Die Uitdaging van die Christelike Teologie
In die begin was die Woord, nie die interpretasie nie. Die woordbegrip "begin" ontmoet ons 'n paar keer. "In die begin het God …" (Gen. 1:1). "… U, o HERE, het in die begin die aarde gegrondves, en die hemele is werke van u hande" (Heb. 1:10; Ps. 102:26). "In die begin was die Woord …" (Joh. 1:1). "Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe …" (1Joh. 1:1, o.a.). Die bekende Griekse woord vir die eerste boek van Moses "Genesis" beteken "die begin". Die Hebreeuse woord vir dit is "Bereschit" en beteken "oorsprong". In die boek van Genesis vind ons die oorsprong van alle dinge, die oorsprong van God se openbaring, die oorsprong van die skepping, die oorsprong van die heelal, die oorsprong van alle lewe, ens. Voor die "begin" was die ewigheid.
In die eerste vers van die eerste hoofstuk van die Bybel vind ons God die Skepper. In die Hebreeuse teks is daar die naam vir God, Elohim. "In die begin het Elohim … geskape". In daardie woordterm is 'n meervoud in die enkelvoud, want God – Elohim – is nie net Skepper nie, Hy is veel meer: Hy is ook Onderhouer, Redder, Koning, Herder, Verlosser, Regter – alles in almal. Elohim word gebruik in verband met Sy belangrikste eienskappe, wat ons ook vind in Jahweh – HERE – waarin en waardeur Hy Homself manifesteer. Die voldoendelike afkorting El, verwys na die Almagtige, soos bv Immanu-El = "God met ons", so ook die afkorting Jah, wat Jahweh aandui, soos met Hallelu-Jah = "lofprysing aan Jahweh." So ook Eli-Jah "God is Jahweh," Dani- El = "God is Regter," Isra-El = "soldaat van God", Jesa-Jah = "Jahweh is Verlossing", Jedid-Jah = "Jahweh Liefling", ens. "Elohim" is nie 'n naam nie, maar is die aanwysing van God self.
"Jahweh" is die verbondsnaam, in wie en met wie God Homself in die Ou Testament gemanifesteer het.
Die HERE God het Homself aan Abraham geopenbaar as El Shaddai (Gen. 17:1) = die "voldoener", die "alles-versorgende", nadat Hy hom in Exodus 14:18-20 as Melgisedek in die gestalte van ‘n koning ontmoet het. Volgens Hebreeus 7 is hierdie Melgisédek self die Koning van Vrede, Koning van Salem, die Koning van Geregtigheid. In die Ou Testament het die HERE nog nie ‘n mens geword nie en was nog nie gemanifesteer as die Seun nie en dus word daar korrek geskryf dat Hy nie vader of moeder of voorvaders gehad het nie. "God, die Allerhoogste" was die een wat Abraham geseën het as El Elyon met die woorde: "Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde" Toe het God vir Abraham tegemoet gegaan as El Olam – die "Ewige God". In Jesaja 9:5 word Hy in verband met die belofte van die geboorte van die Seun El Gibbor = "Sterke God" genoem, ens.
Die spesiale theophanies/self-openbaringe van God as Jahweh – "HERE", het reeds gebeur met die oog op Sy menswording: Jahweh-Jireh = "die HERE berei/sorg vir 'n slagoffer" (Gen. 22:13-14); Jahweh-Rafa = "die HERE genees, red" (Exo. 15:26); Jahweh- Nissi = "die HERE, my banier/vaandel" (Exo. 17:8-15); Jahweh- Shalom = "die HERE, ons vrede" (Rig. 6:23-24); Jahweh-Rã-ha = "die HERE, my herder" (Ps. 23.); Jahweh-Tsidkenu = "die HERE, ons Geregtigheid" (Jer. 23:6); Jahweh-Shammah = "die HERE is teenwoordig" (Ese. 48:35). Om alle behoeftes in die skepping en verlossing te bevredig, het God Homself voldoende geopenbaar as "die HERE ". In Sy menigvuldigheid het Hy al Sy eienskappe bekend gemaak en Homself daarin geopenbaar, maar tog altyd dieselfde gebly.
Vanaf Genesis 2:4 vind ons die woord-kombinasie "Elohim-Jahweh" – God die HERE. Voor dit vind ons 35 keer net "Elohim". Hierdie geheimnisvolle verskynsel kan nie nou hier in detail bespreek word nie. Die HERE – Jahweh – is die sigbare vorm van die onsigbare God. God is in Sy wese, gees (Joh. 4:24).
"… die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God …" (1Tim. 1:17) "… wat alleen onsterflikheid besit, en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie …" (1Tim. 6:16). Die geliefde dissipel van onse HERE getuig: "Niemand het God ooit aanskou nie …" (1Joh 4:12a). Maar op die wyse en gestalte waarin Hy Homself geopenbaar het, het mense hom gesien! Adam, Abraham, Moses, Miga, Esegiël, Daniël en die ander profete het "God die HERE" gesien. In die Nuwe Testament openbaar dieselfde God – Elohim – Homself as Vader in 'n sigbare, liggaamlike vorm in die Seun, wie die "HERE" is. "Hy wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag …" (Heb. 1:3). Thomas roep by die aanskoue van die Opgestane oorweldig uit "My HERE en my God!" (Joh. 20:28).
Van die begin af het die onsigbare Elohim verskyn vanuit sy ewige heerlikheid en saligheid, vanuit die volheid van lig en lewe, as "die HERE" in 'n sigbare vorm. In hierdie oorspronklike begin was die Woord, die Logos, die "HERE", gesien buite die ewige volheid van God, die Woord wat met God was (Joh. 1:1), werkend as die handelende, wandelende en Gebiedende, die Skepper van alle dinge (Kol. 1:16a).
Die "HERE" is God; geen ander nie, maar altyd dieselfde. Die Gees van God het in die skepping alreeds as die hitte-uitstralende, lewendmakende krag van God oor die waters gesweef (Gen. 1:2). Dieselfde Gees van God, het as die Heilige Gees, op Pinksterdag as die goddelike lewe-werkende krag van God, op die verloste Gemeente gekom. Beide manifestasies van God, as die "HERE" in 'n sigbare vorm en die Gees van God, swewend bo die waters, was nog nooit as afsonderlike persone beskou nie. God is Gees, en God is die "HERE" en "HERE" is God en die "HERE" is die Gees (2Kor 3:17). Slegs wanneer dit so aan ons geopenbaar word, kan ons bybels sê: "Jesus is die HERE" en saam met Paul getuig: "… en niemand kan sê dat Jesus die HERE is nie, behalwe deur die Heilige Gees" (1Kor. 12:3b).