Die Uitdaging van die Christelike Teologie

DIE HERE BESOEK SY PROFEET

« »

In die Ou Testament het die HERE gekom om te besoek; in die Nuwe het Hy gekom om by ons te bly tot aan die einde van die tyd (Matt. 28:20), soos Hy belowe het: "Ek gaan weg en kom weer na julle toe" (Joh. 14:28).

In Genesis 18 het die HERE Sy dienskneg Abraham met twee engele besoek. Daar het skielik drie manne voor hom gestaan (vers 2). Hy het met een van hulle gepraat en gesê: "My Heer, as ek nou genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie" (vers 3). Die gesprek het plaasgevind tussen die HERE en Abraham, wie by ‘n hemelse besoek, 'n aardse maaltyd bedien het: "… wat hy klaargemaak het, en sit dit aan hulle voor, terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan; en hulle het geëet" (18:6-8). Reeds in die Ou Testament het die HERE menslike vorm aangeneem, geëet en gedrink saam met Sy vriend Abraham.

Uit vers 16 word ons vertel dat die drie manne opgestaan en gekyk het na Sodom. Maar die HERE het by Abraham, Sy profeet agtergebly (vers 17), van wie af Hy nie geheim kon hou wat Hy in gedagte gehad het om te doen nie, want daar is geskrywe: "Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie" (Amos 3:7). Die twee engele, wat ook manne genoem word, het na Sodom gegaan (Gen. 18:22) en het in die aand in die stad aangekom (Hoofstuk 19:1). Die lering dat die drie manne die Vader, die Seun en die Heilige Gees was, is godslastering. Die twee engele was so geheel en al mens – nie Godspersone nie – dat hulle die berugte manne in Sodom kon aanvat (Gen. 19). Dit is smaakloos en lasterlik om te insinueer dat bv. die Seun en die Heilige Gees die begeerte van homoseksuele mans in Sodom verwek het. Dit is die hoogtepunt van die trinitariese godslastering, waarby enige respek natuurlik vir die heiligheid van God verloor word.

Elke keer as die woord ‘engel’ gebruik word, is dit gebaseer op die woord ‘angelos’, wat "bode" of "boodskapper" beteken. Daar is enersyds hemelse wesens wat 'n boodskap moet lewer; aan die ander kant verwys die skrif na mense wat 'n bevel van God gegee word (Hag. 1:12+13 o.a.). In Openbaring 2 en 3 lees ons sewe keer: "skryf aan die engel van die gemeente …". Wanneer die HERE God 'n boodskap het om te bring, verskyn Hy ook as 'n Engel; as HERE beveel Hy, as God word Hy aanbidding toegedeel.

In Exodus 3 praat die profeet van sy bonatuurlike "doringbos ervaring". Die een God, wat 'n verterende vuur is, verskyn daar as "Engel van die HERE", in 'n vuurvlam (vers 2). Drie begrippe word by hierdie gebeurtenis genoem: "Engel van die HERE", "HERE" en "God": "Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses!" (vers 4). Tog was daar net een aanwesig, God die HERE, wat gesê het van Homself: "Daarom het ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos …" (vers 8). Dit gebeur in 'n sigbare gestalte in verband met die heilbringende boodskap van verlossing.

Met die neerlegging van die wet, soos met die skepping, was die engele teenwoordig. Dit word herhaaldelik gesê: "Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was …" (Heb. 2:2a.) en: (Hand. 7:53) "julle wat die wet deur die beskikkinge van engele ontvang het …". Maar Moses was net die bemiddelaar tussen "die Engel wat op die berg Sinai met hom gepraat het," en die mense (Hand. 7:38). Selfs al was die engele teenwoordig, was dit nog steeds die HERE, wat as "Engel van die Verbond" gepraat het. "Want die HERE is ons Regter, die HERE is ons Wetgewer (oorspr.), die HERE is ons Koning: Hý sal ons red" (Jes. 33:22).

In hierdie konteks moet ook Genesis 1 gesien en verstaan word. Die profete en apostels het nie na die "ons" in Genesis 1, "Laat Ons mense maak na ons beeld …", as verskeie persone in die Godheid verwys nie. Ook het daar geen vergelyking ooit plaasgevind van gees, siel en liggaam as Vader, Seun en Gees nie. As iemand dit beweer, moet hy asseblief sê waar dit so geskryf staan? Paulus skryf: "… dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie …" (1Kor. 4:6b). Wie verder gaan as die geskrewe Woord, stort in een oor die afgrond van hul eie denke.

Die antwoord op wat die HERE bedoel met die "Kom ons …", kom van Hom self en vind ons in die Skrif. In Job 38:4-7 vra God Sy kneg: "Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? … toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het". Dus was die engele teenwoordig toe God die aarde gebou het en Adam na Sy beeld geskape het. Dit is wat die Skrif aan ons getuig. Engele is geskape seuns van God wat weer en weer voor God verskyn: "En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel …" (Job 1:6; Job 2:1, ens). In Genesis 11, gebruik die HERE weer die "Laat ons …" op menslike wyse. In vers 7 staan: "Kom, laat ons neerdaal …" Maar dit is die HERE wat alles skep en werk. Die engele omring Hom; hulle het met Hom saamgegaan selfs na Bethlehem (Luk. 2:8-14).

Die profeet Jesaja skryf in hoofstuk 6 oor hoe hy die HERE op die troon sien sit het, omring deur die hemelse leërskare wat Hom toeroep en sê: "Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare" (vers 3). In vers 8 berig hy oor die gesprek van die HERE met die engeleskare: "Daarop hoor ek die stem van die HERE wat sê: "Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan?"

Die profeet Miga het volgens 1Konings 22 en 2Kronieke 18 in die gees die gesprek gehoor wat die HERE in die hemel gevoer het. Hy het getuig: "Ek het die HERE sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter-en aan sy linkerhand" (22:19b). Soos die teks sê, het die gesprek plaasgevind met die engele wat rondom Hom was. Engele is dienende geeste (Heb. 1:14), wat menslike vorm het. Met die "Laat ons …" het die vyand, sedert die "Babiloniese inval" in die 4de eeu, die Woord in die kop en mond van die skrifgeleerdes verdraai. Daar is 'n ware taal verwarring, oor alle bybelse temas soos met die Toring van Babel. Die terme is behou, maar is ander betekenisse gegee. Is dit nie opvallend, byvoorbeeld, dat die kerkgebou eers 'n toring gekry ná die godsdienstige verwarring gekom het? In die eerste Christelike eeue het hulle die karakter van sinagoges gehad. Die "ons" verwys eintlik altyd na die engele wat God die HERE omring, aan hom onderdanig en diensbaar is en met wie Hy praat. Na onse HERE die versoekings in Matthéüs 4 oorleef het, het engele na Hom gekom en Hom bedien (v.11).

"Die HERE God" het in die paradys geloop en het in die aandwindtjie met die mens, wat Hy na Sy beeld geskape het, gewandel. Die beeld van God is die gestalte van 'n man, wat ook dié is van engele; so word dit oorweldigend van getuig in die Woord. Toe die engel Gabriël na Daniël gestuur was, het die profeet gesê: "… en kyk, daar het iemand voor my gestaan wat soos 'n man gelyk het" (Dan. 8:15b). "… terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, ‘n vorige keer in ‘n gesig gesien het …" (9:21). Gérubs en Serafs, egter, is wesens met vlerke wat bestem is vir die voortdurende aanbidding van God.

Die profeet Esegiël het die HERE God op die troon sien sit, in die gestalte van 'n man: "… En bokant die uitspansel wat oor hulle hoof was, was iets wat soos saffiersteen gelyk het, in die gestalte van 'n troon; en op hierdie troongestalte ‘n gestalte wat soos 'n mens gelyk het …" (verse 26-28). Johannes het ook net een op die troon gesien, en hy kon hom akkuraat beskryf (Openb. 4). Wanneer het 'n profeet of apostel ooit drie goddelike persone op die troon gesien? Natuurlik nooit nie! Johannes getuig: "En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut" (Openb. 21:5).

Van engele word altyd in die meervoud gepraat en van God, net in die enkelvoud: "Jakob het ook verder gereis, en die engele van God het hom ontmoet. Toe hy hulle sien, sê Jakob: "Dit is ‘n leër van God! En hy het die plek Mahanáim genoem" (Gen 32:1-2). Hy het toe tot dagbreek geworstel met God, wat in die gestalte van 'n man verskyn het en hom selfs op die heup geslaan, sodat hy voortaan mank was (Gen. 32:24-32). Jakob was verander deur sy ervaring met God en van daardie oomblik af was hy "Isra-el" (soldaat van God) genoem. Hy het die plek Pni-el (aangesig van God) genoem, want, het hy gesê: "Ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered" (vers 31). In Genesis 48:15-16, het hy getuig: "… die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe, die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het …". Die profeet Hosea weergee die wedervaring wat Jakob gehad het so: "… in sy manlike krag het hy met God geworstel; Ja, hy het met die Engel geworstel en die oorhand gekry, hy het geween en hom gesmeek. By Bet-el het hy Hom gevind, en daar het Hy met ons gespreek – die HERE God van die leërskare, HERE is Sy gedenknaam" (12:4-6).

Dit word toenemend opwindend in die voetspore van God en Sy menigvuldige openbaringe. ‘n Mens moet die aard van elk van Sy openbaringe sien in verband met die doel daarvan. In Exodus 23:20-21 sê God: "Kyk, Ek stuur 'n engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het. Neem jou in ag vir Hom, en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is iń Hom". Hy verskyn as ‘n engel (Ex. 32:34) wanneer Hy 'n boodskap bring, daarom word Hy ook Engel van die verbond (Mal. 3:1; Hand. 7:30-38) en Engel van Sy aangesig genoem (Jes. 63:9). God was persoonlik in die gestalte van die Engel van die verbond onder Sy volk gewees: "En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie" (Ex. 33:14-15). So spreek die HERE van Homself as 'n persoon, naamlik van Sy direkte teenwoordigheid. In die laaste aankondiging oor die eerste koms van die HERE, sê dit: "Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die HERE na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare" (Mal. 3:1). Johannes die doper was die boodskapper, die engel, die voorloper en pionier van wie Maleagi en Jesaja geprofeteer het (Matt. 11:10; Mark. 1:1-3, ens), en Jesus Christus is die "HERE", die Seun van God wat die nuwe verbond oprig en, volgens Openbaring 10, aan Israel neerdaal as die Engel van die Verbond.

In die Ou Testament het die HERE gekom om te besoek; in die Nuwe het Hy gekom om by ons te bly tot aan die einde van die tyd (Matt. 28:20), soos Hy belowe het: "Ek gaan weg en kom weer na julle toe" (Joh. 14:28).

In Genesis 18 het die HERE Sy dienskneg Abraham met twee engele besoek. Daar het skielik drie manne voor hom gestaan (vers 2). Hy het met een van hulle gepraat en gesê: "My Heer, as ek nou genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie" (vers 3). Die gesprek het plaasgevind tussen die HERE en Abraham, wie by ‘n hemelse besoek, 'n aardse maaltyd bedien het: "… wat hy klaargemaak het, en sit dit aan hulle voor, terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan; en hulle het geëet" (18:6-8). Reeds in die Ou Testament het die HERE menslike vorm aangeneem, geëet en gedrink saam met Sy vriend Abraham.

Uit vers 16 word ons vertel dat die drie manne opgestaan en gekyk het na Sodom. Maar die HERE het by Abraham, Sy profeet agtergebly (vers 17), van wie af Hy nie geheim kon hou wat Hy in gedagte gehad het om te doen nie, want daar is geskrywe: "Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie" (Amos 3:7). Die twee engele, wat ook manne genoem word, het na Sodom gegaan (Gen. 18:22) en het in die aand in die stad aangekom (Hoofstuk 19:1). Die lering dat die drie manne die Vader, die Seun en die Heilige Gees was, is godslastering. Die twee engele was so geheel en al mens – nie Godspersone nie – dat hulle die berugte manne in Sodom kon aanvat (Gen. 19). Dit is smaakloos en lasterlik om te insinueer dat bv. die Seun en die Heilige Gees die begeerte van homoseksuele mans in Sodom verwek het. Dit is die hoogtepunt van die trinitariese godslastering, waarby enige respek natuurlik vir die heiligheid van God verloor word.

Elke keer as die woord ‘engel’ gebruik word, is dit gebaseer op die woord ‘angelos’, wat "bode" of "boodskapper" beteken. Daar is enersyds hemelse wesens wat 'n boodskap moet lewer; aan die ander kant verwys die skrif na mense wat 'n bevel van God gegee word (Hag. 1:12+13 o.a.). In Openbaring 2 en 3 lees ons sewe keer: "skryf aan die engel van die gemeente …". Wanneer die HERE God 'n boodskap het om te bring, verskyn Hy ook as 'n Engel; as HERE beveel Hy, as God word Hy aanbidding toegedeel.

In Exodus 3 praat die profeet van sy bonatuurlike "doringbos ervaring". Die een God, wat 'n verterende vuur is, verskyn daar as "Engel van die HERE", in 'n vuurvlam (vers 2). Drie begrippe word by hierdie gebeurtenis genoem: "Engel van die HERE", "HERE" en "God": "Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses!" (vers 4). Tog was daar net een aanwesig, God die HERE, wat gesê het van Homself: "Daarom het ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos …" (vers 8). Dit gebeur in 'n sigbare gestalte in verband met die heilbringende boodskap van verlossing.

Met die neerlegging van die wet, soos met die skepping, was die engele teenwoordig. Dit word herhaaldelik gesê: "Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was …" (Heb. 2:2a.) en: (Hand. 7:53) "julle wat die wet deur die beskikkinge van engele ontvang het …". Maar Moses was net die bemiddelaar tussen "die Engel wat op die berg Sinai met hom gepraat het," en die mense (Hand. 7:38). Selfs al was die engele teenwoordig, was dit nog steeds die HERE, wat as "Engel van die Verbond" gepraat het. "Want die HERE is ons Regter, die HERE is ons Wetgewer (oorspr.), die HERE is ons Koning: Hý sal ons red" (Jes. 33:22).

In hierdie konteks moet ook Genesis 1 gesien en verstaan word. Die profete en apostels het nie na die "ons" in Genesis 1, "Laat Ons mense maak na ons beeld …", as verskeie persone in die Godheid verwys nie. Ook het daar geen vergelyking ooit plaasgevind van gees, siel en liggaam as Vader, Seun en Gees nie. As iemand dit beweer, moet hy asseblief sê waar dit so geskryf staan? Paulus skryf: "… dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie …" (1Kor. 4:6b). Wie verder gaan as die geskrewe Woord, stort in een oor die afgrond van hul eie denke.

Die antwoord op wat die HERE bedoel met die "Kom ons …", kom van Hom self en vind ons in die Skrif. In Job 38:4-7 vra God Sy kneg: "Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? … toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het". Dus was die engele teenwoordig toe God die aarde gebou het en Adam na Sy beeld geskape het. Dit is wat die Skrif aan ons getuig. Engele is geskape seuns van God wat weer en weer voor God verskyn: *"En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel …"* (Job 1:6; Job 2:1, ens). In Genesis 11, gebruik die HERE weer die "Laat ons …" op menslike wyse. In vers 7 staan: "Kom, laat ons neerdaal …" Maar dit is die HERE wat alles skep en werk. Die engele omring Hom; hulle het met Hom saamgegaan selfs na Bethlehem (Luk. 2:8-14).