DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde
Die verwesenliking van God se plan in die Nuwe Testament
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Ter verwerkliking van Sy ewige Heilsplan met die mensdom, was God aan die begin van die Nuwe Testament as Vader in die Seun en deur die Heilige Gees in Jesus Christus (Hebreeus: "Jahshua Mashiach"), die God–gesalfde, ge-openbaar. Die Nuwe Testament Verbondsnaam "Jahshua" is afgelei van die Ou Testament Naam "Jahweh" en daarin vasgelê. Die Hebreeuse woord yasha beteken "red" (Ex. 14:30). Ons nodig net Joël 2:32, wat sê: "En elkeen wat die naam van die Here (Jahweh) aanroep, sal gered word" te vergelyk met Handelinge 2:21: "En elkeen wat die naam van die Here (Jahshua) aanroep, sal gered word". “Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word" (Rom. 10:13). Jahweh van die Ou Testament is Jahshua van die Nuwe Testament. In die Hebreeuse teks staan: "… en jy moet Hom Jahshua noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos (Yasha)" (Matt. 1:21). Jahshua beteken "Jahweh-Redder". Ongelukkig was hierdie Nuwe Testament Verbondsnaam waarin God as Vader in die Seun aan ons geopenbaar word, met sy heilsbetekenis, nie altyd erken nie.
Dit verg ‘n openbaring deur die Gees van God om die onverstaanbare en onverklaarbare verborgenhede, waarin ons ingesluit was, te erken. Eers is die volgende van toepassing op almal: “Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word”. Die apostel kan getuig: "Maar ons God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God" (1Kor. 2: 10-15).
Voordat die Verlosser Sy sending kon vervul om ons te verlos, moes Hy eers in die wêreld gebore word as Seun in ‘n liggaam van vlees:
"Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet" (Gal. 4: 4).
"Die geboorte van Jesus Christus was dan só: … voordat hulle saam-gekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees" (Matt. 1:18).
"... want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees" (Matt. 1:20).
"En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Immánuel noem; dit is, as dit vertaal word: 'God met ons’" (Matt. 1: 22-25; Jes. 7:14).
"En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom sal ook die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word" (Luk. 1: 26-38).
Die getuienis van die Heilige Gees gevulde Elizabeth: "En wat het my oorgekom, dat die moeder van my Here na my toe kom?" (Luk. 1:43) – nie "die moeder van God" nie.
Heel duidelik word ons vertel van die geboorte van die Seun van God. So het die engel verklaar aan die herders in die veld: "... dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is" (Luk. 2:11).
In die Woord van God vind ons dat ons Here en Verlosser met die vier betekenisvolle "Seun titels" beskryf word: as Seun van Abraham, Seun van Dawid, Seun van God en Seun van die Mens.
As Seun van Abraham (Matt. 1:1) is Hy "die erfgenaam van die wêreld" (Rom. 4:13) – en die verlostes is, erfgename van God en tot mede–erfgename van Jesus Christus bestem (Rom. 8:17).
As die Seun van Dawid (Matt. 1:1b) is Hy "die koning" (Luk. 1:32; Joh. 18:37) – En die verlostes is daartoe bestem om die koninkryk saam met Hom te deel (Openb. 5:10).
As Seun van die Mens is Hy "die Profeet" wie Moses reeds voorspel het (Deut. 18: 15-19), soos Petrus in Handelinge 3: 22-24 beklemtoon: "... en elke siel wat nie na dié profeet luister nie, sal uit die volk geroei word".
As Seun van God, is Hy "die Verlosser" deur Wie die gelowiges die aanneming as seuns en dogters van God ontvang; "... sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang" (Gal. 4: 4-9).
Die apostel skryf daaroor die volgende: "Paulus, 'n dienskneg van Jesus Christus, ‘n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God – wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte, aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here, deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene terwille van sy Naam …" (Rom. 1: 1-5).
In die vlees het die Seun van God, Jesus Christus, gekom in die geslag van Dawid (Matt. 1: 1-17; Luk. 3: 23-38) en het ons versoen "in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel" (Kol. 1:22). "In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade" (Efé 1:7). Deur Sy soendood het Hy ons versoening gegee met God: "naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou" (2Kor 5: 14-21). Hy het gesterf, "... sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel" (Heb. 2:14). Deur Sy opstanding, is die oorwinning oor die dood aan ons gegee en is onsterflikheid aan ons geskenk.
"Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens ... want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het ... En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom on-derwerp het, sodat God in alles en almal kan wees" (1Kor. 15: 21, 25, 28).
Al die verlostes sal dit ervaar by die wederkoms van die Here: "... Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is ...", dan sal die verlostes uitroep: "Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? ... Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus" (1Kor. 15: 51-57). Amen.
Nooit het die een God Homself in "drie ewige" of "drie almagtige" persone opverdeel nie. Ook is daar nêrens in die geskrifte van 'n "drie-enige" God in 'n "drie-eenheid" of van ‘n "twee-eenheid" nie – net dat die Vader in die Seun vir ons heil geopenbaar was. Die Nuwe Testament getuig ook net van die een en enigste God: "... en die eer wat van die enige God kom ..." (Joh. 5:44); "... Die enige waaragtige God ..." (Joh. 17:3); "... aangesien dit inderdaad een God is ..." (Rom 3:30); "... Maar God is een" (Gal 3:20); "... Die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God ..." (1Tim. 1:17); "Want daar is een God ..." (1Tim. 2:5). "Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige" (Openb. 1:8).
Die ware, alles-insluitende geloofsbelydenis van die apostels, staan slegs in die Bybel en is vasgelê vir die hele gemeente van die Here: "een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is" (Efé 4: 5-6).
"En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid" (1Tim. 3:16).
In Sy menswording volgens die Verlossingsplan, word die Here as die Verlosser in Sy opdrag naas God getoon.
Hy is Middelaar: "Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus" (1Tim. 2:5);
Ook Voorspraakmaker: "My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige" (1Joh. 2:1);
en Hoëpriester: "Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ’n ewige verlossing te-weeggebring" (Heb. 9: 11-12).
Ter verwerkliking van Sy ewige Heilsplan met die mensdom, was God aan die begin van die Nuwe Testament as Vader in die Seun en deur die Heilige Gees in Jesus Christus (Hebreeus: "Jahshua Mashiach"), die God–gesalfde, ge-openbaar. Die Nuwe Testament Verbondsnaam "Jahshua" is afgelei van die Ou Testament Naam "Jahweh" en daarin vasgelê. Die Hebreeuse woord yasha beteken "red" (Ex. 14:30). Ons nodig net Joël 2:32, wat sê: "En elkeen wat die naam van die Here (Jahweh) aanroep, sal gered word" te vergelyk met Handelinge 2:21: "En elkeen wat die naam van die Here (Jahshua) aanroep, sal gered word". “*Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word"* (Rom. 10:13). Jahweh van die Ou Testament is Jahshua van die Nuwe Testament. In die Hebreeuse teks staan: "… en jy moet Hom Jahshua noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos (Yasha)" (Matt. 1:21). Jahshua beteken "Jahweh-Redder". Ongelukkig was hierdie Nuwe Testament Verbondsnaam waarin God as Vader in die Seun aan ons geopenbaar word, met sy heilsbetekenis, nie altyd erken nie.
Dit verg ‘n openbaring deur die Gees van God om die onverstaanbare en onverklaarbare verborgenhede, waarin ons ingesluit was, te erken. Eers is die volgende van toepassing op almal: “Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word”. Die apostel kan getuig: "Maar ons God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God" (1Kor. 2: 10-15).
Voordat die Verlosser Sy sending kon vervul om ons te verlos, moes Hy eers in die wêreld gebore word as Seun in ‘n liggaam van vlees:
"Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet" (Gal. 4: 4).
"Die geboorte van Jesus Christus was dan só: … voordat hulle saam-gekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees" (Matt. 1:18).
"... *want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees"* (Matt. 1:20).
"En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Immánuel noem; dit is, as dit vertaal word: 'God met ons’" (Matt. 1: 22-25; Jes. 7:14).
"En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom sal ook die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word" (Luk. 1: 26-38).
Die getuienis van die Heilige Gees gevulde Elizabeth: "En wat het my oorgekom, dat die moeder van my Here na my toe kom?" (Luk. 1:43) – nie "die moeder van God" nie.
Heel duidelik word ons vertel van die geboorte van die Seun van God. So het die engel verklaar aan die herders in die veld: "... *dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is"* (Luk. 2:11).
In die Woord van God vind ons dat ons Here en Verlosser met die vier betekenisvolle "Seun titels" beskryf word: as Seun van Abraham, Seun van Dawid, Seun van God en Seun van die Mens.
As Seun van Abraham (Matt. 1:1) is Hy "die erfgenaam van die wêreld" (Rom. 4:13) – en die verlostes is, erfgename van God en tot mede–erfgename van Jesus Christus bestem (Rom. 8:17).
As die Seun van Dawid (Matt. 1:1b) is Hy "die koning" (Luk. 1:32; Joh. 18:37) – En die verlostes is daartoe bestem om die koninkryk saam met Hom te deel (Openb. 5:10).
As Seun van die Mens is Hy "die Profeet" wie Moses reeds voorspel het (Deut. 18: 15-19), soos Petrus in Handelinge 3: 22-24 beklemtoon: "... en elke siel wat nie na dié profeet luister nie, sal uit die volk geroei word".
As Seun van God, is Hy "die Verlosser" deur Wie die gelowiges die aanneming as seuns en dogters van God ontvang; "... sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang" (Gal. 4: 4-9).
Die apostel skryf daaroor die volgende: "Paulus, 'n dienskneg van Jesus Christus, ‘n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God – wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte, aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here, deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene terwille van sy Naam …" (Rom. 1: 1-5).
In die vlees het die Seun van God, Jesus Christus, gekom in die geslag van Dawid (Matt. 1: 1-17; Luk. 3: 23-38) en het ons versoen "in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel" (Kol. 1:22). "In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade" (Efé 1:7). Deur Sy soendood het Hy ons versoening gegee met God: "naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou" (2Kor 5: 14-21). Hy het gesterf, "... *sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel"* (Heb. 2:14). Deur Sy opstanding, is die oorwinning oor die dood aan ons gegee en is onsterflikheid aan ons geskenk.
"Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens ... want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het ... En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom on-derwerp het, sodat God in alles en almal kan wees" (1Kor. 15: 21, 25, 28).
Al die verlostes sal dit ervaar by die wederkoms van die Here: "... Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is *...", dan sal die verlostes uitroep: *"Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? ... Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus"** (1Kor. 15: 51-57). Amen.
Nooit het die een God Homself in "drie ewige" of "drie almagtige" persone opverdeel nie. Ook is daar nêrens in die geskrifte van 'n "drie-enige" God in 'n "drie-eenheid" of van ‘n "twee-eenheid" nie – net dat die Vader in die Seun vir ons heil geopenbaar was. Die Nuwe Testament getuig ook net van die een en enigste God: "... en die eer wat van die enige God kom ..." (Joh. 5:44); "... Die enige waaragtige God ..." (Joh. 17:3); "... aangesien dit inderdaad een God is ..." (Rom 3:30); "... Maar God is een" (Gal 3:20); "... Die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God ..." (1Tim. 1:17); "Want daar is een God ..." (1Tim. 2:5). "Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige" (Openb. 1:8).
Die ware, alles-insluitende geloofsbelydenis van die apostels, staan slegs in die Bybel en is vasgelê vir die hele gemeente van die Here: "een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is" (Efé 4: 5-6).
"En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid" (1Tim. 3:16).
In Sy menswording volgens die Verlossingsplan, word die Here as die Verlosser in Sy opdrag naas God getoon.
Hy is Middelaar: *"Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus"* (1Tim. 2:5);