Die Uitdaging van die Christelike Teologie

GOD SE BEKENTENIS

« »

Net wat God sê in Sy Woord is Sy bekentenis. Hy het Homself daarin geopenbaar en Sy eienskappe daarin bekend gemaak.

Ons moet eintlik onsself hart-en sielsbewegende vrae afvra: Glo die oorweldigende meerderheid in die Christendom in 'n God wat hulle gevorm en geformuleer het, maar wat in werklikheid glad nie bestaan nie? Fundamentele vrae hang in die lug, wat ons nie langer kan vermy nie. Dit is nie die interpretasie van die Skrif en tradisie wat iewers begin het nie, maar "Sola Scriptura" – alleen die Skrif met sy ewige, voortdurende geldigheid, wat die basis van 'n ware geloof kan en moet wees. Ons moet die spore van God nagaan, van die begin af, naamlik, vanaf die oomblik toe Hy uit die ewigheid in tyd in getree het: heel aan die begin. Ewigheid het geen begin en sal geen einde hê nie. Tyd het ‘n begin en tyd sal eindig. Niemand kan in die ewigheid in kyk nie. Alles, wat mense dink hulle weet daaroor, is blote spekulasie. Maar God, die Ewige, is nie 'n voorwerp van spekulasie nie, nog minder 'n geval vir die wetenskap.

Hy wie die hoogste reg het om oor enige aangeleentheid te praat, sal hier die geleentheid gegee word om ons deur Sy Woord te antwoord. Op elke bybelse vraag, is daar 'n bybelse antwoord. Na al die leerstellige geskille dwarsdeur die hele kerkgeskiedenis, moet die hele argument oor die Godheid vir eens en vir altyd nou op die proef gestel en verlig word uit die Heilige Skrif. Die onbeweeglike grondslag van die apostels en die profete, soos dit in die Woord van God vasgelê is, is die enigste geldige maatstaf.

Sedert die vroegste tye was mense nog altyd verkeerd, soos Paulus dit duidelik stel: "… God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig …" (Rom. 3:4). Of hy nou in purpur geklee is, of in blink wit klere, in ‘n toga of as ‘n bedelaar: sonder uitsondering is elke persoon wat gebore is in hierdie skynheilige wêreld en wat nie presies sê wat God sê nie, ‘n leuenaar.

Eers die oomblik wanneer die HERE Homself geopenbaar het, kan ons Hom volg in Sy openbaringe. Aan "Die Begin" ontmoet ons Hom as die Skepper, nie as Vader nie. Dwarsdeur die Ou Testament tree Hy 6,700 keer op as "die HERE God". Dit was eers in die Nuwe Testament dat Hy ons ontmoet as Vader deur die Seun. Hierdie feit is van uiterste belang, want net in Jesus Christus, die Seun van God, het God ook ons hemelse Vader geword.

Daarom moet ons begin met die Ou Testament, wat die grondslag vir die nuwe vorm. Die HERE Jesus en die apostels kon net leer vanuit die Ou Testament, omdat die nuwe nog nie geskryf was nie. Hulle het gewys dat wat beloof was met die oog op die koms van die Messias, vervul was (Luk. 24; Hand. 28:23 o.a.) Volgens dr. Clarence Larkin, 'n uitstaande historikus van die engelssprekende wêreld, is daar 109 voorspellings in die Ou Testament wat by die eerste koms van Christus vervul is, en dat daar 845 aanhalings uit die Ou Testament in die Nuwe is, waarvan presies 333 op Christus betrekking het. In die aankondigings in die Ou Testament word beide die goddelike sowel as die menslike aspekte van die Verlosser beskryf.

Ons volg God in die menigvuldigheid van Sy openbaringe (theophanies) vanaf die begin van tyd in die Ou Testament tot Sy selfopenbaring in die Seun in die Nuwe Testament, en uiteindelik tot die oorgang vanaf tyd tot in die ewigheid, wanneer die openbaring van die Seun sal insmelt in God, vanwaar Hy na vore gekom het: "En wanneer alles aan Hom onderwerp is, alle dinge blootgestel word, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees" (1Kor. 15:28 o.a.). Net soos God in die ewigheid was,

sal Hy in ewigheid wees, ten spyte van Sy veelvuldige manifestasies. Die tydelike onderbreking deur die val van die mens het Sy verskeie manifestasies nodig gemaak ter verwesenliking van Sy plan van verlossing.

Op die berg Sinai was die vir-ewig-bindende woorde uit die mond van die Almagtige uitgereik aan Sy mense: "Hoor, Israel! Die HERE onse God is ‘n enige HERE. Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en jou hele siel en met al jou krag …" (Deut. 6:4-9). In die Nuwe Testament staan: "En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die HERE onse God, is 'n enige HERE; en jy moet die HERE jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag … en die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie" (Mk. 12:29-32).

Die belangrikste 'credo' van Israel bestaan uit vier woorde, Adonai Elohenu Adonai Echad = HERE Elohim HERE ALLEEN. In die presiese vertaling lees dit: Jahweh Elohim, Jahweh Enige. Dit is die verenigde getuienis van God en Sy profeet, die ooreenstemmende getuienis in die Ou en Nuwe Testament. So sê die HERE: "Julle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is – voor My is geen God gevormeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie ; Ek (alleen) is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie … en Ek is God" (Jes. 43:10-12). God het nooit van Homself in die meerderheid gepraat nie, nog minder van verskillende persone nie. Geen profeet het dit ook ooit gedoen nie. Dit is inderdaad gebore uit 'n misverstaande leringsopvatting. God was nog nooit deur Sy mense in ‘n meervoudsvorm aanbid nie.

Paulus beklemtoon die feit dat God die een en enigste is, in die volgende: "… aangesien dit inderdaad een God is …" (Rom. 3:30). In die verduideliking is niks onseker nie, inteendeel beklemtoon hy dat "aangesien" met betrekking tot die een en enigste God is en eindig sy brief met die stelling: "… aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen" Die apostel Judas het sy brief ook so afgesluit: "… aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen" (v.25).