Die Uitdaging van die Christelike Teologie

DIE EINDTYD

« »

In die Heilige Skrif vind ons die terme "die tye", "die eindtyd", "die laaste dae", "wêreldtyd" en ander. Dit is terme wat in die tydpatroon van God belangrik is, in verskillende kontekste. Dit is 'n wonderlike ding dat ons die laaste deel van die nuwe-testamentiese tydvak bewustelik kan ervaar. Die laaste genade-oproep gaan nou uit.

Met die oog op die beloftes in die Woord van God en die naderende wederkoms van Jesus Christus en die vervulling van bybelprofesie, ervaar en verstaan ons, as 'n "teken van die tye", dat daar dringend ‘n helpende daarlegging oor God en Sy plan van verlossing vir die mensdom nodig is. Slegs God se Woord, wat nie onderhewig is aan die veranderende tye nie, maar dieselfde bly tot in ewigheid (Jes. 40:8), kan as autoriteit dien in die geestelike wêreld. So spreek die HERE: "Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie" (Luk. 21:33). Die apostel Petrus bring die Ou en Nuwe Testament in gemeen, met sy aanhaling van die profeet Jesaja: "… maar die woord van die HERE bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is" (1Pet. 1:25).

Die siener Johannes het getuig dat die ewige-geldige Evangelie getrou verkondig sal word aan al die inwoners van die aarde, al die nasies, stamme en tale (Openb 14:6). Onse HERE het ook gesê: "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld as getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom" (Matt. 24:14). Hierdie profesieë word nou vervul en soos dit sê, moet die Evangelie verkondig word aan al die nasies voor die einde. Ook aan die mense van ander godsdienste wat geen of 'n baie verskillende begrip van God het, soos aan ons in die Heilige Skrif getuig word. Die Evangelie, wat nou verkondig moet word, kan nie anders wees as dit wat aan die begin verkondig was nie, die Evangelie wat God self in Christus geopenbaar, en die wêreld met homself versoen het (2Kor. 5:19).

Al die profete en God-gestuurde manne het in hul dag opgetree teen die tendense van hul tyd. As God nie met hulle was nie, sou die golwe hulle meegesleur het. Elke keer wanneer God Sy diensknegte gestuur het, het Hy heilsgeskiedenis gemaak. Maar elke keer was Sy gesante soos vreemde voorwerpe beskou; hulle het nooit ingepas by die bestaande godsdienstige stelsels nie. Hulle was onder opdrag, was in die diens van die Allerhoogste en het Sy wil gedoen.

Daar was ten alle tye uitsonderings, wat teen die godsdienstige stroom gegaan het en die Heilige Skrif, naamlik die Ou en Nuwe Testament, deeglik ondersoek en so die bron self bereik het. Slegs dan kan ‘n mens onderskei tussen wat die Bybel werklik leer en wat deur die kerkgeskiedenis oorgedra is.

Tot dieselfde mate waarin die post-apostoliese tydperk, ná Polycarpus en Irenaeus, die manne binne die Christendom wat inderdaad uit die heidendom gekom het, hulself gedistansieer van Judaïsme, het hulle die Ou Testament verontagsaam en die Nuwe volgens hul eie begrip geïnterpreteer. Noemenswaardig is die feit dat hierdie skeiding vanaf Judaïsme plaasgevind het op dieselfde tyd met die koms van die »Drie-eenheid« idee. Geen Christen wat in die eenheid van God geglo het, het die Jode ooit gehaat nie. Hierdie dodelike haat het begin met die voorstaners van die »Drie-eenheid«, wat die Jode beskuldig het dat hulle verblind en verwerp is. Gedurende hierdie tydperk, was hulle kollek-tiewelik veroordeel as »Christus moordenaars« en later selfs as »Godsmoordenaars«. So was die oorspronklike fondasie van die apostels en profete verloor. Hierdie van-die-Woord-afgerokkelde rigting, was verenig met wêreldmag. So het 'n rampspoedige era in die kerkgeskiedenis, bekend as die "Donker Eeue", aangebreek.

Die »Dogma van die Drie-eenheid« is eintlik op 1 Mei, 381 nC deur Keiser Theodosius I verklaar as die »staatsgodsdiens« in die Romeinse Ryk, en in 447 nC deur Pous Leo as bindend verklaar. Rondom die jaar 500 nC het die priesters uniform ontvang en is staatsamptenare gemaak. Daarmee was die skeiding tussen die priesters en die toehoorders bewustelik gemaak. Volgens die getuienis van die Heilige Skrif, is die hele Gemeente van die verlostes "die heilige priesterdom" (1Pet. 2:9 en Openb. 1:6a, o.a.). Daarna het die verskriklike duisend jaar outokratiese heerskappy van die Romeinse koninklike kerk begin, tot die uitbreek van die Hervorming.

Sedert die bekendstelling van die Christelike staatsgodsdiens, was alle Romeinse burgers daartoe verplig. Terwyl die Romeinse staat in die vroeë eeue gestreef het na die »nuwe godsdiens«, ongeag hul eienskappe, het al die ander gelowe vervolg, wat nie gedwing kon word in die verenigde kerk nie. Die geskiedenis vertel van die kruistogte, teen almal wat die »Drie-eenheids« kerk, wat ook die keisers-kerk geword het, teengestaan het. Dit vertel ook van die pogroms, godsdienstige oorloë, die Spaanse Inkwisisie en die vervolging van die Waldense en moord op die Hugenote in Frankryk en nog baie meer.

Aan die einde van die eerste Christelike millennium het die godsdienstige mag die wêreldmag heeltemal oorheers. Tot dan het die keisers die pouse aangestel, maar van toe af het die pouse die keisers aangestel. Dit was Pous Nicholas II wat dit besluit het in die jaar 1059. Onder die vaandel: "In die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees" het die kruisvaarders gereëlde kruistogte gemaak teen die kerke en gemoor, met die kruis in die een hand en 'n swaard in die ander hand. Toe Pous Urban II in November 1096, soos besluit by die Raad van Clermont in 1095, die oproep maak om Jerusalem en die graf van Jesus onder Christelike heerskappy te bring, het hulle 330,000 kruisvaarders, oorwegend uit Frankryk, gereed gemaak en die kruisvaart begin. 40,000 het uiteindelik Jerusalem bereik onder Gottfried von Bouillon. Die Pous het gesê: "Dit is God se wil!" en so moes sy onderdane dit ook doen. Soos wat hulle misdade gepleeg het, was die moordenaars vergifnis gegee, al langs die pad. Nie net in Jerusalem het die bloed vrylik gevloei nie, groot gebiede was vir eeue met bloed deurweek, was dit gerapporteer. Die biograaf van Koning Friedrich II, wie later gekroon was as koning van Jerusalem, het in een van die kruistogte geskryf in sy dagboek:

"Ons het die heilige stad deur die bloed betree, en ons pad oopgeveg na die graf van Christus – dit is werklik 'n heilige oorlog". Soos vee was hulle "in die naam van die vader, die seun en die Heilige Gees" by die massas geslag. Die eerste '»Drie- eenheids« kerk' het met hul leringe, soos met ‘n driehoekige ysterknuppel, volke en stamme genadeloos uitgemoor.

Die pouse, as die hoofaanvoerders van die »Drie-eenheid« lering, is, soos geskiedenis toon, verantwoordelik vir al die gruwels wat in die naam van die »Christelike Katolieke« godsdiens gepleeg is. Hulle het ook die openbare branding van die Talmud bestel in 1244 en in 1731 ook alle boeke wat in die Hebreeuse taal geskrywe was. Joodse uitsettings, die vervolging van ander gelowe en moord partye was min of meer deel van hulle program, want hulle was beskuldig as vervloektes en van dwaalleringe.

Hele Europese lande is op aandrang van die Kerk »Jood-vry« gemaak: Spanje in 1492; Portugal in 1496, ens. In Pole alleen is in 1648 ongeveer 200,000 Jode op die mees wrede maniere vermoor – geslag, vermink, gekap. Die geskiedenis van die pouse is deurweek met baie bloed, met Joodse bloed en die bloed van bybelgetroue martelare. Die »finale oplossing« het in ons tyd plaasgevind en het alleen 6 miljoen Jode, insluitend 1,5 miljoen kinders, hul lewens gekos.

Die »demonisering« van die Jode deur die Kerk van Rome was ongelukkig ook in ons tyd in die gedagtes van die mense geplant. Selfs Luther, gebore en grootgemaak as 'n Katoliek, kon hom nie daarvan losmaak na sy bekering nie. Die impak daarvan was 'n verskriklike klimaks in die Holocaust deur die Rooms-Katoliek oorheersde Hitler-regime. Eers onlangs is die Jode nie meer vervloek deur die kerk nie en die beskuldigende gedeeltes is eers sedert die Tweede Vatikaanse Raad (1962-1965) van die Goeie Vrydagdiens verwyder.

Die erkenning van Israel deur die Vatikaan was maar 'n paar jaar gelede vasgelê in ‘n grondleggings-verdrag, en ‘n jaar later, naamlik op 15 Junie 1994, het die vestiging van diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande plaasgevind. Of die houding jeens Israel regtig verander het, is te betwyfel, omdat die Vatikaan natuurlik aan die kant van die vyande van Israel is.

Jode het nog altyd die dood, selfs selfmoord verkies bo die aanneming van 'n »Drie-eenheid« en »trinitariese doop«, en net so is daar ook ontelbare bybel-getroue Christene. Dit moet alle opregte mense tot nadenke lei. Tot vandag toe nog spreek fanatiese »Drie-eenheid« voorstaners, hetsy in die formele- of onafhanklike kerke, ongelukkig nog steeds dieselfde haat teenoor bybel-getroues uit.

As ‘n lering korrek en van goddelike oorsprong is, dan sal die uitwerking daarvan dieselfde goddelike spore van "liefde, vrede en seën" laat. Die Jode het nooit die bekering van ander nasies tot hulle geloof in die een ware God geëis nie, of onder hulle geëvangeliseer nie. Geweld en dwangkerstening is die kenmerke van die Romeinse Rykskerk. Waar veel mag is, is daar ook die misbruik van mag wat met bloedige spore deur die hele kerkgeskiedenis loop.