Die Uitdaging van die Christelike Teologie

WAS DIE SEUN IN DIE HEMEL GEBORE?

« »

Daar word van Jesus Christus gesê in die "Geloofsbelydenis van Nicaea-Konstantinopel": "… God se gebore Seun, wat uit die Vader gebore is voor die begin van tyd, God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie geskape nie, een saam met die Vader …". Waar in die Bybel staan dit dat God 'n ander persoon van God, 'n seun, in die hemel geboorte aan gegee het? Natuurlik, nêrens! So 'n gedagte is nie net heeltemal onbybels nie, dit gaan selfs teen alle verwagtinge. Tot nou toe het slegs moeders kinders gebore, wat verwek is deur vaders. Die eerste belofte van die geboorte van die Seun, die Messias, wat die Gesalfde is, is reeds in Genesis 3:15 in die Ou Testament, na die sondeval in die Paradys, aangekondig. Dit het hier op aarde in Bethlehem, wat "huis van die brood" beteken, plaasgevind, soos geprofeteer in Miga 5 en aangeteken in die Evangelies. Hy is die lewende Brood wat uit die hemel neergedaal het (Joh. 6:48-58). Ook ten opsigte van die Seun van God, moet 'n mens nie net by die onderwerp bly nie, maar met die waarheid van die Woord.

Net soos God Homself in die tyd van die Ou Testament in 'n sigbare gestalte in ‘n geestelike liggaam as "die HERE" bekend gemaak het, so is Hy in die Nuwe Verbond in ‘n vleeslike liggaam openbaar gemaak. "… U het vir my 'n liggaam berei … om U wil te doen, o God" (Ps. 40:9; Heb. 10:5-10). Net van toe af, sien ons die Seun langs Sy Vader. Die EK IS het toe ook die "U is" geword, die tweede Adam (1Kor. 15:45-49), die begin van die nuwe skepping van God (Openb. 3:14), die eersgeborene onder baie broeders (Rom. 8:29), en die eersgeborene uit die dode (Kol. 1:18; Openb. 1:5), ens. Dit het alles gebeur om ons ontwil. Hy is die Lam van God, wat die sondes van die wêreld wegneem (Joh. 1:29). Hy moes Hoëpriester wees, wat met Sy eie bloed in die hemelse heiligdom ingegaan het (Heb. 9:11-12). Hy was as 'n menslike middelaar tussen God en die mense (1Tim. 2:5); Hy moet met die Vader as 'n middelaar bly tot die voleinding van die verlostes (1Joh. 2:1-3). Alles wat geskrywe is in die Ou Testament met verwysing na die Seun, was nog in die toekoms:

"… uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees, en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid. Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat ‘n barende gebaar het …" (Mig. 5:1b-2a).

"Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My 'n Seun wees" (2Sam 7:14; Heb. 1:5).

"… U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer …" (Ps. 2:7; Hand. 13:33; Heb. 1:5; 5:5). In die ewigheid is daar geen vandag en geen môre nie. Die "vandag" is volgens Hebreërs 4:7 en elders die "dag van heil", die tyd van genade (2Kor. 6:2).

"Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het …" (Ps. 22:10; Luk. 1:26-38).

"Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Emmánuel noem" (Jes. 7:14; Matt. 1:18-25).

"Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors…" (Jes. 9:5; Luk. 1:31-35).

"Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil! Ja, Ek sal hom 'n eersgeborene maak …" (Ps. 89:27-28), en vele ander.

Die vervulling van al hierdie bybel-gedeeltes oor die geboorte van die Seun van God kan in die fynste besonderhede gelees word in die Evangelies. Lukas deel ons mee dat toe Maria die aankondiging van die geboorte van die Seun gehoor het uit die mond van die engel Gabriel, was sy diep verbaas en sê toe: "Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie? En die engel antwoord en sê vir haar die: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom sal ook die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word" (Luk. 1:34-35).

'n Vader in die Hemel het nie geboorte gegee aan die Seun nie, maar die maagd hier op aarde het. Dit is die reine waarheid. Die Seun is uit die Vader verwek en deur die moederskoot van Maria gebore; Daarom is die klem op die geloof in die "eniggebore Seun van God" (Joh. 3:16-18, onder andere).

Die beloofde seun was net eenmaal verwek en hier op aarde gebore. Daar is geen twee seunsskappe nie, want daar is net een vaderskap. Voorheen was hy "die HERE", wie toe die gestalte van ‘n dienskneg aangeneem het. "Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het" (Heb. 1:1-2).

Die kerkvaders, met hul leerstellinge wat hul oorsprong het uit die heidendom, het net gebly met die onderwerp, maar nie in die Skrif-alleen geopenbaarde waarheid nie. Met hul Babiloniese, Egiptiese en Griekse gods-en godheids-veronderstellinge, het hulle nooit die foute aangespreek nie, wat later en tot nou toe oor die algemeen deur georganiseerde-en onafhanklike kerke as onweerlegbare reëls aanvaar is. Hulle maak die totaal-onbybelse, inderdaad paradoksale stelling dat die Seun reeds bestaan het in die hemel as 'n afsonderlike goddelike persoon en dat die vooraf-bestaande seun gebore is op aarde. Waar staan dit in die Bybel? Natuurlik nêrens nie! Dit het gelei tot die proklamasie by die Raad van Efése (431 n.C.), naamlik, dat Maria die ‘Moeder van God’ is. Dit word nie een keer in die Bybel gevind nie, maar was eintlik en aanvanklik ‘n oosters-Mesopotamiese mitologie.

Die argument oor die sending van die Seun, word aangevoer sonder die besef dat die Seun voorheen die Woord, die Logos, was. Daar staan nie: "In die begin was die Seun …" nie, maar "In die begin was die Woord … en die Woord het vlees geword …".

Regdeur die Ou Testament het God Sy diensknegte en profete gestuur. Moses was 'n man van God gestuur, "… die HERE, die God van die Hebreërs, het my na u gestuur met die boodskap: Laat my volk trek …" (Ex. 7:16).

Johannes die Doper was, soos reeds genoem, gestuur om die weg van die HERE God voor te berei: "Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig …" (Mark. 1:2).

Selfs die twaalf apostels was gestuurdes (Matt. 10:5), en die sewentig (Luk. 10:1). Paulus was 'n gestuurde, soos hy ons meegedeel het in Handelinge 22:21: "Gaan heen, want Ek sal jou ver wegstuur na die heidene".

Die HERE self het gesê: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het" (Joh. 13:20).

So spreek die HERE: "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook" (Joh. 20:21).

"Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe …" (Matt. 23:34)

"Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is …" (Matt. 23:37)

Maar al hierdie gestuurdes was, net soos die Seun van God, gebore op aarde. So kon Hy ook sê: "… Ek en die Vader, wat My gestuur het" (Joh. 8:16b).