Die Uitdaging van die Christelike Teologie
Dit toon die verhewenheid van die HERE God, dat Hy Homself altyd in Sy menigvuldigheid openbaar, in ooreenstemming met Sy plan van verlossing.
In Exodus 3 wou die profeet weet hoe die God van sy vaders heet, wat Homself aan hom bekend gemaak het en hom gestuur het: "Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? – wat moet ek hulle antwoord? En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: 'EK IS' het my na julle gestuur. Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag" (verse 13-15). Wie het nou Sy dienskneg gestuur? Natuurlik die "EK IS". Hy is die God van hulle vaders!
Nieteenstaande die verskillende name en manifestasies, hetsy in die Ou of Nuwe Testament, bly Hy tog altyd dieselfde. Voor die verbondsluiting met die volk Israel, het God Homself met Sy verbondsnaam geopenbaar. Hierdie Hebreeuse naam, JHWH, is so heilig vir die Jode dat hulle dit vandag nog nie uitspreek nie (Am. 6:10), maar weergee dit as ‘Adonai’. Nietemin, is dit die naam van die HERE, die God van Israel, in die Ou Testament. "Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die HERE. En Ek het aan Abraham, Isak en Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam God die HERE ('Elohim Jahweh'), het Ek nie myself aan hulle bekend gemaak nie" (Ex. 6:1-2). So spreek die HERE: "Op elke plek waar Ek my Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën" (Ex. 20:24b).
Die "EK IS" van God is in elk van Sy onthullings. Dit is 'n persoonlike "verklaring van soewereiniteit" en terselfdertyd ‘n belofte aan die mense: "Ek is daar vir jou; Ek begelei jou met my teenwoordigheid!". In die "EK IS" is die goddelike naam JHWH – Jahweh – ingebed. HY is die "selfbestaande Een, die Ewige, die bron van alle lewe, die oorsprong, waardeur en waarin alle dinge bestaan". Met Sy profete en Sy mense praat Hy dikwels as die "EK IS" in verskillende kontekste. Op majestueuse wyse sê Hy: "EK is die HERE jou God … wat jou uitgelei het …" (Deut. 5:6). "So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: EK IS die eerste en Ek is die laaste, en buiten My is daar geen God nie" (Jes. 44:6). Die HERE God is die enigste "EK IS" en die "Ek sal wees", want wat Hy sal wees, die is Hy alreeds. Alleen in Hom en deur Hom kan ons wees en kan ons ook dit word waartoe Hy ons bestem het. Sodat ons ook nie vergeet nie, het Hy dit weer gesê: "Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep het, dit IS EK, EK IS die Eerste, ook IS EK die laaste" (Jes. 48:12).
In die Nuwe Testament vind ons dat die veelvuldigheid van die "EK IS" geopenbaar word in die Seun. Die sewe besondere verskynsels van die "EK IS …", is reeds vir baie opvallend. Die HERE Jesus het gesê: "EK IS die lig van die wêreld", "EK IS die goeie herder", "EK IS die Weg, die Waarheid en die Lewe", "EK IS die deur …", "EK IS die brood van die lewe …..", "EK IS die opstanding en die lewe". Dieselfde HERE het ook gesê: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, IS EK" (Joh. 8:58).
In die boek Openbaring hoor ons Sy getuienis met die woorde: "EK IS die Alfa en die Omega, die begin en die einde, sê (God) die HERE, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige …" (Hfst. 1:8). "Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood" (verse 17-18).
Die verwesenliking van God se openbaring as "EK IS" in die Verlosser, Jesus Christus, is wat nodig was vir ons redding. Hy het selfs uitgewys: "Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit EK IS nie, sal julle in jul sondes sterwe" (Joh. 8:24). Dit gaan hier nie om 'n lering of 'n beleidenis nie, dit gaan hierom: om ewig te wees of nie te wees, naamlik die ware geloof in die geopenbaarde, heilbringende Verlosser wat red en salig maak. Slegs in die Seun van God het ons die Redder en die redding.
Die "HERE", wat die gestalte van God gehad het, "het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword" (Fil. 2:7). Ter wille van die mensekinders het Hy mens geword. Hy was as ‘n seun gebore, in doeke toegedraai en neergelê in 'n krip. Mensliker en natuurliker kon dit nie wees nie. So het die Woord vlees geword en onder ons kom woon. Dit het gebeur ter wille van ons, sodat vervul kon word: "… God het … deur Sy eie Seun in die gelykheid van sondige vlees te stuur en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees …" (Rom. 8:3).
By die geboorte van die Seun, lui die getuienis: "… dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die HERE, is" (Luk. 2:11).
Paulus, wat 'n uitverkore werktuig was en 'n bonatuurlike roeping en daarmee 'n spesiale verantwoordelikheid gehad het, skryf van die verborgenheid van God in Christus: "dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus, … Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik, en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag" (Kol. 2:2 + 9-10). Die profete en apostels het nie oor Christus bespiegel nie, die HERE God was in op verskeie wyse aan hulle geopenbaar.
In die Ou Testament is die HERE God die Verlosser, die Redder, die Koning, die Herder, ens. In die Nuwe Testament, word dit alles, tot ons redding, ‘n werklikheid in die Seun, wat die middelpunt van die plan van verlossing is: "niemand kom na die Vader behalwe deur My nie" en "hy wat My gesien het, het die Vader gesien". Hy wat God nie in Christus sien nie, kyk by Hom verby en ken Hom nie. Nadat Jesus soveel gepraat het van die Vader, het Hy gesê: "As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien. Filippus sê vir hom: HERE, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Jesus sê vir hom:Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: "Toon ons die Vader?" (Joh. 14:7-9). Dit is 'n duidelike antwoord uit die mond van die HERE.
In die Ou Testament gee die HERE/Jahweh aan Sy volk die belofte! "Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy, nederig en Hy ry op 'n esel – op 'n jong esel, die vul van 'n eselin" (Sag. 9:9). In die Nuwe Testament is Jesus die Koning, wie op Palm Sondag met groot gejubel op die vul van die esel Jerusalem ingekom het. Dit kan in Matthéüs 21 en in parallelle gedeeltes gelees word. Vir Israel was die Heiland en Koning die HERE Homself, maar tydens Sy eerste koms het hulle Hom nie gesien in Sy menswording vanuit die perspektief van die plan van verlossing nie maar het reeds in daardie tyd die koninklike heerskappy en die vestiging van die koninkryk verwag. Selfs die dissipels het Hom gevra: "HERE, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?" (Hand. 1:6). Hulle het glad nie aanvanklik besef wat voor die verlossing deur lyding en sterfte (Jes. 53) en die oorwinning van die dood (Hos. 13:14), nodig was nie.
Uit die Ou Testament ken ons Hom deur Sy Hebreeuse "Tetragram", JHWH, waaruit die naam HERE /JAHWEH ontstaan. In die Nuwe Testament is die naam van die HERE, soos aangekondig deur die engel Gabriel, eintlik Jahshua, wat "JAHWEH-Verlosser" beteken. Sodat die hele wêreld dit moet sien en daarop moet let, is die "Tetragram", wat afgelei is van die Ou Testamentiese verbondsnaam in die Hebreeuse vorm, as opskrif geplaas in die drie voormalige wêreldtale oor Jesus Christus toe hulle Hom gekruisig het. Vergelyk die Hebreeuse teks van Johannes 19 vers 19:
"JAHSHUA HANOZRI WUMELECH HAJEHUDIM" ("Jesus van Nasaret, die Koning van die Jode")
Die eerste letter van elke woord vorm hier die "Tetragram", JHWH, presies soos die HERE God dit geopenbaar het aan Moses.
Die God van die Ou Testament is ook die God van die Nuwe Testament! Dit is so volmaak soos kan wees. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor; en wie oë het om te sien, laat hom sien! Salig is die oë en ore wat die geopenbaarde God sien en hoor.
God se koninkryk is 'n ewige koninkryk sonder dood (Jes. 25:8; Openb. 21:4; onder andere)! En daarom moet almal wat daarin sal wees, die ewige lewe het. Volgens die aankondiging moes Hy tydens sy eerste koms gebore word as ‘n mens om te kan ly en te kan sterf. Die vestiging van Sy koninkryk is nou eers naby. "En die HERE (Jahweh) sal Koning wees oor die hele aarde; In dié dag sal die HERE een wees en Sy naam een" (Sag. 14:9).
"… en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse HERE geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid" (Openb. 11:15).
Hoe wonderlik! Hy het homself aan ons as die HERE in die Gesalfde geopenbaar, en die HERE van die Ou Testament is Jesus van die Nuwe Testament – dieselfde gister, vandag en tot in ewigheid.