DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde

God/Elohim – Here/Jahweh Waardevolle Vergelykings

« »

Die Septuagint vertaal die Hebreeuse woord "Elohim", wat vanaf Génesis 1:1 tot 'n totaal van 3526 keer verskyn en in ons bybels met "God" vervang is, as "Theos". Die woord "JAHWEH"/JHWH, wat vanaf Génesis 2:4 tot 4024 keer geskryf is, en in ons bybels as "Here" geskryf staan, is as "Kyrios" vertaal. Verder is die woordverbinding "Elohim-Jahweh" ("die Here God"), 6356 keer in die Bybel.

Elke Hebreër was en is dit eens dat met "Elohim" die enige en enigste God, die Skepper van hemel en aarde bedoel word. Hy het Homself alreeds in die Ou Testament as "die enigste" voorgestel, die Ek Is. Hy, die ewige Een, bestaan ​​nie in 'n pluraliteit van persone nie, maar Hy openbaar Homself wel in die veelvuldigheid van Sy manifestasies (Teofanies) as Skepper, Onderhouer, Verlosser, Koning, Regter, ens. Dit is nie name nie, maar persoonlike God-verwante eienskappe. God heet nie "Skepper" nie, Hy is Skepper. Hy heet nie "Koning" nie, Hy is Koning. Hy heet nie "Regter" nie, Hy is Regter. Hy heet nie "Redder" nie, Hy is Redder, ens. – en tog is Hy altyd dieselfde.

Net 'n paar voorbeelde: In Génesis 14:19 kom Hy voor as "El Elyon" – die allerhoogste God: "... Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste (El Elyon), skepper van hemel en aarde"

In Génesis 17:1 verskyn Hy aan Abraham as "El Shaddai" – as Almagtige God: "... Ek is God, die Almagtige – El Shaddai; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees".

In Génesis 21:33 staan "El Olam" – die ewige God: "… en hy (Abraham) het ... daar die Naam van die Here, die ewige God – El Olam, aangeroep".

In Jesaja 9: 5-6 vind ons die belofte van die geboorte van die Seun: "... en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God – El Gibbor, Ewige Vader, Vredevors ...".

Alle Hebreeuse woorde wat begin met El- of eindig met -el, getuig van God. Net so verwys al die woorde wat begin met Jah- of eindig met -jah, na Jahweh, die Here. Dit is absoluut belangrik en sluit alle interpretasies uit. So beteken, byvoorbeeld, "Immanu-el", "God met ons"; "Isra-el" = "Stryder van God"; "Bet-el" = "Huis van God"; "Dani-el" = "God is Regter"; “Eli-Jah" = "Die Here is God"; "Jesa-Jah" = "Die Here is Redder", "Hallelu-Jah" = "Prys die Here", ens.

Die Heilige Verbondsnaam "Jahweh", soos dit in die oorspronklike Hebreeus staan, is van besondere belang. Soos reeds genoem, was "Elohim" vertaal as "Theos" en "Jahweh" as "Kyrios". Dit stem nie heeltemal oor-een met die oorspronklike betekenis nie. Kyrios is 'n heerser – wat 'n koning of 'n soort van gebieder kan wees –maar dit gee nie heeltemal uitdrukking aan die openbaring van God se naam nie, soos Exodus 6:1-2 getuig: "Verder het God (Elohim) met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die Here (Jahweh). En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige (El Shaddai), maar met my Naam ‘God die Here’ (Elohim-Jahweh) het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie".

Die naam "JHWH", ook bekend as ‘n Tetragram, is in die Ou Testament geopenbaar as die heilige Verbondsnaam "die Here God". Die verbond met Israel was op hande, en daarom het God die Here aan Sy profeet Moses en Sy verbondsvolk Israel Sy verbondsnaam "JHWH" (Jahweh) geopenbaar.

In die gebooie (Ex. 20) het die Almagtige gesê: "Jy mag die Naam van die Here (Jahweh) jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here (Jahweh) sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie". Hierdie naam van God was so heilig dat Hy wou hê dat dit geheilig moes word deur Sy volk Israel. Die naam van die Here God moes nie uitgespreek word, byvoorbeeld wanneer 'n dooie uit die huis uitgedra word nie (Am. 6:10): "... Bly stil, want dit is nie gepas om die Naam van die Here (Jahweh) te vermeld nie" – God is nie 'n God van die dooies nie maar van die lewendes (Matt. 22:32). Maar hierdie gedeelte van die profeet Amos was misverstaan ​​en geinterpreteer sodat die verbondsnaam van God die Here (Jahweh) tot vandag toe nie uitgespreek word deur die Ortodokse Jode nie, maar vervang is met "Adonai". Die Hebreeuse woord Adon beteken "Koning", "Heerser", ook bekend as "Gebieder". Sarah het Abraham "Adon" genoem (Gen. 18:12; 1Pet. 3:6). Maar Elohim-Jahweh (die Here God) is nie net Koning nie; Hy is "die Here",die "Ek Is", "die Self-bestaande" (Ex. 3:14; Ex. 34: 5-6 o.a.). "Jahweh" word uitdruklik geopenbaar as die verbonds- en verlossingsnaam van God in die Ou Testament.

In die volgende sewe benaminge word die hele verlossingsplan van God bevat: "Jahweh-Jireh" beteken "die Here sal vir Homself 'n slagoffer kies" (Gen. 22: 1-14), "Jahweh-Rapha" = "die Here genees" (Ex. 15:26), "Jahweh-Nissi" = "die Here is my banier" (Ex. 17:15), "Jahweh-Shalom" = "die Here is my vrede" (Rig. 6:24), "Jahweh-Tsidkenu” = "die Here ons geregtigheid" (Jer. 23:6), "Jahweh-Shammah" = "die Here is teenwoordig" (Ese. 48:35), "Jahweh-Sabaoth" = "die Here van die leër-skare" (1Sam. 1:3).

Elohim/God, die onsigbare, wat in wese Gees is (Joh. 4:24), is deur niemand gesien nie (Joh. 1:18; 1Joh. 4:12); Hy was in die ewigheid in Sy volheid van Gees, Lig en Lewe versteek (1Tim. 1:17). Aan die begin van tyd het Hy Homself as Jahweh (Here) geopenbaar – in 'n sigbare vorm. Hy het deur Sy almagswoord alles in die natuurlike en bonatuurlike skepping tot stand gebring en in die Paradys gewandel.

Die eerste "geloofsbelydenis" wat in die Skrif vir ons oorgebly het as die "Sch'mah Israel", spruit uit die mond van God die Here, Homself. Die Here het bevelend gesê: "Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here!" (Deut. 6: 4-9). In Markus 12:29 bevestig onse Here en Saligmaker dit uit Sy eie mond: "Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here".

Die oorspronklike credo lui:

Jahweh Elohim Jahweh Echat – Jahweh/die Here is onse God, Jahweh/die Here is EEN!

Dit getuig van die ware geloof in die een ware God. Alhoewel Hy Homself openbaar op menigvuldige maniere, naamlik as Skepper, Verlosser, Koning, Regter, ens., bly Hy tog die Ewige een; buiten Hom is daar geen ander. "EK is die Here, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie ..." (Jes. 45: 5-6). "EK is die Here jou God ... Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie" (Ex. 20: 2-3).

Die Septuagint vertaal die Hebreeuse woord "Elohim", wat vanaf Génesis 1:1 tot 'n totaal van 3526 keer verskyn en in ons bybels met "God" vervang is, as "Theos". Die woord "JAHWEH"/JHWH, wat vanaf Génesis 2:4 tot 4024 keer geskryf is, en in ons bybels as "Here" geskryf staan, is as "Kyrios" vertaal. Verder is die woordverbinding "Elohim-Jahweh" ("die Here God"), 6356 keer in die Bybel.

Elke Hebreër was en is dit eens dat met "Elohim" die enige en enigste God, die Skepper van hemel en aarde bedoel word. Hy het Homself alreeds in die Ou Testament as "die enigste" voorgestel, die Ek Is. Hy, die ewige Een, bestaan ​​nie in 'n pluraliteit van persone nie, maar Hy openbaar Homself wel in die veelvuldigheid van Sy manifestasies (Teofanies) as Skepper, Onderhouer, Verlosser, Koning, Regter, ens. Dit is nie name nie, maar persoonlike God-verwante eienskappe. God heet nie "Skepper" nie, Hy is Skepper. Hy heet nie "Koning" nie, Hy is Koning. Hy heet nie "Regter" nie, Hy is Regter. Hy heet nie "Redder" nie, Hy is Redder, ens. – en tog is Hy altyd dieselfde.

Net 'n paar voorbeelde: In Génesis 14:19 kom Hy voor as "El Elyon" – die allerhoogste God: "... Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste (El Elyon), skepper van hemel en aarde"

In Génesis 17:1 verskyn Hy aan Abraham as "El Shaddai" – as Almagtige God: "... Ek is God, die Almagtige – El Shaddai; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees".

In Génesis 21:33 staan "El Olam" – die ewige God: "… en hy (Abraham) het ... daar die Naam van die Here, die ewige God – El Olam, aangeroep".

In Jesaja 9: 5-6 vind ons die belofte van die geboorte van die Seun: "... en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God – El Gibbor, Ewige Vader, Vredevors ...".

Alle Hebreeuse woorde wat begin met El- of eindig met -el, getuig van God. Net so verwys al die woorde wat begin met Jah- of eindig met -jah, na Jahweh, die Here. Dit is absoluut belangrik en sluit alle interpretasies uit. So beteken, byvoorbeeld, "Immanu-el", "God met ons"; "Isra-el" = "Stryder van God"; "Bet-el" = "Huis van God"; "Dani-el" = "God is Regter"; “Eli-Jah" = "Die Here is God"; "Jesa-Jah" = "Die Here is Redder", "Hallelu-Jah" = "Prys die Here", ens.

Die Heilige Verbondsnaam "Jahweh", soos dit in die oorspronklike Hebreeus staan, is van besondere belang. Soos reeds genoem, was "Elohim" vertaal as "Theos" en "Jahweh" as "Kyrios". Dit stem nie heeltemal oor-een met die oorspronklike betekenis nie. Kyrios is 'n heerser – wat 'n koning of 'n soort van gebieder kan wees –  maar dit gee nie heeltemal uitdrukking aan die openbaring van God se naam nie, soos Exodus 6:1-2 getuig: "Verder het God (Elohim) met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die Here (Jahweh). En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige (El Shaddai), maar met my Naam ‘God die Here’ (Elohim-Jahweh) het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie".

Die naam "JHWH", ook bekend as ‘n Tetragram, is in die Ou Testament geopenbaar as die heilige Verbondsnaam "die Here God". Die verbond met Israel was op hande, en daarom het God die Here aan Sy profeet Moses en Sy verbondsvolk Israel Sy verbondsnaam "JHWH" (Jahweh) geopenbaar.

In die gebooie (Ex. 20) het die Almagtige gesê: "Jy mag die Naam van die Here (Jahweh) jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here (Jahweh) sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie". Hierdie naam van God was so heilig dat Hy wou hê dat dit geheilig moes word deur Sy volk Israel. Die naam van die Here God moes nie uitgespreek word, byvoorbeeld wanneer 'n dooie uit die huis uitgedra word nie (Am. 6:10): "... Bly stil, want dit is nie gepas om die Naam van die Here (Jahweh) te vermeld nie" – God is nie 'n God van die dooies nie maar van die lewendes (Matt. 22:32). Maar hierdie gedeelte van die profeet Amos was misverstaan ​​en geinterpreteer sodat die verbondsnaam van God die Here (Jahweh) tot vandag toe nie uitgespreek word deur die Ortodokse Jode nie, maar vervang is met "Adonai". Die Hebreeuse woord Adon beteken "Koning", "Heerser", ook bekend as "Gebieder". Sarah het Abraham "Adon" genoem (Gen. 18:12; 1Pet. 3:6). Maar Elohim-Jahweh (die Here God) is nie net Koning nie; Hy is "die Here",  die "Ek Is", "die Self-bestaande" (Ex. 3:14; Ex. 34: 5-6 o.a.). "Jahweh" word uitdruklik geopenbaar as die verbonds- en verlossingsnaam van God in die Ou Testament.