Die Uitdaging van die Christelike Teologie
In die nuwe-testamentiese Gemeente was elke aanvanklike leerstelling en praktyk, volgens God se wil en besluit. Die afwykings en veranderinge het egter baie gou begin. Hierdie tragiese situasie het so 'n mate bereik oor die daarop volgende eeue, dat daar amper niks van die vroeë Christendom te vinde was nie. Ons moet die oorspronklike spoor ontdek, wat in die Bybel vergelyk word met die "smal weg" en dit nou weer volg, anders sal ons voortgaan op die "breë weg" en die ewige doel mis.
Beide die egte sowel as die valse, het deurgans die kerk-eeue heen gepropageer. Selfs in die tyd van die apostels het manne wat geen goddelike roeping gehad het nie, hul persoonlike opinies voorgehou wat dan in vreemde leringe ontwikkel het. Selfs nou, moet elke onderrig, elke getuie en elke handeling met die oorspronklike van die vroeë Christendom vergelyk en versoen word. 'n Ware profeet, 'n ware apostel, 'n leraar, wie God in Sy Gemeente geplaas het (1Kor. 12:28; Efe. 4:11), moet en sal vandag verkondig wat al God-gestuurde profete, apostels en leraars vir ons in die Skrif gelaat het. Vanuit een goddelike bron kan net dieselfde openbaring en inspirasie elke keer voortkom.
Manne van God het nie hul persoonlike kennis aangebied nie, maar, gelei en geïnspireer deur die Heilige Gees, het hulle die woorde van God gepraat. Op hierdie maatstaf, wat altyd saamval met die Bybel, moet alle verkondigers, ongeag hul denominasie, gemeet word. Baie wil aan God 'n diens lewer sonder om eers uit te vind wat die wil van God is. Opregtheid is te bespeur in alle godsdienste. Selfs die toewyding, hoe baie hul tyd gebruik vir hulle oortuigings en praat van die erns wat hulle besiel. Maar natuurlik kan ‘n mens opreg en tog verkeerd wees. Selfs die sogenaamde "kerkvaders" het beslis goed bedoel toe hulle hul persoonlike menings as leerstellings oorgedra het en hul heidense idees in die Christendom ingebring het. Hulle wou die hele mensdom dien en nie die volgelinge van die heidense gode aanstoot gee nie. Maar so het hulle 'n heidense-christelike godsdiens tot stand gebring. Hul goeie bedoelings getuig reeds toe al van die ekumeniese gees, maar was nie in die wil van God nie. Hulle het afgewyk van die weg van God af, waartoe hulle ander wou bring. Tot die mate dat hulle naderhand, deur baie kompromieë, nader aan die gebruike van die mense gekom het, wat hulle meer en meer laat wegbeweeg het van God en Sy Woord.
By God bly alle dinge van die begin tot die einde dieselfde. Hy self, Sy Woord en Sy werke was nog nooit onderworpe aan die veranderende tye nie en sal in ewigheid onveranderd bly. Hy is verplig tot Sy Woord, en almal wat in Hom glo, word ook in gehoorsaamheid daaraan verbind. Dit is die goddelike wese, waardeur diegene wat dit in hulself opneem, in hulle die Gees- goddelike natuur deelagtig word en met Hom een word (2Pet. 1:3-4).
Ons sal nie hier die post-apostoliese tye en die Middeleeue, waarin die oorspronklike bybelse leringe byna geheel en al verlore gegaan het, in detail bespreek nie, maar die sprong van die vroeë Christendom tot die Hervorming maak en net kortliks die geskiedenis van die nuwe-testamentiese kerk van daar af tot vandag aanraak. Na die duisend jaar van outokrasie van die Kerk van Rome, was daar sedert die 6de eeu daarin geslaag om in die 16de eeu weer die deurbraak na die vrye verkondiging van die evangelie te maak. Baie name kan genoem word vanuit die Hervorming: Die bekendste is waarskynlik Martin Luther, wie Jan Hus hoog aangeskryf het, omdat hy, aangemoedig deur John Wycliffe, die deurbraak van die Hervorming voorberei het, deurdat hy sy lewe neergelê het op die brandstapel van die raadsvaders in Konstanz. Ook het Zwingli, Calvyn, Schwenkfeld en andere, hul bydrae gemaak.
Deur die Hervorming het die gelowige mense ervaar wat genade beteken; dit was die eerste stap terug na die vroeë Christendom: naamlik, regverdiging deur geloof. Daarby het die mense 'n gees- bewerkte berou ervaar vir alles in hul lewe wat nie reg voor God was nie en het die naam van die HERE aangeroep. Die Heilige Skrif noem dit "berou toon", wat niks met "bekering" te doen het nie. So word ‘n mens verseker van die redding van die siel deur die geloof in die volbragte werk van verlossing. Deur die vergifnis en regverdiging deur geloof (Rom. 1:16-17; Rom. 5, o.a.), waardeur die gelowig-gewordenes vrede by God ontvang (Rom. 5:1).
Die ervaring van bekering lei tot verdere ervarings. Soos bekend is, was daar sedert die Hervorming se deurbraak verdere geestelike ontwakings, en daardeur verreikende geestelike herlewings wat elke keer die gelowiges dieper in die Woord geneem het. Onder John Wesley en baie ander wat op dieselfde tyd verskyn het, het 'n nuwe herlewing uitgebreek waar die klem op heiligmaking gelê is, naamlik om die Woord van God uit te leef. Net soos mense voorheen die sekerheid in gebed verkry het en die vergifnis van sondes ontvang het, en geregverdig was, het die gelowiges gebid en die heiligmaking ervaar. Geloof kom altyd volgens die Woord van die evangelie wat verkondig was. Hierdie tweede herlewing was ontvang as die "Metodiste herlewing" in die geskiedenis van die Kerk. Dit was 'n voortsetting van die gelowiges se God-gewyde lewe.
Die doop-beweging het ook in die tyd van die Hervorming begin. Die verskillende geloofsrigtings, insluitend die Mennonite, Baptiste, Pinksterkerke en andere, het weer die doop deur onderdompeling beoefen van die wat geglo het. Elkeen wie 'n gelowige geword het, het nie gebly met die regverdiging en die ervaring van heiligmaking nie, maar in gehoorsaamheid die opdrag van die HERE gevolg en is onmiddellik gedoop deur onderdompeling. In al hierdie geestelike ontwakinge sedert die Hervorming, het die Gees van God natuurlik die verlore bybelse waarhede weer aan die lig gebring. Die doel is dat die nuwe- testamentiese Gemeente aan die einde van die genadetyd by die wederkoms van Jesus Christus in dieselfde toestand gevind kan word soos dit was met die apostoliese tydperk aan die begin. Die HERE het waarlik in Sy Woord belowe dat tye van verkwikking en 'n "geestelike reën" sal kom en dat 'n restitusie sal plaasvind voor die wederkoms (Hand. 3:19-21, ens).
Soos daar sedert die aanvang van die nuwe-testamentiese Gemeente en in die verloop van die daaropvolgende eeue, 'n ontwikkeling weg van die Woord ondervind was en 'n menslike tradisie ontstaan het, het daar sedert die Hervorming ‘n wegbeweeg van die ou tradisies onder die bybel- getroues plaasgevind, terug na die oorspronklike proklamasie.
Met die draai van die eeu, het 'n magtige werk van die Gees uitgebreek wat na al die kontinente versprei het. Elke land het sy eie ondervinding oor hierdie herlewing. Die gees van God het wêreldwyd gewerk, maar die gebeurtenis van 1906 in Los Angeles op die "Azusa Street" word beskou as "die geboorte" van 'Pentekostalisme'. Die trinitariese pinksters noem nie dat die byeenkoms in "Azusa Street" ‘n "Oneness" byeenkoms was nie, 'n groep wat in die "eenheid" van God geglo het. Dit was die prediker Charles F. Parham, wat die Bet-El Kollege in Topeka, Kansas geopen het in Oktober van 1900. In 1905 begin hy met 'n Bybel seminaar in Houston, Texas. Daaraan het ook die later beroemd-geworde William J. Seymour deelgeneem, wie die leier van die "Azusa Street" gemeente geword het, waar hierdie geestes werking begin het, wat feitlik oor die hele aarde versprei het. Later het hierdie beweging die "United Pentecostal Church International" geword.
In Duitsland – ongelukkig moet mens sê: in geen ander land op God se aarde nie – het van die geestelike leiers as gevolg van sekere gebeure in Kassel, veroorsaak deur twee vermeende "profete" van Noorweë, in die algemeen teen die werking van die Gees gekom. Hulle het iets veroordeel wat hulle self nie beleef het nie. Op 15 September, 1909 was die sogenaamde "Verklaring van Berlyn" deur hulle onderteken. Die name van diegene wat dit onderteken het is daarin opgeneem. In hierdie verklaring was die Pinkster-beweging, saam met hul leiers, van "besetenheid" beskuldig en beskryf as ‘n "demoniese Pinkster-gees van onder". Het hierdie manne nie geweet dat die Gees waai waar Hy wil nie? Op diegene wat so oordeel, kan dit nie blaas of deur hulle werk nie. Hulle was, sonder om bewus te wees daarvan, die slagoffer van hul eie argumente en het die onvergeeflike sonde teen die Heilige Gees begaan (Luk. 12:10).
Sommige mense glo dat hierdie wending die seën van God van Duitsland af weggedraai het en die vloek, tesame met al die verskriklike gevolge van die Eerste en die Tweede Wêreldoorloë, oor ons vaderland gebring het. Veral Berlyn, wat inderdaad die hoofkwartier van die geweldenaars was, vanwaar die mees verskriklikste menseslagting van alle tye veroorsaak was. Die woorde uit die Bybel: "Wat 'n mens saai, dit sal hy ook maai", is in elk geval ook van toepassing op die godsdienstige leiers wat nie hul uur van God se genadiglike besoeking herken nie. Dit is skandelik wanneer manne wat vir hulself die Bybel in die hand neem en preek daaruit, respek vir die hoofstukke oor die werking van die gees verloor. Omdat hulle dit nie wil aanvaar nie, spreek hulle eintlik 'n oordeel oor hulself uit.
In die vroeë Christendom het mense die skrifte deursoek, of die dinge so was. Maar hierdie manne, wat edelmoedigheid met piëtisme verwar het, word deur hul eie vroomheid verdoem. Hulle moes opgelet het dat, wanneer hul bedieninge, hul prediking en praktyke vergelyk word met die Skrif, dit by verre nie pas met wat die apostels ontvang het nie. Daar is eenvoudig net te veel wat in hul vorme gestol gebly het en geestelik bly staan het. Maar God is nie 'n God van die dooies nie, maar van die lewendes. Waar Hy werk deur Sy Gees en Sy Woord, word die dood geestelik opgewek en deur die geloof in Jesus Christus lewendig gemaak.
Direk na die Tweede Wêreldoorlog het God in Sy getrouheid 'n hele nuwe begin geskenk. As Sy werktuig en mondstuk gebruik Hy toe vir William M. Branham (1909-1965), ‘n man wat in die noodlottige jaar 1933 deur Dr. Roy Davis verordineer was as prediker in die "Southern Baptist" kerk in die Verenigde State van Amerika. Soos Paulus van 'n hemelse roeping kon praat toe hy gesê het: "En skielik het ‘n groot lig uit die hemel my omstraal …" (Handelinge 22, vanaf vers 6), so ook kon William Branham getuienis van sy bonatuurlike roeping lewer. Dit het gebeur op die aand van 7 Mei, 1946, toe die bonatuurlike lig in 'n kragtige kollig in die kamer geskyn het waarin daar skielik 'n hemelse besoeker, wie se voorkoms hy akkuraat kon beskryf, voor hom gaan staan het en vir hom sê: "Moenie vrees nie! Ek is vanuit die teenwoordigheid van God na jou gestuur …". Hy berig, soos Paulus by 'n paar geleenthede vertel, van wat gebeur het, wat gesê was en van die opdrag wat aan hom gegee was. Sover bekend is, was hy die enigste in ons tyd, wat so 'n direkte hemelse roeping en sending ontvang het.
Die nuwe-testamentiese heilsgeskiedenis het begin met God se bonatuurlike werk op aarde: 'n Engel het na Sagaria gekom en aan hom die geboorte van Johannes die Doper aangekondig; 'n Engel het na Maria gekom en die geboorte van Jesus Christus aangekondig. Die engele-skare se gesang het deur Bethlehem weergalm en 'n engel het aangekondig "dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die HERE, is" (Luk. 2:11). Soos 'n rooi draad loop dit dwarsdeur die hele Nuwe Testament tot by Openbaring, waar dit aan ons vanaf die eerste hoofstuk van die sending van die engel aan Johannes vertel word. Daar waar God werksaam is vandag, gebeur die bonatuurlike selfs nou nog – soos dit was op Pinksterdag en daarna.
Dit het God behaag om, deur William Branham, die wêreld-wye genesings-herlewing te begin in hierdie eeu. Alle evangeliste – Oral Roberts, T. L. Osborn, Tommy Hicks en vele ander – wat later in die genesings-herlewing bekend geword het, het jare later eers begin. As hulle eerlik is, sal hulle bevestig dat dit in 'n Branham vergadering is waar hulle hul inspirasie en geloofs- versterking ontvang het. 'n Uitsondering is Billy Graham, wat deur die "Southern Baptist Convention" tot 'n evangelis verkies was in 1950, maar het geen genesings-bediening gehad nie. Die geestelike bewegings wat vandag bestaan, en die genesings- en herlewings-bedieninge, het oorwegend ná die baanbrekers- bediening van William Branham begin, wie in 1946 alreeds begin het. Dieselfde geld vir die sakelui van die 'FULL GOSPEL BUSINESSMEN’S ASSOCIATION' en die verskillende charismatiese strominge, wat ook daardeur tot stand gekom het.
Sedert die dae van ons HERE en die apostels was daar geen vergelykbare bediening nie. Na die preek, het hy hom op die mense beroep om ‘n besluit te maak vir Christus en daarna vir die siekes gebid. Hy het nie die ernstige gevalle afgesit nie, maar vir almal gebid en God op Sy Woord geneem. Hy het herhaaldelik die woorde van Hebreërs 13 vers 8 beklemtoon: "Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid" en Johannes 14 vers 12: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit …". Hy het geglo wat die HERE gesê het, en daar was tekens en wonders, miljoene vanoor die wêreld kon daarvan getuig.
In groot byeenkomste, wat baie gou deur massas getrek was, kon blindes op die platform weer sien, die dowes hoor, die stommes praat, kreupeles kon loop. Onder al die siekes en lydenes was talle wat genees was van kanker, want toe W. Branham geroep was, was hy meegedeel dat hy 'n gawe van genesing sou ontvang van God af en dat niks in die pad van sy gebed sal staan nie, selfs nie kanker nie, as hy net die mense kon kry om hom te glo. Dieselfde soort tekens en wonders soos in die bediening van onse HERE Jesus Christus het gebeur in ons generasie. Keer op keer het die ooggetuies uitgeroep: "… niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met Hom is nie" (Joh. 3:2).
William Branham het nie aan die »Drie-eenheids-«, ook nie aan die »Eenheids« denominasies behoort nie. Sy buitengewone bediening was ongelukkig, net soos dit met Jesus gebeur het destyds, deur die geestelike leiers die wêreld oor afgekraak. En weer was dit 'n Duitse Dr. So en So wie van die eerstes was om William Branham en ander genesings-evangeliste kwaadwilliglik in 'n boek aan te val. Vreemd is dat sulke mense hulself niks het om aan te bied nie, net 'n teoretiese breedsprakigheid. Van 'n goddelike bevestiging was daar met hulle geen spoor te vinde nie. Net soos die geleerde en oortuigende skrifgeleerdes destyds die bediening van die HERE toegeskryf het aan Beëlsebul, so doen hul eweknieë dit ook in hierdie tyd.
Alle evangeliste wat sedert die einde van die veertigerjare tot die middel-sestigerjare, in die genesing herlewings deelgeneem het, het eerstehandse kennis van dit wat God gedoen het. Omdat William Branham die volle Evangelie verkondig het, het die twee groot pinkster bewegings, die 'ASSEMBLIES OF GOD' en die 'UNITED PENTECOSTAL CHURCH', die meeste daardeur gebaat. Toe daar 'n dag vasgestel word, waarin hy met verteenwoordigers van die twee bewegings kon praat om te kies tussen hulle – want elkeen wou hom vir hulself alleen hê – het God hom 'n visioen gegee. Hy het twee bome vol ryp vrugte gesien. Op die een het gestaan »Drie-eenheid« en op die ander »Eenheid«. In hierdie visioen het hy homself sien staan tussen die twee bome, met een hand om die een boom en die ander om die tweede. Hy skud toe beide bome met geweld, en kyk, al die vrugte van hierdie bome het op hom geval. Hy deel toe hierdie ervaring met die broeders, wat nie voorheen met mekaar wou praat nie. Hy het vir hulle gesê:
"Sien julle dat God my nie toelaat om partydig te wees nie. Hy het my gestuur na Sy volk wat in hierdie twee pinkster kampe en oral gestrooi is". Toe skud hulle hande, en William Branham bid toe vir hulle. Die gevolg was jarelange samewerking en 'n ryke oes van siele wat in God se koninkryk gekom het, as die vrugte van die verkondiging.
Die Pinksters het baie gehou van die massas wat deur die Branham bediening na hulle toegestroom het, maar het hom self later verwerp omdat sy leringe uitsluitlik op die Skrif gegrond was. Daarvoor is Dawid Du Plessis hoofsaaklik verantwoordelik, wie ‘n getuie was van William Branham se histories-ongekende byeenkomste in Suid-Afrika in 1951 en hom gevolg het na die VSA, en later wêreldwyd as »Mr. Pentecost« bekend geword het, maar bewysbaar meer ekumeniese as Heilige Gees gehad het. Hy sit trots agter die paradoksale stelling: "Branham is 'n magtige en ware profeet, aan wie die HERE alles openbaar, maar moenie luister na wat hy leer nie!" Hoe werk dit? Kan uit dieselfde bron soet en bitter kom? So ook het Gordon Lindsay, Kenneth Hagin en andere hulself uitgespreek. Het elkeen nie die plig om die Skrif te ondersoek en vir jouself te toets nie? Maar hulle verkies om te oordeel uit hul eie perspektief, en dit gebeur tot vandag toe.