Die Uitdaging van die Christelike Teologie

GESKIEDENIS BEVESTIG DIT

« »

'n Mens kan dit skaars glo, maar die sekulêre geskiedenis en -navorsers dui die Bybel aan as reg en nie teologiese interpretasies nie.

Die baie voorafgaande stellinge oor die omstrede onderwerp stem ooreen en gee die Bybel aan as korrek. Niemand kan daarby verby kom nie. Ons moet onsself afvra wat Christene hoegenaamd te doen het met die ‘godheid’ strukture en idees wat afkomstig is van die antieke heidendom, waar kennis verlos, in plaas van die offerhande? In die Mitras-kultus, word benewens die drie-ledige begrip, ook die volgende tesis gevind: "In 'n tweede skepping word die ‘Grote Vader’ vanuit die lewende gees gegenereer". Die ‘Grote Vader’ stuur ‘n ‘derde boodskapper’ wat die duiwels verslaan" – CHRONIC DER MENSCHHEIT ("Geskiedenis van die Mensdom").

Wie die baie 'Drie-eenheids' strukture in die boek DIE DREIKÖPFIGE GOTTHEIT (Die Drie-koppige Godheid) van Willibald Kirfel bestudeer het, is van mening dat dit baie soortgelyk is as die illustrasies van die 'Christelike' "Drie-eenheid". Van die Katoliek-georiënteerde HERDER LEXIKON heg ons net een bladsy aan (aanhegsel II). Die prentjies is genoeg om skokgolwe te veroorsaak. Ons sien uit die werklike verwikkelinge dat God met Sy menslike inkarnasie nie alleen as Immanuel in die hande van die mens geval nie, Sy Woord het ongelukkig ook in menslike hande geval.

Hou die hande weg van God af! Dis nie ons wat Hom gemaak het nie; Hy het ons geskape! Hy is nie soos ons dink dat Hy is nie; Hy is soos Hy Homself aan ons in Sy menigvuldigheid voorgestel het!

Nie net teoloë en historici nie, maar ook ander hoog-geplaasde persoonlikhede het kommentaar gelewer oor die 'Drie-eenheid'. In ons land vind ons die name van bekendes vanaf Moses Mendelssohn tot by die Duitse oud-kanselier Helmut Schmidt. Moses Mendelssohn het geskryf: "Ek kan nie enige getuienis vertrou wat, na my mening, in stryd is met die daargestelde, onweerlegbare waarheid nie. Volgens die leer van die Nuwe Testament, soos dit verduidelik word in openbare handboeke, moet ek, (1) 'n 'drie-eenheid' in die goddelike wese, (2) die inkarnasie van 'n godheid, (3) die lyding van 'n persoon van die Godheid, wat Homself geledig het van Sy goddelike Majesteit, (4) die tevredenheid en bevrediging van die eerste persoon in die Godheid deur die lyding en dood van die vernederde tweede persoon en vele ander dinge soortgelyk hieraan, glo, tot verlies van my ewige saligheid".

"As ek hierdie leringe in die Ou Testament vind, sal ek die Ou Testament moet weggooi, en as 'n wonderwerk-werker, om dit te bewys, voor my oë al die dooies opwek wat reeds vir eeue begrawe is, sou ek sê dat die wonderwerk-werker die dode opgewek het, maar sy leringe sal Ek nie aanvaar nie" – H.-J. Gamm, DAS JUDENTUM (Die Jodedom).

Helmut Schmidt het in 'n onderhoud gesê: "Ek glo dat God die HERE van die geskiedenis is, maar waarom Hy 'drie-enig' moet wees, is nie vir my duidelik nie" (ACP Tydskrif 4/1997).

Net dit wat duidelik is, is wat waar is. Alles wat onwaar is, bly onduidelik. Deur die woorde van die apostel weerspreek God almal op ‘n blatante wyse, wat leer dat Hy ‘n 'Drie-enige' is: "En die middelaar is nie net vir een nie; maar God is een!" (Gal. 3:20). Daar staan eintlik nie 'n enkele keer in die Bybel dat Hy 'drie-enig' is nie. Dit kan 'n mens skok, want tot nou toe het ons dit nog nie anders gehoor nie. Die 'Drie-eenheid' is inderdaad die "belangrikste woord" – die "Allerheiligste" van teologie. Maar in die woordeskat van God kom dit nie voor nie!

Die kwessie van die Godheid moet ons bewus daarvan maak dat ons die heilige openbaringsgrond betree wat vir die verstand ontoeganklik is en geslote bly. Al die Christelike "onderrig stelsels" beroep hulle op die Bybel. Die beroepe op God se Woord is uiters belangrik; Maar dit gebeur met 'n bepaalde doel, waarby gedeeltes uit verband geruk en in hul eie konsep geplaas word. Dit is daarmee skoon vergelykbaar met wat die vyand in die tuin van Eden met dit wat God gesê het, gedoen het.

Die woorde van die HERE: "… van al die bome van die tuin mag jy vry eet …" het die vyand verkeerdelik aangebied deur ‘n "nie" by te voeg "Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?". Die vyand bly altyd met die onderwerp, maar nooit met die waarheid nie. Dit herinner ons ook aan hoe Satan gekom het om ons HERE te versoek met die woorde "… daar is geskrywe", om Hom te bring by die punt om te val deur die verkeerdelike toepassing van die Skrif en om dit uit verband te ruk. Maar Jesus het hom ontmoet met: "daar is óók geskrywe…" Dit is die belangrikste ding. Dit gaan nie net oor bybelgedeeltes wat almal versier, waarop almal aanspraak maak en vir hulself voortrek nie, dit gaan veral ook oor dit wat uitgelaat en omseil word.

Nie 'n enkele woord, of 'n uitspraak in die Bybel durf vervang of uit die gegewe konteks geneem word nie. Alles behoort waar dit is, en moet bly soos dit is. Wanneer daar staan "God", moet "HERE" nie in die plek daarvan gebruik word of bygevoeg word nie. Waar "Vader" staan behoort "Vader" daar en kan dit nie vervang word deur "Seun" of andersom nie. Nie die Vader, maar die Seun het gesterwe, wie die HERE is.

Ons is ook nie kinders van die HERE of van die Seun nie, maar die kinders van God en kan aan God "Abba, Vader" sê. Dieselfde geld vir "Seun van die mens", "Seun van God", "Seun van Dawid" en al die ander benaminge; in die plek waar dit geplaas is, dáár is waar dit behoort. Wie dit nie respekteer nie, het nie ‘n begrip, dat God alles in die Skrif verorden het nie en andersins veroorsaak dit ‘n groot gemors.

Vroeër of later word elke mens gekonfronteer met die onderwerp oor God. Veral teoloë probeer om Hom te verduidelik en te begryp. Maar teoloë is nie profete nie en apologete is geen apostels nie. Hulle het die letter van die Woord, wat hulle met die verstand probeer bemeester. maar vir ewig bly wat Paulus sê: "Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God" (1Kor. 2:10).