Die Uitdaging van die Christelike Teologie
Met bybelse leringe moet mens altyd na die beginpunt, na die oorsprong terug gaan.
Ons moet terug gaan na die oorsprong – in verband met die skepping, na die Skepper, in verband met die verlossing, na die Verlosser. Die groot heilsplan van onse God is dat Hy Sy seuns en dogters in hul oorspronklike posisie plaas, hulle die ewige lewe gee, om hulle vir ewig saam met Hom te het. God ontvou Sy verlossingsplan vir ons en is deelagtig in die verwesenliking daarvan. Nie 'n sekere kennis van God nie, maar die ware, naamlik dat God in Christus, Sy eniggebore Seun, die Gesalfde, wie Hy persoonlik gestuur het, en die wêreld met hom versoen het (2Kor. 5:19). Die Seun het gesê: "Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self" (Joh. 14:11). Die Vader was gelyktydig in die hemel en in die Seun op die aarde. Nie 'n uitgevinde lering, of 'n belydenis of 'n godsdiens kan salig maak nie; God maak salig deur Jesus Christus, onse HERE.
Dit sou die grootste absurditeit wees, indien God die saligheid van die mense van ‘n godsdiens of kerk afhanklik gemaak het of dit aan die godsdienstige leiers oorgelaat het. Almal maak klaarblyklik op hul eie manier salig. Ná die dood beland sommige vermoedelik in die vagevuur; waar die ander heengaan, is grootliks ‘n onsekerheid. Dit kan nie wees nie! Is ons gebore in 'n onbybelse, tradisionele godsdienstige kultuur en nog steeds daarin vasgevang? Die uitdagende boodskap is: "Terug na die begin! Terug na die Woord!"
Byna alle teoloë het natuurlik dieselfde fout gemaak: hulle het die benaminge van God as name gebruik en dieselfde redenasiemetodes gebruik as die kerkvaders. Hulle het veronderstel byvoorbeeld dat "vader" en "seun" name is. Hulle het ook nie die voorspellende karakter van die Ou-Testamentiese profetiese woord erken nie, en ook nie die band gevind wat die Ou met die Nuwe Testament verbind nie – met die beloftes wat tot vervulling lei nie. God beteken nie "Vader" nie, God is die Vader.
God word nie 'Skepper' genoem nie, God is die Skepper. Sy naam is nie 'Regter' nie, Hy is die Regter, ens., ens. Dit is dieselfde met die Seun. Hy word nie "Seun" genoem nie, Hy is die Seun.
Toe Sy geboorte op hande en aangekondig was, lees ons: "… en jy moet Hom Jesus (Jahshua) noem …" (Luk. 1:31). Hy is gebore as ‘n seun, maar slegs by Sy besnyding het hy Sy naam gekry. "En toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle hom Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot" (Luk. 2:21).
God het die Vader geword met die geboorte van die Seun, net soos 'n man ‘n vader word wanneer sy kind gebore word.
As die Heilige Gees, wat die verwekking teweegbring, 'n ander persoon was, dan moes die Seun dienooreenkomstig die Seun van die Heilige Gees genoem gewees het. Maar die Heilige Gees is die krag van die Allerhoogste wat oor Maria gekom het. Paulus het nie gefilosofeer oor die sending van die Seun nie, dit het vir hom gegaan oor die doel wat met die Seun se koms verband gehou het: "Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus" (Gal. 4:4-7).
Jesus, wie herhaaldelik beklemtoon het dat Hy deur die Vader gestuur is, het gesê: "Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het … Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe" (Joh. 14:26-28).
Die Opgestane HERE was fisies voor die oë van Sy dissipels opgeneem in die hemel (Luk. 24:50-51) en op Pinksterdag Hy het teruggekom in die Gees om Sy woonplek in te neem in Sy eie.
Deur die Heilige Gees kom die Verlosser in die verlostes as "Christus in ons – die Hoop van die heerlikheid". Soos Hy is uit die Vader uitgegaan het en na ons gekom het, het die Gees uit die Vader uitgegaan. Daar staan geskrywe: "Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig" (Joh. 15:26).
"… want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat ek van God uitgegaan het. Ek het van die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom … Sy dissipels sê vir Hom: Kyk, nou spreek U ronduit en gebruik geen gelykenis nie. Nou weet ons dat U alles weet en nie nodig het dat iemand U iets vra nie. Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het" (Joh. 16:27-30).
"In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle" (Joh. 14:20).
Die Heilige Gees is die Gees van God. God het belowe: "En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees …" (Joël 2:28). Hy het (Hand. 2) gedoen. Volgens Handelinge 1:4, het die HERE Sy dissipels beveel "… om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word …" Dit het gebeur tydens Pinkster en voortdurend sedertdien (Hand. 10 + 11 o. a.). Petrus het die geleentheid in sy eerste preek voor duisende mense bevestig "Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dit uitgestort, wat julle nou sien en hoor" (Hand. 2:33). Vir die vroeë Christene was die vulling met die Heilige Gees 'n ervaarde werklikheid, 'n bevolmagtiging en toerusting vir diens met krag vanuit die hoogte (Hand. 1:8).
Eerstens was die Verlosser die "Gesalfde van God", "Met betrekking tot Jesus van Nasaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met hom was …" (Hand. 10:38).
Sedert Pinkster is die verlostes gesalf met dieselfde Heilige Gees. "Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God" (2Kor. 1:21). "En julle het die salwing van die Heilige en weet alles" (1Joh. 2:20). In Lukas 4:18, verwys die HERE Jesus na die woorde van die profeet Jesaja in hoofstuk 61, en sê: "Die Gees van die HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring …" Die Hebreeuse woord Messias en die Griekse woord Christos beteken "Gesalfde". In Antiochië was die gelowig-gewordenes wat met die Heilige Gees vervul was, die eerstes wat "gesalfdes" oftewel "christene" genoem was (Hand. 11:26). Net soos die Gees-gebore en -gesalfde Seun nie die salwing aanbid nie, maar die een wat Hom gesalf het, so is dit met almal wat uit die Gees gebore is en tot nou nog met die geesvervulde kinders van God. "Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat Jesus as die Christus (nl., as die Gesalfde – "Ha Maschiach") in die vlees gekom het, is uit God" (1Joh. 4:2). Aan die vrou by die fontein van Jakob het Jesus destyds gesê, en sê dit sedertdien aan almal wat na Sy stem luister: "maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en in waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en dié wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid" (Joh. 4:23-24). Die Gees van God is die Gees van die waarheid, en die Woord van God is die Woord van die waarheid. 'n Ware aanbidding van God kan slegs gedoen word deur mense wat self in die Gees en in die woord van God is. Die Woord word geïnspireer deur die gees – die heilige manne het uit God gespreek (2Pet. 1:20-21). Slegs diegene wie deur die Gees van God gelei word (Rom. 8:14), het toegang tot dit wat deur hulle geopenbaar was. Die argument: Omdat die Gees praat, lei, vertroos en bedroef kan word, ens, bewys dit Sy ‘selfstandigheid’, het ontstaan uit menslike idees wat geen toegang tot die goddelike gebied het nie. Waarom tog sou die Gees van God nie alles hierdie en nog baie meer kan doen nie? Die menslike gees kan dit tog ook doen sonder daardie ‘selfstandigheid’.
Tot hiertoe het die God-vresendes alles, ook die "onse Vader" so gelaat soos ons dit geleer was. Hulle het geen "onse Seun", geen "onse Gees", geen "onse Vader-Moeder" bygevoeg nie. Slegs diegene wat hulself verheerlik en God en Sy Woord moedswillig verdraai, hef hulself op, net soos die Antichris doen wat hy wil met God en Sy Woord. Tog bly alle dinge by God soos dit oorspronklik gemaak is. Selfs vandag nog, bid al die bybel-getroues eerbiedig: "Onse Vader wat in die hemele is …" Daarby mag niemand iets byvoeg of selfs verander nie. Ook mag niemand bid: "Hemelse Seun" omdat dit glad nie bestaan nie, maar almal kan verblydend bid tot God: "Hemelse Vader …" of "HERE Jesus Christus …" of "Seun van God, ek dank U …"
Die openbaring van God as Vader is hemels, Sy openbaring in die Seun is aards. In die Heilige Skrif vind ons ook net die term "Ewige Vader" – want die Ewige Een het onse Vader geword – nooit die ‘ewige Seun’ nie. Ons lees wel daarin van die Seun wat vir ewig volmaak is (Heb. 7:28b). Alle seuns en dogters van God bekom die volheid in Hom vir ewig. Die mensdom is mislei deur valse leringe. Profete en apostels het God nie verduidelik nie, nie eenmaal opverdeel nie, hulle het hom so open aangeneem soos Hy Homself geopenbaar het. Slegs diegene aan wie God Homself persoonlik openbaar, erken Hom en word erken deur Hom.
Met bybelse leringe moet mens altyd na die beginpunt, na die oorsprong terug gaan.
Ons moet terug gaan na die oorsprong – in verband met die skepping, na die Skepper, in verband met die verlossing, na die Verlosser. Die groot heilsplan van onse God is dat Hy Sy seuns en dogters in hul oorspronklike posisie plaas, hulle die ewige lewe gee, om hulle vir ewig saam met Hom te het. God ontvou Sy verlossingsplan vir ons en is deelagtig in die verwesenliking daarvan. Nie 'n sekere kennis van God nie, maar die ware, naamlik dat God in Christus, Sy eniggebore Seun, die Gesalfde, wie Hy persoonlik gestuur het, en die wêreld met hom versoen het (2Kor. 5:19). Die Seun het gesê: "Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self" (Joh. 14:11). Die Vader was gelyktydig in die hemel en in die Seun op die aarde. Nie 'n uitgevinde lering, of 'n belydenis of 'n godsdiens kan salig maak nie; God maak salig deur Jesus Christus, onse HERE.
Dit sou die grootste absurditeit wees, indien God die saligheid van die mense van ‘n godsdiens of kerk afhanklik gemaak het of dit aan die godsdienstige leiers oorgelaat het. Almal maak klaarblyklik op hul eie manier salig. Ná die dood beland sommige vermoedelik in die vagevuur; waar die ander heengaan, is grootliks ‘n onsekerheid. Dit kan nie wees nie! Is ons gebore in 'n onbybelse, tradisionele godsdienstige kultuur en nog steeds daarin vasgevang? Die uitdagende boodskap is: "Terug na die begin! Terug na die Woord!"
Byna alle teoloë het natuurlik dieselfde fout gemaak: hulle het die benaminge van God as name gebruik en dieselfde redenasiemetodes gebruik as die kerkvaders. Hulle het veronderstel byvoorbeeld dat "vader" en "seun" name is. Hulle het ook nie die voorspellende karakter van die Ou-Testamentiese profetiese woord erken nie, en ook nie die band gevind wat die Ou met die Nuwe Testament verbind nie – met die beloftes wat tot vervulling lei nie. God beteken nie "Vader" nie, God is die Vader.
God word nie 'Skepper' genoem nie, God is die Skepper. Sy naam is nie 'Regter' nie, Hy is die Regter, ens., ens. Dit is dieselfde met die Seun. Hy word nie "Seun" genoem nie, Hy is die Seun.
Toe Sy geboorte op hande en aangekondig was, lees ons: "… en jy moet Hom Jesus (Jahshua) noem …" (Luk. 1:31). Hy is gebore as ‘n seun, maar slegs by Sy besnyding het hy Sy naam gekry. "En toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle hom Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot" (Luk. 2:21).
God het die Vader geword met die geboorte van die Seun, net soos 'n man ‘n vader word wanneer sy kind gebore word.
As die Heilige Gees, wat die verwekking teweegbring, 'n ander persoon was, dan moes die Seun dienooreenkomstig die Seun van die Heilige Gees genoem gewees het. Maar die Heilige Gees is die krag van die Allerhoogste wat oor Maria gekom het. Paulus het nie gefilosofeer oor die sending van die Seun nie, dit het vir hom gegaan oor die doel wat met die Seun se koms verband gehou het: "Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus" (Gal. 4:4-7).
Jesus, wie herhaaldelik beklemtoon het dat Hy deur die Vader gestuur is, het gesê: "Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het … Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe" (Joh. 14:26-28).
Die Opgestane HERE was fisies voor die oë van Sy dissipels opgeneem in die hemel (Luk. 24:50-51) en op Pinksterdag Hy het teruggekom in die Gees om Sy woonplek in te neem in Sy eie.
Deur die Heilige Gees kom die Verlosser in die verlostes as "Christus in ons – die Hoop van die heerlikheid". Soos Hy is uit die Vader uitgegaan het en na ons gekom het, het die Gees uit die Vader uitgegaan. Daar staan geskrywe: "Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig" (Joh. 15:26).
"… want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat ek van God uitgegaan het. Ek het van die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom … Sy dissipels sê vir Hom: Kyk, nou spreek U ronduit en gebruik geen gelykenis nie. Nou weet ons dat U alles weet en nie nodig het dat iemand U iets vra nie. Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het" (Joh. 16:27-30).
"In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle" (Joh. 14:20).
Die Heilige Gees is die Gees van God. God het belowe: "En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees …" (Joël 2:28). Hy het (Hand. 2) gedoen. Volgens Handelinge 1:4, het die HERE Sy dissipels beveel "… om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word …" Dit het gebeur tydens Pinkster en voortdurend sedertdien (Hand. 10 + 11 o. a.). Petrus het die geleentheid in sy eerste preek voor duisende mense bevestig "Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dit uitgestort, wat julle nou sien en hoor" (Hand. 2:33). Vir die vroeë Christene was die vulling met die Heilige Gees 'n ervaarde werklikheid, 'n bevolmagtiging en toerusting vir diens met krag vanuit die hoogte (Hand. 1:8).
Eerstens was die Verlosser die "Gesalfde van God", "Met betrekking tot Jesus van Nasaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met hom was …" (Hand. 10:38).
Sedert Pinkster is die verlostes gesalf met dieselfde Heilige Gees. "Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God" (2Kor. 1:21). "En julle het die salwing van die Heilige en weet alles" (1Joh. 2:20). In Lukas 4:18, verwys die HERE Jesus na die woorde van die profeet Jesaja in hoofstuk 61, en sê: "Die Gees van die HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring …" Die Hebreeuse woord Messias en die Griekse woord Christos beteken "Gesalfde". In Antiochië was die gelowig-gewordenes wat met die Heilige Gees vervul was, die eerstes wat "gesalfdes" oftewel "christene" genoem was (Hand. 11:26). Net soos die Gees-gebore en -gesalfde Seun nie die salwing aanbid nie, maar die een wat Hom gesalf het, so is dit met almal wat uit die Gees gebore is en tot nou nog met die geesvervulde kinders van God. "Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat Jesus as die Christus (nl., as die Gesalfde – "Ha Maschiach") *in die vlees gekom het, is uit God"* (1Joh. 4:2). Aan die vrou by die fontein van Jakob het Jesus destyds gesê, en sê dit sedertdien aan almal wat na Sy stem luister: "maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer ***die ware aanbidders die Vader in gees en in waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.* ***God is Gees; en dié wat Hom aanbid,* ***moet* in gees en waarheid aanbid" (Joh. 4:23-24). Die Gees van God is die Gees van die waarheid, en die Woord van God is die Woord van die waarheid. 'n Ware aanbidding van God kan slegs gedoen word deur mense wat self in die Gees en in die woord van God is. Die Woord word geïnspireer deur die gees – die heilige manne het uit God gespreek (2Pet. 1:20-21). Slegs diegene wie deur die Gees van God gelei word (Rom. 8:14), het toegang tot dit wat deur hulle geopenbaar was. Die argument: Omdat die Gees praat, lei, vertroos en bedroef kan word, ens, bewys dit Sy ‘selfstandigheid’, het ontstaan uit menslike idees wat geen toegang tot die goddelike gebied het nie. Waarom tog sou die Gees van God nie alles hierdie en nog baie meer kan doen nie? Die menslike gees kan dit tog ook doen sonder daardie ‘selfstandigheid’.