit was Konstantyn, wat die Raad van Nicea (325) byeengeroep het, spesifiek omdat hy belang gehad het in die politieke eenheid van die Ryk. Daar was egter geen ooreenkoms, nog minder ooreenstemming onder die woordvoerders Athanasius en Arius of onder die meer as twee honderd en vyftig manne wat die verskillende rigtings verteenwoordig het nie. Dit was gevolg deur ander rade. Hulle het daarin meer en meer hul eie formuliere en ontwerpe oor die Godheid, na hulle eie wil, geformeer.
Baie mense het geveg vir waarheid, selfs vooraanstaande teoloë; Maar hulle het dit gedoen sonder om weg van die tradisionele, foutiewe idees te breek. Jy kan nie beide – die Woord en die interpretasie – laat geld nie, nie terselfdertyd reg en verkeerd wees nie. Wanneer die beginpunt verkeerd is en nie uit die Bybel self ontstaan nie, hoe kan die uitslag daarvan korrek wees en in die Bybel eindig?
Professor Emil Brunner het gehandel oor hierdie kwessie in sy boek DIE DRIE-ENIGE GOD. In hoofstuk 16, bladsye 208-244, staan die volgende uittreksels:
"Judaïsme, Islam en rasionele teïsme is monoteïsties. Aan die ander kant, moet ons eerlik erken dat die 'Drie-eenheid’
nie 'n onderwerp van die vroeë nuwe-testamentiese Christendom-proklamasie is nie, maar het die sentrale plek van die eenvoudige Christelike geloofsgemeenskap op ‘n ander tyd betree. So, dit is die middelpunt van die Christelike teologie, maar is dit van die Christelike geloof? Is so 'n verskil tussen teologie en geloof moontlik? Of is dit gebaseer op 'n foutiewe ontwikkeling van die hele Kerk se lering?"
"Die vroeë Christelike Gemeente lewe van die feit dat hulle die Vader het deur die Seun en verbind is aan die Vader en die Seun deur die Heilige Gees"
"Soos die profeet die Woord van God wat na hom kom, bekend maak en uitdra, so is Jesus nou self die een wat gekom het"
"Hy, wat homself in die ware beeld van God is, is Hy wat ons in die beeld van God verander".
"Die Seun is die openbaring van die Vader; as ons Jesus aanroep as die HERE, dan roep ons op Hom wat vanuit die ewigheid en alleen die HERE is, wie ons net ken in Jesus, soos Hy bekend geword en Homself aan ons gegee het".
"Dit kom daarop neer: dat ons in die Seun, en net in Hom, die Vader het en dat ons deur die Seun en net deur Hom, die Heilige Gees ontvang en dat ons net van die Seun deur die Vader ken en van die Gees deelagtig word".
"Die begrip van die 'drie-enige God’ behoort nie tot die getuienis van die proklamasie van die vroeë Christendom nie".
"In Jesus Christus ontmoet ons openbarend, versoenend en verlossend die heilig-barmhartige God, waarin Hy deur die Heilige Gees die histories-gegewene inwendig mag ervaar en ons so daarin insluit".
"Net as dit waar is, dat God self in Christus was, is dit waar dat Hy ons versoen met Homself".
"Slegs die self-sprekende, self-handelende, persoonlik-teenwoordige God is ‘n volkome openbaring en versoening en dit het in Jesus Christus gebeur".
"'n Seun is daar net vanaf die inkarnasie. Maar hierdie een is waarlik God. Christus is 'n soort van teofanie, en God Homself, die Vader, het die doodslyding betree …".
Professor Brunner het beslis geweet van die getuienis van Paulus: "… dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het …". Sulke ware, wonderbaarlike getuienis kom vanaf 'n professor van teologie, wat deel is van die ‘Drie-eenheid’ kamp!
Laat my toe om nog 'n paar historiese werke aan te haal, aangaande hierdie kwessie. Dit sal baie help tot besinning, hopelik vanaf selfversekering tot goddelike versekering bring:
In die geskiedenisboek THE PAGANISM IN OUR CHRISTIANITY vind ons die onvergeetlike sin: "Hierdie term, ‘die Drie-eenheid’ is uitsluitlik van heidense oorsprong".
In die ENCYCLOPEDIA OF RELIGION word verklaar: "Vandag se teoloë is dit eens dat die leer van die ‘Drie-eenheid’ nie te vinde is in die Hebreeuse Bybel nie".
Verder vind ons die volgende in die verklaring: "Die teoloë is dit eens dat die Nuwe Testament geen duidelike lering van die ‘Drie-eenheid’ bevat nie".
Die Jesuïet Edmund Fortmann skryf in sy boek THE TRIUNE GOD: "Die Nuwe Testament skrywers … vertel ons niks van enige formele of geformuleerde leringe oor die 'Drie-eenheid', van 'n duidelike lering dat dit drie gelyke goddelike persone in een God is nie. … Daar is geen bewyse dat enige van die bybelskrywers selfs ‘n 'Drie-heid' in God vermoed het nie.
In die NEW ENCYCLOPÆDIA BRITANNICA word waargeneem: "Nie eens die woord 'Drie-eenheid' óf die lering daarvan as sodanig, kan gevind word in die Nuwe Testament nie.
In die ENCYCLOPAEDIA OF RELIGION AND ETHICS staan: "die Christelike geloof was aanvanklik nie trinitaries nie … dit
was nie in die apostoliese selfs nie in die post-apostoliese tydperk nie, soos ook duidelik is uit die Nuwe Testament en ander geskrifte van die vroeë Christene".
In die NEW CATHOLIC ENCYCLOPEDIA lees ons: "die formulering 'een God in drie persone’ was eers bespeur aan die einde van die 4de eeu en was tot dan nog nie ten volle opgeneem in die Christelike lewe en die Christelike geloof nie".
In die ENCYCLOPEDIA AMERICANA vind ons die sleutel boodskap: "die leer van die 'Drie-eenheid' van die 4de eeu het nie die leringe van die vroeë Christene oor die aard van God behoorlik weerspieël nie; Inteendeel, hulle het hierdie lering vermy".
In die ou Babilonië en Assirië, was daar reeds baie lank voor die tyd van Christus ‘drie-tal’ of ‘drie-eenheid’ gode. Die LAROUSSE ENCYCLOPAEDIA OF MYTHOLOGY berig die volgende oor so 'n drietal in Mesopotamië: "Die heelal is in drie dele verdeel, elke deel was die domein van 'n god … die drietal van die Groot Gode".
Die historikus Will Durand het opgemerk: "Die Christendom vernietig nie die heidendom nie: hulle neem die heidendom in hulself op. … Vanuit Egipte het die voorstelling van 'n goddelike 'Drie-eenheid' ontstaan".
In die boek THE SYMBOLISM OF HINDHU GODS AND RITUALS hoor ons van 'n ‘Drie-eenheid’ van die Hindhus wat eeue voor Christus bestaan het: "Een van die gode van die Drie-eenheid is Shiva. Hy is die verwoester. Die ander twee gode is Brahma, die skepper, en Vishnu, die bewaarder".
Die boek THE CHURCH OF THE FIRST THREE CENTURIES bevat die volgende opsomming: "… dat die leer van die Drie-eenheid geleidelik en relatief laat ontstaan het; dat dit uit 'n bron ontstaan het, wat totaal vreemd aan die Joodse en Christelike geskrifte was; dat dit onder die kerkvaders, met die invloed van Plato, geleidelik sy beslag gekry het en deel geword het van die Christendom"
Die NEW SCHAFF-HERZOG ENCYCLOPAEDIA OF RELIGIOUS KNOWLEDGE bevestig: "Die Logos-en Drie-eenheids-leringe is gevorm deur die Griekse kerkvaders, wat … direk of indirek sterk deur die platoniese filosofie beïnvloed was".
Dit is oorweldigende getuienisse uit verskeie bronne! Mag dit veroorsaak dat elkeen sal nadink ná hierdie duidelike uitsprake.