Die Uitdaging van die Christelike Teologie

‘N ONGELOOFLIKE TRAGEDIE

« »

Die tragedie binne die geledere van die tradisionele Christendom bestaan hoofsaaklik daarin dat hulle in die teologiese skole nie terugkeer na die oorsprong nie. Hulle gaan voort om die sogenaamde »innerlik-trinitariese verhouding« – wat glad nie bestaan in die werklikheid nie en eers sedert die 4de eeu spekulatiewelik uitgevind is – teologies te regverdig. Maar voor God geld dit glad nie. Voor Hom kan alleen geldig wees wat Hy self gesê het, en wat deur Sy diensknegte in die Ou en Nuwe Testament neergeskryf is. Wat die Bybel nie van getuig nie, kan nie vanuit goddelike oorsprong wees nie. Die Ou en Nuwe Testament is die voltooide getuienisse van God, waarby niks later bygevoeg kan word nie, net soos met 'n aardse testament. Paulus het dit duidelik gestel dat by ‘n bekragtigde testament niks bygevoeg of aangevul mag word nie (Gal. 3:15). In die laaste hoofstuk van die Nuwe Testament word dié wat by die woorde van profesie van die goddelike Boek enigiets byvoeg of weglaat, gedreig met die apokaliptiese plae, en hul verwydering uit die boek van die lewe. So ernstig is die saak dat selfs die name van diegene wat in die boek van die lewe is, uitgewis sal word wanneer hulle hulself daaraan skuldig maak!

Paulus het selfs dan, met pyn, voor die einde van die eerste Christelike geslag gewys, dat ook 'n ander Jesus verkondig word, 'n ander evangelie gepreek word en 'n ander Gees werksaam was (2Kor. 11:4). In dieselfde hoofstuk het die apostel geskryf met betrekking tot die verteenwoordigers van die verskillende leringe: "So seker as die waarheid van Christus in my is … want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as die dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke" (vv. 10-15). Johannes skryf dat ons die geeste moet toets en dat daar baie valse profete in die wêreld uitgegaan het. Slegs diegene wat Jesus as die in-die-vlees-gekomde Christus bely, bekend as die Messias, is uit God. "… Elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris …" (1Joh. 4:1-3). Hierdie Woord is van toepassing op alle denominasies wat nie Jesus bybels glo nie, maar leer dat 'n ewige Seun vooraf bestaan het. Hulle praat van "Jesus" as die "Seun", maar het nie gebly met die bybelse getuienis in ooreenstemming met die Gees en die Woord van profesie nie (Openb. 19:10b). Nou is die suiwer leringe as die waarheid op die staander, sodat almal dit kan bekyk en sien deur watter gees hulle gelei word.

In sy brief aan die gemeente in Éfese, weergee Johannes die woorde van die HERE: "… Ek ken jou werke, en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is, en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het" (Openb. 2:2).

In Galásiërs 1 beklemtoon Paulus, dat almal wat 'n ander evangelie verkondig, onder die vloek is. Met 'n ander evangelie moet daar verstaan word dat dit nie ooreenstem met die oorspronklike Evangelie van Jesus Christus en met die leringe en handelinge van die apostels nie. Met sy verantwoordelikheid en gesag, wat uit sy roeping voortspruit, was die apostel bekommerd dat Satan met dieselfde verleiding en bedrieëry in die Gemeente sou slaag soos met Eva (2Kor. 11:2-3). Nie net het die vyand van God die eerste man aan die begin van die skepping, die verderf ingedompel nie, hy het dit ook gedoen selfs nadat hulle verlos was, met diegene wat die Woord van God oortree het en dit nie ernstig opgeneem het nie. Beide leef voort: diegene uit die vroeë geskiedenis deur ongehoorsaamheid; die vroeë Gemeente deur geloofsgehoorsaamheid. Die vyand gebruik altyd die dieselfde metode: deur die Woord van God te bevraagteken: "Is dit ook so dat God gesê het?" en: "Julle sal gewis nie sterwe nie! …" Satan is die leuenaar wat van die begin af die Woord op die mees vrome manier vernietig. Hy het groot sukses in alle godsdienste van hierdie wêreld, want hy is die prins, die god van hierdie wêreld en tree altyd op in ‘n godsdienstige gewaad.