Die Uitdaging van die Christelike Teologie

IN DIE HEMEL EN OP AARDE

« »

Dat God alomteenwoordig is, behoort onomstrede te wees, want alles, die hele heelal wat hy geskep het, leef en bestaan slegs deur Hom.

Die HERE God het onder geweldige donder en weerlig, onder trompetgeskal, in vuur gehul, neergedaal op die berg Sinai. "En op die berg Sinai het U neergedaal en met hulle gespreek uit die hemel, en U het aan hulle regte verordeninge en betroubare wette, goeie insettinge en gebooie gegee" (Neh. 9:13). Die HERE God was op die berg Sinai, maar Sy stem het weergalm uit die hemel: "Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het" (Ex. 20:22). God kan alles doen. Hy kan verskyn in 'n sigbare vorm, as 'n Engel van die verbond, omring deur vuur en van aangesig tot aangesig met Moses praat, terwyl Hy terselfdertyd Sy stem uit die hemel laat hoor. Hoekom nie? Hy is tog alomteenwoordig as Gees, selfs al manifesteer Hy op dieselfde oomblik in 'n sigbare vorm. Wie is daar wat wil sê wat God nie kan of moet nie, of hoe Hy Homself moet openbaar? Net so kan Hy aan Israel as die "Engel van die verbond" verskyn en in die "wolk" en "pilaar van vuur" beskermend oor Israel dag en nag beweeg (Ex. 13:21) en ook op die troon in die hemel sit. Daarbenewens kan die HERE gelyktydig as die geestelike rots, wat Moses geslaan het, Sy volk vergesel en aan hulle water gee (1Kor. 10:4).

Dieselfde God kan as die Heilige Gees in die fisiese gestalte van 'n duif sigbaar neerdaal op Sy Seun op die aarde maar Sy stem uit die hemel laat hoor wat uitroep: "Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het" (Matt. 3:17). Dieselfde woorde het uit die hemel weerklink op die Berg van Verheerliking: "Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!" (Matt. 17:5), soos Petrus getuig: "En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was (2Pet. 1:18). Die wolk van heerlikheid het hulle oorskadu (vers 5), maar die stem het uit die hemel gekom, soos die apostel as oog-en oor getuienis getuig.