Die Uitdaging van die Christelike Teologie

DIE TWEE BEGININGE

« »

Die twee begininge is realiteite wat nie eers nog hoef bewys te word nie. So seker soos daar beslis 'n natuurlike begin deur die skepping van die mens was, wat vandag nog bestaan, so seker is daar beslis ook 'n begin deur die geboorte uit die Gees, wat ook 'n werklikheid is in al die bybel-gelowiges.

Ons sien vir Eva, wat die vyandige saad, naamlik die van die slang opgeneem het en ook vir Adam in die oortreding ingesleep het. Dan sien ons vir Maria, wat die goddelike saad aanvaar het en geboorte gegee het aan die Verlosser, wat die "tweede Adam" is, en daardeur die ewige lewe vir ons teruggebring is (1Kor. 15:45- 49). God het Sy saad deur die Gees in Maria verwek, sodat hierdie goddelike saad in die vlees kon verskyn as die Seun van God, die slang se kop kan vermorsel en ons sodoende die redding gee. "Saad" beteken "nakomenskap" of "nageslag".

Omdat die slang Eva bedrieg het en Kain daaruit as natuurlike saad voortgekom het, soos daar inderdaad geskryf staan: "… Kain wat uit die bose was …" (1Joh. 3:12), het die HERE God vir die slang gesê: "Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt" (Gen. 3:15). Deur die verwekking moes God 'n natuurlike saad skep, om die angel van die dood uit hierdie tot- dood-veroordeelde liggaam te trek en sodoende die fisiese liggaams-verandering te verseker. Hierdie "saad" van God is Christus (Gal. 3:19 o.a.).

Soos die eerste Adam, deur sy ongehoorsaamheid, die dood aan almal gebring het, so het die "tweede Adam", deur Sy gehoorsaamheid tot die dood aan die kruis, aan die gevalle mensdom verlossing, vergifnis, versoening en die ewige lewe verkry:

"Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees" (1Pet. 3:18-19).

"Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel" (Kol. 1:21-22).

"Hom het God voorgestel in sy bloed as 'n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys …" (Rom. 3:25).

"Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens. … So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het 'n lewende siel geword; die laaste Adam 'n lewendmakende Gees Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die HERE uit die hemel. … En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra" (1Kor. 15:21, 45, 47, 49).

"Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook die gehoorsaamheid van die Éen baie tot regverdiges gestel word" (Rom. 5:18-19).