Die Uitdaging van die Christelike Teologie
"Die wyses is hulle wat deur hulle foute reis na die waarheid; hulle wat volhard in hul foute, húlle is die dwases"
'n Bybelse verduideliking, 'n uitdaging aangaande Christelike teologie en kerk-praktyke word benodig. U het waarskynlik reeds die tydigheid van die inhoud van hierdie verklaring agtergekom. Maar dit raak selfs meer gewigtig. Internasionale persverklarings toon dat 42 kardinale, 500 biskoppe en persoonlikhede van die Roomse Kerk, ondersteun deur meer as vier en 'n half miljoen Katolieke wêreldwyd, die ondenkbare oproep op die pous gemaak het, om Maria in 'n dogma as mede- verlosser saam te voeg in die jaar 2000. Dit sou beteken dat Maria uiteindelik ingelyf word in die godheid, soos die volgende aanhaling uit ‘n persverklaring dit duidelik maak:
"Die doel van die ondersteuners is drie nuwe geloofsoortuigings:
• Die feit dat Maria by die verlossing deur haar Seun self meewerkend was.
• Dat al die genades wat uit die lyding en dood van die Verlosser slegs deur Maria se voorbidding moontlik kon wees.
• Dat alle versoeke en gebede van die gelowiges slegs deur Maria se bemiddeling Jesus kon bereik …
"… Uit die Drie-eenheid kan 'n Vier-eenheid wees met Maria as Dogter van die Vader, Moeder van die Seun en Bruid van die Heilige Gees …" (WELT AM SONNTAG, no. 35, 31 Augustus 1997, onder andere)
Dit moet mens as ‘n prentjie in die gedagtes skilder: Dogter van die Vader, Moeder van die Seun, Bruid van die Heilige Gees! Wat 'n konstellasie! Baie in die Christendom, maar veral Jode en Moslems, skud hul koppe reeds oor die sogenaamde »Trinity«.
En nou moet daar selfs 'n »quaternity« ontstaan! Wie kan dit nog begryp?
Soos met alle dogmas, moet daar ook hier, ter wille van die waarheid, gesê word dat dit absoluut niks in gemeen het met die Bybelse getuienis nie. Maar dit wat nou gevra word, is die toppunt van vermetelheid en laat die beker nou heeltemal oorloop by bybels-gelowiges. Ter wille van mense in alle godsdienste en denominasies wat opreg op soek is na die waarheid, moet die Woord van God onwrikbaar aan die goddelike orde van die dag gestel word.
In die bogenoemde persverklaring van 31 Augustus 1997, lui dit verder: "Die nuwe dogma sal nie net die Mariologie verander nie, die teologiese besinning oor die betekenis van die Moeder van Jesus vir die Christelike geloof, maar die hele geloofs-ywer – so verreikend soos nog ooit tevore in twee duisend jare". Dit kan 'n mens weer sê! Enige veranderinge aan die kant van die kerk, gaan verder as die Skrif. Voor die bekendstelling van enige dogma, moes die ooreenstemmende geldige Woord van God eers vervang word, gevolg deur die nuwe daarstelling. Die mate van die toevoegings en die skending van die Woord, en dus die mate van die boosheid, word dan nou volbring deur die man van sonde en wetteloosheid, wat homself verhef bo God en God se Woord (2Thess. 2). Die afval vanaf die ware geloof wat alleen op die Skrif gebasseer is, moet voltooi word, soos Paulus reeds vooruitgespreek het.
Reeds toe al het die HERE aan die verantwoordelikes destyds gesê: "…tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is … julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te hou … so maak julle die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en derglike dinge van dieselfde aard doen julle baie" (Mark. 7: 7-13). Dit nie meer duidelik gesê word nie: Waar menslike gebooie en leringe ingestel word, word God se Woord kragteloos gestel en word God dus verag en die aanbidding is selfs tevergeefs verklaar deur die HERE.
Daar is nou al so baie kerklike dogmas en leerstellinge daargestel, alles sonder enige Bybelse grondslag, dat dit nou nie meer so ongelooflik is soos wat vereis word nie. Wat lankal opvallend is, in die besonder, is dat die Protestante nie meer protesteer nie. Trouens, die leiers van ander Christelike kerke soek nie ooreenstemming met die Woord van God nie, maar om aan te pas by die moederkerk – toenadering tot Rome. Die vier "alleen" uitdrukkings:
- uit genade alleen
- Jesus Christus alleen
- deur die geloof alleen
- die Heilige Skrif alleen
wat die grondslae van die Hervorming en die pilare van die bybelse geloofsbelydenis en die vrye verkondiging van die Evangelie was, word ongelukkig grootliks nie meer gebruik nie.
Die belydenis van 'n klein minderheid, naamlik die Christene wat die volle Evangelie glo, is nog steeds:
"Die Heilige Skrif is die enigste bron en volkome rigsnoer van die geloof, vir lering en van die lewe. Deur die genade alleen word 'n mens deur die geloof in Jesus Christus gered".
Of die vereiste dogma as bindend aangekondig sal word, is nie die deurslaggewende faktor nie, alhoewel die hoë getal van diegene wat dit vereis, vanself spreek. Basies is Maria alreeds in die geestelike wêreld van die Roomse Kerk, of dit nou in 'n dogma saamgevat is, of nie. Voor ‘n proklamasie was die gesprekke daaroor altyd lewendig en was daar altyd omstredenheid en opposisie. In die Eerste Vatikaanse Raad (1869-1870), toe die dogma van pouslike onfeilbaarheid aangekondig was en hoofsaaklik Duitse biskoppe beswaar gemaak het teen die idee, was hulle oortuig om te verlaat, sodat die stemmery en die proklamasie vlot kon verloop.
In die loop van die kerkgeskiedenis was daar baie sulke dogmas aangekondig. Ons noem hier net die laaste drie:
- In 1854 proklameer Pous Pius IX die »Onbevlekte Ontvangenis« van die »Moeder van God«, wat nie bestaan nie – ook nie kan wees nie – en dus ook nie bevestig word in die Skrif nie. Van 'n »Onbevlekte« hart van Maria staan ook niks in die Woorde van God nie.
- In 1870 was die »pouslike onfeilbaarheid« verklaar as 'n dogma van die Kerk van Rome. Lank voor dit was die pousdom reeds bo die Woord van God en as plaasvervanger van Christus ingestel.
- Eers onlangs, in 1950, het Pous Pius XII aangekondig dat Maria, na die voltooiing van haar aardse lewe, met liggaam en siel na die hemelse heerlikheid opgevaar het – en dit in direkte teenstelling met die alleen onfeilbare, ewig-geldige Woord van Christus: "En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is" (Joh. 3:13).
Is dit nie duidelik dat geen apostels en nie een van die kerk- vaders van die vroeë Christelike eeue iets geweet het van 'n pous of sy onfeilbaarheid, van 'n »Onbevlekte Ontvangenis«, of van 'n liggaamlike hemelvaart van Maria nie? Eers ná baie eeue, bykans tweeduisend jaar, het hulle vorendag gekom met sulke gedagtes, want dit is so nuttig vir die pouslike kerk. Soos reeds genoem, was God se Woord eintlik elke keer bewustelik geïgnoreer en diegene wat slegs die Skrif toegepas het, was as die »anathema« aangekla, vervloek, vervolg, onteien en aan die dood blootgestel.
NET SOOS GOD DIE GEMEENTE GEBIND HET AAN SY WOORD, HET DIE POUSE ALMAL WAT AAN DIE ROOMSE KERK BEHOORT, REGOOR DIE WÊRELD, GEBIND AAN HUL WOORD. Die mense staan nou voor die belangrike besluit, of hulle God of die pous glo. Beide is nie moontlik nie – dit sluit mekaar uit – soos Christus en die Antichris, is lig en duisternis teenstrydig teenoor mekaar. Slegs dit wat eintlik in die Bybel staan, het geldigheid voor God en behoort aan die ware geloof. Almal moet die moed hê om te vra of die kerklike leringe hierdie toets kan staan.
In hierdie kritieke tyd vir die Gemeente van Jesus Christus, vir Israel en vir die nasies, het die HERE God dit goed gevind dat iemand, onder 'n goddelike aanwysing, ‘n stand moet neem. Iemand moet die mense bewus maak, sodat hulle vir hulself kan bepaal wat hulle regtig glo en volg: die hoof van die Rooms- Katolieke Kerk, 'n patriarg van die Ortodokse Kerk, 'n biskop of ander kerklike gesag, die stigter van 'n godsdiens, die president van 'n kerk, 'n charismatiese leier – of die hoof van die verloste Gemeente, naamlik die "HERE Jesus Christus" volgens die leer van die vroeë apostels. Luister! 'n oproep weerklink: "… Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God!" (Jes. 40:3). Daar moet 'n stem wees, wat van bo af, uit die geestelike woestyn uitroep om vir die HERE, hier onder, die pad voor te berei. Dit alleen is die doel van hierdie daarlegging.
Maria, wat sedert die 5e eeu nC tot nou toe, meer en meer in 'n onbybelse wyse met 'n verskeidenheid van ere-titels en verantwoordelikhede, wat aan Christus alleen behoort, verheerlik en vereer word, word nou volgens die wil van miljoene Katolieke en deur die invloed van vooraanstaande persone regoor die wêreld verhoog tot ‘n »voorwerp van geloof«. Dit is vreemd genoeg dat Matthéüs en Lukas, wat handel oor die genealogie, nie haar pa of haar ma noem nie. Niemand weet wie haar ouers was nie, so irrelevant was dit vir God. Matthéüs begin die stamboom met Abraham, tel drie maal 14 geslagte en eindig met die stelling: "…en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word" (1:16). Lukas gaan in die stamboom terug na Adam, die stamvader van die mensdom, maar tog word hier ook weer niks gesê van die ouers van Maria nie. Maria was 'n mens soos ons almal, en was net die "uitverkore houer", deur Goddelike verkiesing, wat God vir die geboorte van Sy Seun bestem het. Dit was sodat hierdie "eenmalige hoë taak", vanuit ‘n heilsgeskiedkundige oogpunt vir ewig vervul kon word. Daar is absoluut geen ander beloftes van enige ander take nie. Enigiemand wat nog so dink, kan dit nie bybels bewys nie.
Die Verlosser moes in die gevalle skepping gebore word, anders sou Hy nie die mensdom uit sy gevalle toestand kon red en vergewe het nie. Vir die liefde tot die Mariologie was Lukas 1 vers 28, selfs verkeerd vertaal. In die basiese teks begroet die engel Maria met die woorde: "Wees gegroet, begenadigde…"; In die Katolieke Kategismus staan dié woorde daarinteen: "…vol van genade …" of "… genadevolle …" Dit maak 'n wêreldse verskil. God alleen is vol genade as die genadige en barmhartige, "En uit Sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade" (Joh. 1:16). Mary het genade by God gevind sodat Sy belofte vervul kon word. Net so, ken die Bybel ook geen wonderbaarlike »genade-beeld« van Maria nie – dit ken geen menslike kultus nie – of dit nou persone uit die Ou of uit die Nuwe Testament is.
Ephesus was die stad waarin die heidense Griekse godin Artemis – genoem ‘Diana’ deur die Romeine – as 'n beskermheer en vrugbaarheidsgodin veral vereer is deur die heidene. Die silwersmede, wie deur die kultus gefloreer het, het selfs gevrees dat hulle beroep in gedrang sou kom deur Paulus se prediking: "Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die hele wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan" (Hand. 19:27). Dieselfde is nou waar van Maria, wat dwarsdeur die Ortodokse en Katolieke wêreld vereer word. Dit was selfs geglo dat die beeld van Artemis, oftewel Diana, uit die hemel geval het: "Efésiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efésiërs die tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld wat uit die hemel geval het nie? (vers 35).
Deur Paulus se verkondiging van Jesus Christus, het die nuwe bekeerlinge in daardie tyd weggedraai van die verering van die koningin van die hemel en vrugbaarheidsgodin. Maar soos duidelik uit die historiese ontwikkeling gesien kan word, was dit egter nie toevallig dat Maria later in die genoemde Raad van Éfese as die »vrugbare« verhef is na die posisie as die Koningin van die Hemel nie. Die kultus en die bygeloof het in beide gevalle dieselfde gebly. Later, soos wat berig word in die geskiedenis, is Zeus / Jupiter afgesit en Petrus in sy plek geplaas. Al hierdie en nog baie meer is net die voortsetting van heidense gebruike in Christelike gewaad.
Maria is nie die moeder van God nie – kan dit nie wees nie. Sy was die moeder van die HERE. Dit is die ware getuienis: "… en Elisabet is vervul met die Heilige Gees en het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot! En wat het my oorgekom dat die moeder van my HERE na my toe kom? … En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die HERE aan haar gesê is, sal vervul word" (Luk. 1:41-45). Dit is bewys deur almal wat eintlik gevul is met die Heilige Gees. Hulle bly nie net met die onderwerp nie, hulle bly ook in die Waarheid.
Daar was geen »Onbevlekte Ontvangenis« van Maria nie; daar was net 'n onbevlekte verwekking van die Seun van God in Maria, wat nog "onbevlek" en ‘n maagd was, toe ‘n goddelike saad deur die Heilige Gees in haar verwek was. Die feit dat sy feilbaar soos almal was, is duidelik uit die ervaring wat sy gehad het toe Hy twaalfjaar oud was: Jesus het in die Tempel agtergebly in Jerusalem, waar hulle Hom eers ná drie dae gevind het. God het toegelaat dat Maria in haar opgewondenheid iets onbedags gesê het. Heel natuurlik, soos enige ma wat bekommerd is oor haar kind, het sy oombliklik gereageer en verwytend gesê: "Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek" So het sy die ergste leuen onbesonne geuiter deur Josef die vader van Jesus te noem. Maar die twaalf jarige Jesus was nie in die timmerman se winkel nie, maar wel in die tempel en het die verklaring van sy moeder op die plek gekorrigeer: "Waarom het u na My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie?" Stel jou voor, selfs Maria het nie verstaan wat Jesus gesê het nie! "En hulle (Maria en Josef) het die woord wat Hy vir hulle gesê het, egter nie verstaan nie" (Luk. 2:48-50).
Dit geld tot vandag toe nog vir die Maria-toegewydes: Hulle verstaan nog steeds nie wat Jesus gesê het nie. Jesus spreek Maria nie een keer aan as "moeder" nie; Hy het haar "vrou" genoem (Joh. 2:4), omdat Hy die saad was wat deur die "vrou" moes kom, soos in die eerste belofte aangekondig is (Gen. 3:15). By die troue in Kana spreek Hy haar selfs skerp aan: "Vrou, wat het Ek met u te doen?". Die woorde wat sy aan die dienaars gesê het, geld nog steeds vir alle Bybel-gelowiges: "Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen". Omdat hulle gedoen het wat Hy gesê het, het die wonderwerk gebeur: op Sy Woord het die water in wyn verander.
Om gered te word het Maria die vulling met die Heilige Gees genodig soos al die ander wat gelowig geword het. Sy word net in die Evangelies en in Handelinge 1 vers 14 genoem, toe sy saam met die 120 op die uitstorting van die Heilige Gees gewag het: "Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ‘n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers".
Ook vir hulle as "begenadigdes" en "saliggespreektes" was daar geen uitsondering nie, geen spesiale posisie nie – Maria was deel van die gevalle skepping en het dus ook verlossing benodig. Soos met haar, word elkeen wat ooit God se beloftes geglo het, vergewe en geseën deur die HERE self in die Bergpredikasie en elders. Die Seun wat verwek is deur die Heilige Gees, is uit haar gebore, het opgestaan en opgevaar na die hemel, en woon nou deur die Gees in die verlostes. In Matthéüs 13 het die HERE die oë en ore van Sy dissipels geseën, omdat hulle sien en hoor. In Openbaring, die laaste boek en hoofstuk in die Bybel, word die saligheid aan almal toegeskryf wat as oorwinnaars die stad van God sal betree.
Na die stigting van die nuwe-testamentiese Gemeente word Maria nie 'n enkele keer genoem nie. Nie Petrus, nie Paulus, nie Johannes, nie Jakobus, of enigiemand anders vermeld haar in hul briewe nie. Die maagd, "Maria," het vervul wat geskrywe is in: "Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar" (Jes. 7:14). Die Bybel sê vir ons Maria was verloof aan Josef wie van haar wou skei omdat sy letterlik uit die bloute swanger geword het.
'n Engel van die HERE het hom beveel om haar nie te verlaat nie: "Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees … en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem" (Matt. 1: 20-25).
Die Bybel stel dit duidelik dat Maria daarna seuns en dogters met Josef gehad het (Matt. 13:55-56). Daarna was daar geen "Maagd Maria" meer nie. Terwyl die name van die dogters nie genoem word nie, weet ons dat hulle seuns James, Joseph, Simon en Judas genoem word en dat hulle in die diens van die HERE was. In Johannes 2:12 lees ons: "Daarna het Hy na Kapérnaüm afgegaan, Hy en sy moeder en sy broers en sy dissipels …". In Hoofstuk 7 vers 5 word vermeld dat selfs sy broers aanvanklik nie in Hom geglo het nie. Die apostel Paulus skryf: "… het ons dan geen reg om 'n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die HERE en Céfas nie?" (1Kor. 9:5). Hy het verder getuig: "… en ek het niemand van die ander apostels gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die HERE" (Gal. 1:19). Die apostel Judas stel homself voor as 'n dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus, wat ook 'n broer van die HERE was (v.1).
God het van die begin af gawes en verantwoordelikhede aan die mens gegee volgens Sy plan van verlossing. Maar die verering en aanbidding, het Hy aan Homself alleen voorbehou. So spreek die HERE: "EK is die HERE (JAHWEH), dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde (afgode) nie" (Jes. 42:8). Die hele "Mariologie" is buite die Woord en koninkryk van God. Dit is tipies Ortodoks-Katoliek, maar nie bybels-Christelik nie.
"Die wyses is hulle wat deur hulle foute reis na die waarheid; hulle wat volhard in hul foute, húlle is die dwases"
'n Bybelse verduideliking, 'n uitdaging aangaande Christelike teologie en kerk-praktyke word benodig. U het waarskynlik reeds die tydigheid van die inhoud van hierdie verklaring agtergekom. Maar dit raak selfs meer gewigtig. Internasionale persverklarings toon dat 42 kardinale, 500 biskoppe en persoonlikhede van die Roomse Kerk, ondersteun deur meer as vier en 'n half miljoen Katolieke wêreldwyd, die ondenkbare oproep op die pous gemaak het, om Maria in 'n dogma as mede- verlosser saam te voeg in die jaar 2000. Dit sou beteken dat Maria uiteindelik ingelyf word in die godheid, soos die volgende aanhaling uit ‘n persverklaring dit duidelik maak:
"Die doel van die ondersteuners is drie nuwe geloofsoortuigings:
• Die feit dat Maria by die verlossing deur haar Seun self meewerkend was.
• Dat al die genades wat uit die lyding en dood van die Verlosser slegs deur Maria se voorbidding moontlik kon wees.
• Dat alle versoeke en gebede van die gelowiges slegs deur Maria se bemiddeling Jesus kon bereik …
"… Uit die Drie-eenheid kan 'n Vier-eenheid wees met Maria as Dogter van die Vader, Moeder van die Seun en Bruid van die Heilige Gees …" (WELT AM SONNTAG, no. 35, 31 Augustus 1997, onder andere)
Dit moet mens as ‘n prentjie in die gedagtes skilder: Dogter van die Vader, Moeder van die Seun, Bruid van die Heilige Gees! Wat 'n konstellasie! Baie in die Christendom, maar veral Jode en Moslems, skud hul koppe reeds oor die sogenaamde »Trinity«.
En nou moet daar selfs 'n »quaternity« ontstaan! Wie kan dit nog begryp?
Soos met alle dogmas, moet daar ook hier, ter wille van die waarheid, gesê word dat dit absoluut niks in gemeen het met die Bybelse getuienis nie. Maar dit wat nou gevra word, is die toppunt van vermetelheid en laat die beker nou heeltemal oorloop by bybels-gelowiges. Ter wille van mense in alle godsdienste en denominasies wat opreg op soek is na die waarheid, moet die Woord van God onwrikbaar aan die goddelike orde van die dag gestel word.
In die bogenoemde persverklaring van 31 Augustus 1997, lui dit verder: "Die nuwe dogma sal nie net die Mariologie verander nie, die teologiese besinning oor die betekenis van die Moeder van Jesus vir die Christelike geloof, maar die hele geloofs-ywer – so verreikend soos nog ooit tevore in twee duisend jare". Dit kan 'n mens weer sê! Enige veranderinge aan die kant van die kerk, gaan verder as die Skrif. Voor die bekendstelling van enige dogma, moes die ooreenstemmende geldige Woord van God eers vervang word, gevolg deur die nuwe daarstelling. Die mate van die toevoegings en die skending van die Woord, en dus die mate van die boosheid, word dan nou volbring deur die man van sonde en wetteloosheid, wat homself verhef bo God en God se Woord (2Thess. 2). Die afval vanaf die ware geloof wat alleen op die Skrif gebasseer is, moet voltooi word, soos Paulus reeds vooruitgespreek het.
Reeds toe al het die HERE aan die verantwoordelikes destyds gesê: "…tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is … julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te hou … so maak julle die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en derglike dinge van dieselfde aard doen julle baie" (Mark. 7: 7-13). Dit nie meer duidelik gesê word nie: Waar menslike gebooie en leringe ingestel word, word God se Woord kragteloos gestel en word God dus verag en die aanbidding is selfs tevergeefs verklaar deur die HERE.
Daar is nou al so baie kerklike dogmas en leerstellinge daargestel, alles sonder enige Bybelse grondslag, dat dit nou nie meer so ongelooflik is soos wat vereis word nie. Wat lankal opvallend is, in die besonder, is dat die Protestante nie meer protesteer nie. Trouens, die leiers van ander Christelike kerke soek nie ooreenstemming met die Woord van God nie, maar om aan te pas by die moederkerk – toenadering tot Rome. Die vier "alleen" uitdrukkings:
uit genade alleen
Jesus Christus alleen
deur die geloof alleen
die Heilige Skrif alleen
wat die grondslae van die Hervorming en die pilare van die bybelse geloofsbelydenis en die vrye verkondiging van die Evangelie was, word ongelukkig grootliks nie meer gebruik nie.
Die belydenis van 'n klein minderheid, naamlik die Christene wat die volle Evangelie glo, is nog steeds:
"Die Heilige Skrif is die enigste bron en volkome rigsnoer van die geloof, vir lering en van die lewe. Deur die genade alleen word 'n mens deur die geloof in Jesus Christus gered".
Of die vereiste dogma as bindend aangekondig sal word, is nie die deurslaggewende faktor nie, alhoewel die hoë getal van diegene wat dit vereis, vanself spreek. Basies is Maria alreeds in die geestelike wêreld van die Roomse Kerk, of dit nou in 'n dogma saamgevat is, of nie. Voor ‘n proklamasie was die gesprekke daaroor altyd lewendig en was daar altyd omstredenheid en opposisie. In die Eerste Vatikaanse Raad (1869-1870), toe die dogma van pouslike onfeilbaarheid aangekondig was en hoofsaaklik Duitse biskoppe beswaar gemaak het teen die idee, was hulle oortuig om te verlaat, sodat die stemmery en die proklamasie vlot kon verloop.
In die loop van die kerkgeskiedenis was daar baie sulke dogmas aangekondig. Ons noem hier net die laaste drie:
In 1854 proklameer Pous Pius IX die »Onbevlekte Ontvangenis« van die »Moeder van God«, wat nie bestaan nie – ook nie kan wees nie – en dus ook nie bevestig word in die Skrif nie. Van 'n »Onbevlekte« hart van Maria staan ook niks in die Woorde van God nie.
In 1870 was die »pouslike onfeilbaarheid« verklaar as 'n dogma van die Kerk van Rome. Lank voor dit was die pousdom reeds bo die Woord van God en as plaasvervanger van Christus ingestel.
Eers onlangs, in 1950, het Pous Pius XII aangekondig dat Maria, na die voltooiing van haar aardse lewe, met liggaam en siel na die hemelse heerlikheid opgevaar het – en dit in direkte teenstelling met die alleen onfeilbare, ewig-geldige Woord van Christus: "En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is" (Joh. 3:13).