Die Uitdaging van die Christelike Teologie

‘N UITDAGING AAN ALMAL

« »

Die profeet Elia het na die berg Karmel opgegaan en die volk van God saamgeroep. Die 450 profete van Baäl en 400 profete van Asjéra het gekom om die besluit mee te lewe. Toe verklaar die profeet: "… die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees". En kyk, God het geantwoord! Selfs nou, moet 'n goddelike besluit geneem word. As die HERE God is, dan sal ons Hom dien. As Sy Woord waar is, dan wil ons alle ander as vals daar laat. Die tyd kom, dit is inderdaad baie naby, dat God sal opstaan en die werk wat Hy begin het, voltooi. In daardie beslissende oomblik moet ons op die regte kant staan. Deur Sy Woord rig Hy nou 'n uitdaging aan almal.

'n Wêreldwye oproep moet nou gemaak word aan die mense van alle denominasies en alle gelowe. So baie gelowe kan nie lei tot God en reg wees nie. Net wat van Hom af kom, kan terug lei na Hom toe. Vir HOM self, kan ons net daar ontmoet, waar Hy ons ontmoet het. Daar is ook net die een weg vanaf God na ons, dit is ons weg na God. Tot vandag toe is daar net ‘n enkele Een wat kon sê: "EK is die weg, en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie" (Joh. 14).

Is die volgende terme geldig voor God in die hemel: »Drie- eenheid«, »Drie-voudigheid«, »Trinitariese God«, »Drie-enige God«, ens, wat Hy Homself nooit in die mond gelê en nooit genoem het nie? Daar is egter God-vreemde »entiteite« wat deur goddelose filosofiese teorieë ingekruip het! So, wat is die waarheid oor die »Drie-eenheid«? Die waarheid oor die »Drie- eenheid« is dat dit glad nie bestaan het in die ewigheid nie, nie teenwoordig was in die loop van tyd nie en sal glad ook nie in die ewigheid bestaan nie!

In die Ou Testament word die begrips-benoeming "die HERE God" saam geweergee. Daarinteen vind ons in die nuwe-testamentiese teks, tot by die brief van Judas, nie een maal die begrips-benoeming "die HERE God" nie, tensy in 'n aanhaling uit die Ou Testament. Hierin lê die groot geheimenis van God, wie ons in die Nuwe Testament ontmoet in Sy menswording, maar waarvan niemand duidelikheid het of die oorsprong ken nie. Soos in 1Korinthiërs 6:14 byvoorbeeld staan: "En God het ook die HERE opgewek …". Die openbaring van wat die goddelike bly en wat vlees geword het, loop hand aan hand langs mekaar, met mekaar, in mekaar in, totdat die mense van God se welbehae die voltooiing van die vergoddeliking bereik en die verlostes aan die Verlosser gelyk word (1Joh. 3:1-3).

In die Nuwe Testament verskyn "God" en "die HERE" afsonderlik soos Vader en Seun, tot by die profetiese boek van die Bybel, Openbaring. Eers dáár vind ons weer die benoeming "die HERE God".

Die godsdienstige leiers het Jesus beskuldig van godslastering (Joh. 5 en 10), want Hy het Homself – volgens hulle – God gemaak. Hulle het geen begrip gehad oor die feit dat die Verlosser, gebore as ‘n mens, moes ly en hier moes sterf nie, en as HERE die mag uit die dood moes neem nie. Hulle het hom beskuldig: "Dit is nie oor 'n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U, wat 'n mens is, Uself God maak". Sy antwoord was: "… sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik — omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God? … dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom" (Joh. 10:33-38).

Paulus het gepraat van die verborgenheid van "Christus en die Gemeente" en die verwerkliking daarvan, soos God, die Skepper van alle dinge, van voorneme was van ewigheid af, om dit tot uitvoering te bring in Jesus Christus, onse HERE, (Efé. 2 en 3, ens). Voordat daar iets tydeliks was, het God in die ewigheid reeds alles vooruit bepaal. Lank voor die mens daar was en kon val, naamlik, selfs voor die grondlegging van die wêreld, het die Alwetende Sy plan van verlossing geneem en ons verlossing deur die Lam van God bestem, wat gekies is in die oë van God, voor die grondlegging van die wêreld (1Pet. 1:20-21). Voor die grondlegging van die wêreld was die name van die verlostes reeds geskryf in die boek van die lewe van die Lam. Voor die grondlegging van die wêreld het God ons bestem om Sy seuns en dogters in Christus te wees (Efe 1:4-5). Voor die grondlegging van die wêreld het die Vader reeds die Seun en ons in Hom liefgehad. Dieselfde ewige heerlikheid waarmee die Seun van God van gedaante verander is, was reeds daar vir Hom en die wat aan Hom behoort, voor die grondlegging van die wêreld: "En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is" (Joh. 17:22-24). Aangesien God ewig is, het Hy sy plan van verlossing, in ewigheid uitgepraat. Daarom verstaan die tydelike, natuurlik-verstandige mense Hom nie; dit is die probleem. Voor die grondlegging van die wêreld is alles reeds deur Hom gedoen, selfs al kom dit net in die loop van tyd tot uitvoering en tot ‘n werklikheid.

Die Verlosser was nie net die Messias, wat "gesalfde" is, nie. Hy het die een wat die mag oor die dood gehad het, naamlik die duiwel, vernietig en so ons vryheid bewerkstellig. Daarom is Hy in alle opsigte gelyk aan Sy broeders (Heb. 2:14-18). In hierdie verband, het die profeet in die Ou Testament gesê: "Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood! Dood, waar is jou pestilensies? Doderyk, waar is jou verderf?" (Hos. 13:14).

Paulus kon die oorwinningskreet uiter, dit wat sy vervulling by die wederkoms van Jesus Christus sal vind: "Die dood is verslind in die oorwinning. Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?" (1Kor. 15:50-58). Deur die opgestane Christus, is die dood oorwin. Binnekort sal die dood verslind wees in die oorwinning en in die voleinding sal ons vir ewig niks meer van dit hoor of sien nie. "Hy sal die dood vir ewig vernietig, die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee … En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp" (Jes. 25:8-9). "Kyk, die tabernakel van God is by die mense en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie …" (Openb. 21:3-4).