DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde
In die 4,000 jaar vanaf Adam tot Christus het niemand gepraat met 'n Vader in die hemel nie – nie Abraham, Moses of enige van die profete nie – beslis nog minder met 'n Seun van God. Daar was ook geen gesprekke tussen Vader en Seun in die hemel nie. Later het mense, deur misverstande, trinitariese vertolkings in die Skrif gemaak, byvoorbeeld, waar dit sê: "Laat Ons mense maak ..." (Gen. 1:26). Ook in Génesis 11:7, waar die Here sê: "Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie".
Die Here God het nie met Homself gepraat nie, nog minder met 'n ander goddelike persoon, maar met die engele wat rondom hom is. Ons vind herhaaldelik bevestiging hiervan, soos in 2 Kronieke 18 verse 18-22, waar die Here 'n gesprek met die hemelse leërskare aan sy regter- en linkerhand voer. In Jesaja 6 verse 1-13 sê die Here aan die serafs wat Hom omring: "Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan" (vers 8). Hy het vir Job gevra: "Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? ... toe die môre-sterre saam gejubel en al die seuns van God verheug het?" (Job 38: 4+7).
Die Here het aan ons gelyk geword toe Hy as Seun van God in ‘n menslike liggaam gekom het: "... maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem, en aan die mense gelyk geword" (Fil. 2:7) en Sy bloed vir die vergifnis van ons sondes gestort: "... want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes" (Matt. 26:28). Hy het die Nuwe Verbond met ons gesluit en ons erfenis as kinders bevestig: "... En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur" (Gal. 4: 4-7).
Dit is goed om te weet dat die Here/Jahweh van die Ou Testament, dieselfde Here/Jahshua in die Nuwe Testament is. Beginnende in die tuin van Eden, het die onsigbare, die ewige God Homself regdeur die Ou Testament in 'n sigbare vorm bekend gemaak as Here. In die geselskap van twee engele het Hy Abraham besoek: "Daarna het die Here aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre ... toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom ..." (Gen. 18: 1-2). Die Here het by Abraham vertoef (v. 17), terwyl die twee engele na Sodom gegaan het (hfst 19). Jakob het hom gesien bo-aan die leer wat uitgestrek was na die hemel: "... En kyk, die Here het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die Here, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee" (Gen. 28: 12-15). By Moses verskyn Hy in die brandende bos (Ex. 3) en dan onthul Hy Homself aan die hele volk van Israel in die wolk en vuurkolom (Ex. 40: 34-38). Met Moses het die Here selfs van aangesig tot aangesig gespreek (Deut. 34:10). Die profeet Miga het die Here op die troon gesien (1Kon. 22:19), asook die profeet Jesaja (Jes. 6). Die apostel Johannes het hom ook op die troon gesien: "... en kyk, daar staan 'n troon in die hemel en EEN sit op die troon" (Openb. 4:2). Dit was nie 'n tweede persoon nie, maar God, wie eintlik Gees is, as Here in ‘n sigbare vorm.
In die Nuwe Testament het God Homself as Vader in die hemel in Sy eniggebore Seun op aarde geopenbaar. As Seun het Hy gesê: "Ek het van die Vader uitgegaan ..." en die dissipels het geantwoord : "... Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het" (Joh. 16: 28-30). Nadat Hy sy reddingswerk voltooi het, het Hy as die Seun van die Mens gaan sit aan die regterhand van God (Matt. 26: 63-64): "... Ek vaar op na my Vader en julle Vader ..." (Joh. 20:17). Reeds in Psalm 110:1 was dit al voorspel: "Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete" (Matt. 26:64; Luk. 22:69; sien ook Heb. 1:13; Heb. 2: 7-8, o.a.). As Here – nie as Seun nie – kon Hy sê: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek" (Joh. 8:58).
Die Ek is praat in die Ou en Nuwe Testament:
"Ek is die Here, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning" (Jes. 43:15).
"Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie" (Jes. 43:25). "Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep het, dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste" (Jes. 48:12)
"Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog 'n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem" (Joh. 18:37).
Die woorde "Ek is" vind ons herhaaldelik in die evangelie van Johannes: "Ek is die Brood van die Lewe. Ek is die Lig van die wêreld; Ek is die Goeie Herder; Ek is die Opstanding; Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe".
"Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige" (Openb. 1:8).
"Ek is die Alfa en die Oméga, die Begin en die Einde, die Eerste en die Laaste" (Openb. 22:13).
In die 4,000 jaar vanaf Adam tot Christus het niemand gepraat met 'n Vader in die hemel nie – nie Abraham, Moses of enige van die profete nie – beslis nog minder met 'n Seun van God. Daar was ook geen gesprekke tussen Vader en Seun in die hemel nie. Later het mense, deur misverstande, trinitariese vertolkings in die Skrif gemaak, byvoorbeeld, waar dit sê: "Laat Ons mense maak ..." (Gen. 1:26). Ook in Génesis 11:7, waar die Here sê: "Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie".
Die Here God het nie met Homself gepraat nie, nog minder met 'n ander goddelike persoon, maar met die engele wat rondom hom is. Ons vind herhaaldelik bevestiging hiervan, soos in 2 Kronieke 18 verse 18-22, waar die Here 'n gesprek met die hemelse leërskare aan sy regter- en linkerhand voer. In Jesaja 6 verse 1-13 sê die Here aan die serafs wat Hom omring: "Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan" (vers 8). Hy het vir Job gevra: "Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? ... toe die môre-sterre saam gejubel en al die seuns van God verheug het?" (Job 38: 4+7).
Die Here het aan ons gelyk geword toe Hy as Seun van God in ‘n menslike liggaam gekom het: "... maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem, en aan die mense gelyk geword" (Fil. 2:7) en Sy bloed vir die vergifnis van ons sondes gestort: "... want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes" (Matt. 26:28). Hy het die Nuwe Verbond met ons gesluit en ons erfenis as kinders bevestig: "... *En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur"* (Gal. 4: 4-7).
Dit is goed om te weet dat die Here/Jahweh van die Ou Testament, dieselfde Here/Jahshua in die Nuwe Testament is. Beginnende in die tuin van Eden, het die onsigbare, die ewige God Homself regdeur die Ou Testament in 'n sigbare vorm bekend gemaak as Here. In die geselskap van twee engele het Hy Abraham besoek: "Daarna het die Here aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre ... toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom ...*"* (Gen. 18: 1-2). Die Here het by Abraham vertoef (v. 17), terwyl die twee engele na Sodom gegaan het (hfst 19). Jakob het hom gesien bo-aan die leer wat uitgestrek was na die hemel: "... En kyk, die Here het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die Here, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee" (Gen. 28: 12-15). By Moses verskyn Hy in die brandende bos (Ex. 3) en dan onthul Hy Homself aan die hele volk van Israel in die wolk en vuurkolom (Ex. 40: 34-38). Met Moses het die Here selfs van aangesig tot aangesig gespreek (Deut. 34:10). Die profeet Miga het die Here op die troon gesien (1Kon. 22:19), asook die profeet Jesaja (Jes. 6). Die apostel Johannes het hom ook op die troon gesien: "... *en kyk, daar staan 'n troon in die hemel en EEN sit op die troon"* (Openb. 4:2). Dit was nie 'n tweede persoon nie, maar God, wie eintlik Gees is, as Here in ‘n sigbare vorm.
In die Nuwe Testament het God Homself as Vader in die hemel in Sy eniggebore Seun op aarde geopenbaar. As Seun het Hy gesê: "Ek het van die Vader uitgegaan ..." en die dissipels het geantwoord : "... *Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het"* (Joh. 16: 28-30). Nadat Hy sy reddingswerk voltooi het, het Hy as die Seun van die Mens gaan sit aan die regterhand van God (Matt. 26: 63-64): "... Ek vaar op na my Vader en julle Vader ..." (Joh. 20:17). Reeds in Psalm 110:1 was dit al voorspel: "Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete" (Matt. 26:64; Luk. 22:69; sien ook Heb. 1:13; Heb. 2: 7-8, o.a.). As Here – nie as Seun nie – kon Hy sê: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek" (Joh. 8:58).