Die Uitdaging van die Christelike Teologie

HEELTEMAL EIENAARDIG

« »

In ons dag word die afsonderlike aanbidding van die sogenaamde »drie persone« in die »Drie-eenheid«, veral beklemtoon. Die pous het die jare 1997, 1998 en 1999 as spesiale jare verklaar, waarin, volgens die verklaring, »die drie goddelike persone«, die een na die ander en dan in die »heilige jaar 2000«, al drie gelyk aanbid moet word. Die pinkster-en charismatiese predikers het hul plek in die interkerklike byeenkomste en – beïnvloed deur die gees van die tyd – praat hulle ook van die »persoon van die Heilige Gees« in ‘n ongekende manier: »Goeie Môre, Heilige Gees! Ek groet U, Ek omhels U, Ek is lief vir U«, tot by: »Heilige Gees, ek verheerlik U, vereer en aanbid U«. Ongelukkig besef sulke mense, wat deur godsdienstige entoesiasme weggevoer word en vanuit alle gelowe 'n nuwe geestelike belewenis wil ervaar – soms selfs onder die begeleiding van oorverdowende musiek – nie dat sulke »aanbidding van die Heilige Gees«, heeltemal vreemd aan die Bybel is nie. Dit het nog nooit regtig bestaan nie. God se Woord word ook hierin verontagsaam en oortree. Volgens die getuienis van die Skrif, is daar geen spesiale verheerliking van die Gees nie, omdat Jesus self gesê het: "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. HY sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig" (Joh. 16:13-15).

Dit gaan nie oor haarklowery nie, maar om die volle waarheid te weergee. Oor die algemeen is die »Drie-eenheids« lering geformuleer in verskeie rade: »'n God in drie persone: die Vader is God, die Seun is God, die Heilige Gees is God, en hierdie drie goddelike persone is een God«. Maar waar is dit in die Bybel? Natuurlik nêrens nie! In die Ou Testament is daar geen spoor of enige aanduiding van drie goddelike persone in die ewigheid nie.

58 In die nuwe-testamentiese briewe is die term "God die Vader" dikwels gebruik, byvoorbeeld: "Geseënd is die God en Vader van onse HERE Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus", maar nie een keer kry ons die term: »God, die Seun« nie, maar altyd: "die Seun van God" of "Seun van die Allerhoogste", "Seun van die mens", "Seun van Dawid". Net so, sê dit ook nie ‘n enkele keer »God, die Heilige Gees« nie, maar wel: "Die Gees van God …", "Die Heilige Gees …" of "Die Gees van Christus …". In die Ou Testament vind ons 378 keer die benaming "Ru'ach Jahweh" – "Gees van die HERE …". So 'n bevinding is van groot belang. Is dit nie duidelik vir die ondersteuners van die »Drie-eenheid« dat God geen verwysingspunt het nie? As "die Ewige" is Hy self die verwysingspunt. "Seun" en "Gees" is Sy vertrek-en verwysingspunt: "die Seun van God", "Gees van God". As hulle ooit selfstandig was van God, het hulle nie God nodig as 'n verwysingspunt nie.

Ook het nog nooit 'n profeet of apostel of enige man van God 'n trinitariese seën gebruik soos kerke oral in die wêreld dit beoefen nie, wat bepaalde volgorde het: »God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees, sal jou seën«. Dieselfde geld vir die vorm van gebed: »Eer aan God die Vader, die Seun en die Heilige Gees«. Daar word in die Bybel ook nie berig, dat 'n gebed of 'n daad ooit begin of geëindig word »in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees« nie. Paul beveel namens God, dat alles wat ons doen in woord of in daad, gedoen moet word in die Naam van die HERE Jesus (Kol. 3:17). Prediking, gebed, verlossing, genesing, bevryding – word alles gedoen in die naam van Jesus Christus.

Sommige ken en beoefen nog steeds die God-verordineerde "Aaronitiese" seëngroete: "Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee" (Num. 6:24-26). Paulus gebruik die "genade-seën” aan die begin en die einde in al sy briewe, ten minste veertien keer, maar elke keer anders. Hy het glad nie daaraan gedink om 'n

standaard formule daar te stel, soos dit nou wêreldwyd beoefen word in die denominasies nie. Petrus, Paulus en die hele vroeë Gemeente, wat nie 'n christelike organisasie was nie, maar die lewende organisme van Christus, onder die leiding van die Heilige Gees en het geweet aan wie die aanbidding behoort: "… aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in alle ewigheid! Amen" (Rom. 16:27).

standaard formule daar te stel, soos dit nou wêreldwyd beoefen word in die denominasies nie. Petrus, Paulus en die hele vroeë Gemeente, wat nie 'n christelike organisasie was nie, maar die lewende organisme van *Christus, onder die leiding van die Heilige Gees en het geweet aan wie die aanbidding behoort: *"… aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in alle ewigheid! Amen" (Rom. 16:27).