Die Uitdaging van die Christelike Teologie

WIE GLO SOOS DIE SKRIF SÊ?

« »

Baie mense dink hulle glo soos die Skrif sê. Maar die werklikheid is anders. Om te glo soos die Skrif sê, beteken eintlik om God se Woord op elke punt te aanvaar en te gehoorsaam. Een gebruik die woorde: "Geen ander evangelie nie …" en dan het hulle basies 'n heel ander en nie die oorspronklike Evangelie van Jesus Christus en die apostels nie. Alle christelike kerke beweer om bybels te wees, maar wyk tot ‘n mindere of meerdere mate van die Bybel af. Dit is dus nodig om die Heilige Skrif te deursoek en om seker te maak dat die leringe en praktyke daarmee ooreenstem.

Bybel-getroue mense glo en verdedig wat in die Skrif, swart op wit geskryf staan; hulle interpreteer niks om dit dan uit te lees nie. Dit is waar vir hulle wat die HERE sê: "Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei" (Joh. 7:38). Bybelse geloof is glad nie geïntereseeerd in wat kerkvaders – wie mekaar weerspreek, beveg, gevloek en vervloek het – agter gelaat het nie. Baie van dit wat hulle gesê het, was pure onsin en fantasie, soos ook al die legendariese stories.

Die kerk-leiers wat nou so gerespekteer word, het selfs voor die Raad van Nicea (325 nC) en daarna, geen bybelse gronde betree nie, maar geglo en geleer net wat hulle wou. Nêrens word berig van enige van hulle wat deur 'n ware ervaring, tot Christus bekeer het nie – om nie te praat van ‘n roeping ontvang het uit die mond van die HERE nie. Hulle beskou die Christendom as 'n blote godsdiens en het die heidendom in die Christendom ingebring. Hulle gebruik in hul ontwerpe egter deels bybelse terme, maar het dit baie verskillende betekenisse en definisies gegee wat steeds geldig is in die formele kerk vandag. Hulle bly met die onderwerp, maar nie met die waarheid nie.

Omdat hulle nie die Ou Testament geken het nie, het hulle ook die begrip oor die verlossende lyding en dood van Christus ontbreek. Tot die heilige betekenis van verlossing, wat Paulus geleer het, "dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte …" (1Kor. 15:3), het hulle geen toegang gehad nie. Hulle het ook nie die betekenis en omvang van wat Petrus geskryf het erken nie: "… wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe …" (1Pet. 2:24). Hulle is daarvoor verantwoor- delik dat die kern van die christelike geloof verlore gegaan het – naamlik, dat die Verlosser alle skuld en sonde op Hom geneem het, naamlik, die vloek wat op die mensdom was, die losprys betaal het (Rom. 4:25; Gal. 3:13) en dat ons alleen deur Sy soendood die vergifnis, versoening en die ewige lewe het.

Die "Shma Israel" = "Hoor, Israel, die EWIGE, onse God, die EWIGE, is een!". Dit is 'n noodsaaklikheid, 'n bevel, wat nie deur die sogenaamde kerkvaders in ag geneem was nie. By nadere ondersoek redeneer en praat hulle by God verby, want hulle het geen persoonlike verhouding met Hom nie. Slegs uit ‘n ware goddelike ervaring kan ‘n verbinding en direkte toegang tot Hom en Sy Woord verkry word.

Wat Tertullianus, Clement, Hippolytus, Julianus, Origenus, Marceonus, Montanius, Sabellius, Athanasius, Arius, Jerome, Chrysostom, Augustinus, en wie hulle ook al was, geleer het, is dus betekenisloos vir bybelse gelowiges en is nie bindend nie. Hierdie manne het 'n geestelike "chaos" gelos – 'n gemors. Die enigste ware God, die God van Israel, het hulle nie geken nie en hulle het geen openbaring van die plan van verlossing en die gepaardgaande selfopenbaring van God in Christus gehad nie. Selfs die grondlegging van die formele Christendom was verkeerd, en alles wat daargestel was, was ook so! Daarom is die behoefte van die uur: Terug na die oorspronklike Woord, die oorspronklike grondslag, die praktyke van die apostels en profete, sodat die weg van God weer met waaragtigheid geleer en toeganklik gemaak kan word (Luk. 20:21; Hand. 18:24-26).