DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde

'n Noodsaaklike Vergelyking

« »

Die Ou en die Nuwe Testamente is heeltemal in harmonie oor die getuienis van ons Verlosser, Jesus Christus. In kontras daarmee vind ons die kategimus en baie ander teologiese handboeke oor die geloofsbelydenis, geformuleer deur mense. Die apostel Johannes het duidelik gesê: "Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld" (1Joh. 4: 2-3). Met betrekking tot die belydenis van Christus, die Seun, kom hy tot die punt en vra: "Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus (= die Godgesalfde) is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën" (1Joh. 2:22). Die woord "anti" beteken "teenoorgestelde", "in plaas van", "strydig met". Daar word gepraat van die gees van die Antichris, naamlik, die gees wat in teenstelling met Christus werk. Dan is daar die Antichris, wat onder die invloed van daardie verkeerde gees is. Elke leerstelling wat in teenstelling is met wat die Gees van God verkondig oor die leer van Christus in die Bybel, is anti–Christelik, d.w.s., is gemik teen Chris-tus en skei ons van God – die boom van die lewe (Openb. 22:19).

Let op die Apostoliese waarskuwing dat elke gees wat nie Jesus Christus bybels bely nie, d.w.s., as die Seun wat in die vlees verskyn het, is nie uit God nie. So dan ontstaan die vraag: Wat van almal wat die Seun, wie se maagdelike geboorte in Jesaja 7:14 aangekondig was, gebore in Bethlehem soos in Miga 5 vers 1 voorspel was (Matt. 2:5), bely as 'n tweede, ewige persoon van die Godheid, waarvan die Bybel absoluut niks weet nie? Die apostel Johannes het beklemtoon: "... elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie (soos in die Heilige Skrif getuig word) is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris ..." (1Joh. 4).

Die formulering van die kerke se geloofsbelydenisse, soos opgetrek in Nicea in 325 n.C. en verder uitgebrei is in Konstantinopel in 381 n.C., stem nie ooreen met die getuienis van die Heilige Skrif nie. Dit sê by-voorbeeld: "... die eniggebore Seun van God, in ewigheid gebore uit die Vader, God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie gemaak nie, een wese met die Vader". Dit word veronderstel dat die Seun gebore was as God vanuit die Vader in die Hemel, voor die begin van tyd, m.a.w., in die ewigheid? Dit stem absoluut nie ooreen nie!

Dus kan dit onmoontlik Christus, die Seun, die gesalfde, bedoel. Inteendeel sê die Skrif in Psalm 2 vers 7: "U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer". Die ewigheid het nie vandag en môre nie; dit was altyd en sal onbeperkt voort duur. Die engel Gabriël het uit die hemel neergedaal en die geboorte van die Seun op aarde, aangekondig. Hy het aan die maagd Maria gesê: "En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus (Jahshua) noem" (Luk. 1:31).

Die belydenis "die Vader is God, die Seun is God en die Heilige Gees is God; die Vader is ewig, die Seun is ewig, en die Heilige Gees is ewig" is heeltemal onbybels, anti–christelik en eintlik ongoddelik. Daar is net een ewige God: "... ja, van ewigheid tot ewigheid is U God" (Ps. 90:2). Die terme "God die Seun" of "ewige Seun" vind ons nie 'n enkele keer in die Bybel nie, so ook nie "God die Heilige Gees" nie. Daar staan net: die Seun van God en die Heilige Gees. Die Heilige Gees is nie 'n derde persoon nie, maar dit is die Gees van God, wat in die begin oor die waters gesweef het (Gen. 1) en wat 378 keer "Ruach Jahweh" genoem word in die Bybel en op die Nuwe Testamentiese Gemeente op Pinksterdag uitgestort was (Hand. 2). Dit was eers in 381 n.C., in die Raad van Konstantinopel dat die Heilige Gees verklaar is as die derde persoon in die Godheid. Die sogenaamde "Apostoliese Geloofsbelydenis" is glad nie apostolies nie en nog minder bybels. Slegs dit wat van die apostels afkomstig is, is apostolies, en slegs dit wat in die bybel staan, is Bybels: "... tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus, deur wie alles is, en ons deur Hom" (1Kor. 8:6). Die EEN God het Homself as Here – die Vader in die Seun geopenbaar.

Dit is van geen nut vir enige kerk, om in hul belydenis die woorde van Efésiërs 4 vers 5: "een Here, een geloof, een doop" te beklemtoon, wanneer 'n heel ander Here, 'n heeltemal ander geloof en ‘n ander doop as wat die Heilige Skrif getuig, onderrig en beoefen word nie.

Die teologiese geskille in die derde eeu n.C. het dus ontstaan ​​as gevolg daarvan dat die menslike verstand probeer het om die Godheid ver-staanbaar te maak en die openbaring van die Vader in die Seun te verduidelik, selfs al is daar geskrywe: "En niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar" (Matt. 11: 25-27; Luk. 10: 21-22). Die apostels en profete het nooit die Godheid onderwerp bespreek nie, want wat die Here vir Petrus gesê het was ook op hulle toepaslik: "... vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is ..." ( Matt. 16: 16-19).

Die ware geloofsbelydenis van die een ware Gemeente van God, wat op sigself ‘n pilaar en grondslag van die waarheid is (1 Tim. 3:15), vind ons net in die Bybel. Slegs daarin word vertel wie Jesus Christus, die Seun van God is. Die ewig-geldige, bybels-apostoliese geloofsbelydenis het God homself vasgelê. Dit gaan tog immers alles oor die verlossing en die ewige lewe: "En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie" (1Joh. 5: 11-12).

Dit is 'n heils-ervaring dat elkeen persoonlik genade kan belewe: "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo" (Joh. 1:12).

"En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe" (1Joh. 5:20). Amen, ja, Amen!

Vir die ware Gemeente van Jesus Christus, wat nie 'n organisasie is nie, maar 'n lewende organisme, geld uitsluitlik die bybelse lering, soos dit geskrywe staan ​​in die Skrif. In dit kan slegs geglo en geleer word wat ingestel is in die ewige testament, omdat dit nie verander mag word nie en daar moet ook nie bygevoeg word nie (Gal. 3:15; Openb. 22: 18-21).

"Maar al sou ons of 'n engel uit die hemel julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!" (Gal. 1:8)

Wie soos die apostels Petrus, Johannes, Jakobus en soos Paulus, 'n direkte goddelike roeping ontvang het, kan en sal uitsluitlik vir God en God se Woord optree. So ook almal wat in diens van 'n kerk is, bevorder wat daar geglo, geleer en beoefen word: Dit is, byvoorbeeld, geloofsbelydenisse en dogmas wat besluit was in die rade en sinodes sedert die 4de eeu n.C.. Selfs ná die hervorming het al die nuutgestigte Christelike denominasies se leringe ook nie altyd ooreengestem met dié wat in die Bybel vasgelê is nie. Huidiglik is daar meer as twee miljard volgelinge van die Christendom, bestaande uit Rooms-Katolieke, Ortodokse, Prote-stantse, Anglikaanse en 'n wye verskeidenheid van ander kerke.

Die Ou en die Nuwe Testamente is heeltemal in harmonie oor die getuienis van ons Verlosser, Jesus Christus. In kontras daarmee vind ons die kategimus en baie ander teologiese handboeke oor die geloofsbelydenis, geformuleer deur mense. Die apostel Johannes het duidelik gesê: "Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld" (1Joh. 4: 2-3). Met betrekking tot die belydenis van Christus, die Seun, kom hy tot die punt en vra: "Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus (= die Godgesalfde) *is? *Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën" (1Joh. 2:22). Die woord "anti" beteken "teenoorgestelde", "in plaas van", "strydig met". Daar word gepraat van die gees van die Antichris, naamlik, die gees wat in teenstelling met Christus werk. Dan is daar die Antichris, wat onder die invloed van daardie verkeerde gees is. Elke leerstelling wat in teenstelling is met wat die Gees van God verkondig oor die leer van Christus in die Bybel, is anti–Christelik, d.w.s., is gemik teen Chris-tus en skei ons van God – die boom van die lewe (Openb. 22:19).

Let op die Apostoliese waarskuwing dat elke gees wat nie Jesus Christus bybels bely nie, d.w.s., as die Seun wat in die vlees verskyn het, is nie uit God nie. So dan ontstaan die vraag: Wat van almal wat die Seun, wie se maagdelike geboorte in Jesaja 7:14 aangekondig was, gebore in Bethlehem soos in Miga 5 vers 1 voorspel was (Matt. 2:5), bely as 'n tweede, ewige persoon van die Godheid, waarvan die Bybel absoluut niks weet nie? Die apostel Johannes het beklemtoon: "... *elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie* (soos in die Heilige Skrif getuig word) is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris ..." (1Joh. 4).

Die formulering van die kerke se geloofsbelydenisse, soos opgetrek in Nicea in 325 n.C. en verder uitgebrei is in Konstantinopel in 381 n.C., stem nie ooreen met die getuienis van die Heilige Skrif nie. Dit sê by-voorbeeld: "... die eniggebore Seun van God, in ewigheid gebore uit die Vader, God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie gemaak nie, een wese met die Vader". Dit word veronderstel dat die Seun gebore was as God vanuit die Vader in die Hemel, voor die begin van tyd, m.a.w., in die ewigheid? Dit stem absoluut nie ooreen nie!

Dus kan dit onmoontlik Christus, die Seun, die gesalfde, bedoel. Inteendeel sê die Skrif in Psalm 2 vers 7: "U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer". Die ewigheid het nie vandag en môre nie; dit was altyd en sal onbeperkt voort duur. Die engel Gabriël het uit die hemel neergedaal en die geboorte van die Seun op aarde, aangekondig. Hy het aan die maagd Maria gesê: "En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus (Jahshua) *noem"* (Luk. 1:31).

Die belydenis "die Vader is God, die Seun is God en die Heilige Gees is God; die Vader is ewig, die Seun is ewig, en die Heilige Gees is ewig" is heeltemal onbybels, anti–christelik en eintlik ongoddelik. Daar is net een ewige God: "... ja, van ewigheid tot ewigheid is U God" (Ps. 90:2). Die terme "God die Seun" of "ewige Seun" vind ons nie 'n enkele keer in die Bybel nie, so ook nie "God die Heilige Gees" nie. Daar staan net: die Seun van God en die Heilige Gees. Die Heilige Gees is nie 'n derde persoon nie, maar dit is die Gees van God, wat in die begin oor die waters gesweef het (Gen. 1) en wat 378 keer "Ruach Jahweh" genoem word in die Bybel en op die Nuwe Testamentiese Gemeente op Pinksterdag uitgestort was (Hand. 2). Dit was eers in 381 n.C., in die Raad van Konstantinopel dat die Heilige Gees verklaar is as die derde persoon in die Godheid. Die sogenaamde "Apostoliese Geloofsbelydenis" is glad nie apostolies nie en nog minder bybels. Slegs dit wat van die apostels afkomstig is, is apostolies, en slegs dit wat in die bybel staan, is Bybels: "... *tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus, deur wie alles is, en ons deur Hom"* (1Kor. 8:6). Die EEN God het Homself as Here – die Vader in die Seun geopenbaar.