DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde
Die tragiese ontwikkeling in gevestigde Christendom
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Natuurlik kan almal self besluit wie en wat hulle wil glo. Hier volg nou die verloop van die geskiedenis van die kerk, om net kortliks die tragiese ontwikkeling daarvan uit te wys.
In vroeë Christendom was die prediking skrifgerig. Die apostels, wie opdrag gekry het vanaf die Here self, was onder die leiding van die Heilige Gees. Die eerste Christene was een van hart en siel. Die vroeë gemeente was nie 'n godsdienstige organisasie nie, maar 'n lewende organisme. God self het die apostels, profete, evangeliste, leraars en herders in Sy Gemeente geplaas (1Kor. 12; 1Kor. 14; Efe. 4; o.a.). Plaaslike gemeentes was gestig, met ouderlinge en diakens wat onafhanklik was en het geen politieke belangrikheid gehad nie. In die vinnig groeiende Christelike gemeentes, het die antieke Romeinse Ryk 'n bedreiging vir hul tradisionele godsdiens en sosiale orde gesien. Sedert Nero (64 n.C.) was vervolginge ingestel, wat toegeneem het in die loop van die eerste eeue.
Na die laaste wrede vervolging van die Christene onder keiser Diocletianus (284-305 n.C.), het die Christendom in 313 deur keiser Konstantyn staats-erkenning ontvang. Daarmee het die afval van die ontluikende Christendom begin en sy aanpassing by die mags-belange van die Romeinse Ryk. Net ‘n jaar vroeër het Konstantyn die "Pontifex Maximus", aangestel as die hoof van die staat en kerk. So ontstaan toe die "staatskerk" in die Romeinse Ryk.
In 380 n.C. was Keiser Theodosius I se Drie-eenheidsgeloof verklaar as die amptelike staatsgodsdiens. Nie net die talryke Christelike denominasies moes daaraan behoort nie, maar ook al die ander burgers van die Romeinse Ryk. "Geen redding buite die Kerk" was verkondig en: "Slegs diegene wat die kerk as moeder het, kan God as Vader het". Wat het hierdie polities- en godsdiens-gemotiveerde ontstaan van ‘n staatskerk met die Gemeente van Jesus Christus te doen? Niks nie, absoluut niks nie!
Die titel "Pontifex Maximus", wat die Hoogste priester in die antieke Romeinse afgodskultus aanvanklik gedra het, was eers oorgedra na die Romeinse keisers en later na die pouse. Pous Leo die Grote (440–461 n.C.) was die eerste biskop van Rome wie homself hierdie titel gegee het. Die primaatskap van die pous en die oorheersing van die Rooms–Katolieke Kerk in die algemeen, is gebaseer op die veronderstelling dat Jesus die Gemeente gebou het op die apostel Petrus, aan wie Hy die sleutels van die koninkryk gegee het, en ook op die veronderstelling dat Petrus die eerste biskop van Rome en daarom die eerste pous was.
Hulle het hul beroep op die woorde van Jesus: "op hierdie rots sal Ek my gemeente bou ...". Maar daar is waarskynlik geen teoloog wat nie weet dat daar in Matthéüs 16:18 twee verskillende woorde gebruik word. Onse Here het gesê: "Jy is Petrus ..." (Petros = 'n steen; 'n rots fragment). Hy het nie gesê: "op jou sal Ek my gemeente bou" nie, maar: "....op hierdie rots …” (Petra = 'n groot rots) "… sal Ek my gemeente bou". Hoe kan dit net aangeneem word dat die Gemeente opPetrus gebou is?
Die Gemeente is op Christus gebou, die rots van heil, die hoeksteen, soos die apostel Petrus homself in 1Petrus 2: 4-8 getuig: "Daarom staan dit ook in die Skrif: "Kyk, Ek lê in Sion 'n uitverkore en kosbare hoek-steen, en die wat Hom glo, sal nooit beskaam word nie". Met verwysing na die bybelse gemeente, skryf Paulus in Efésiërs 2:20, dat hulle gebou is: "... op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is ...".
In opdrag van God, skryf hy ook: "Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou! Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus" (1Kor. 3: 10-11).
In die een ware Gemeente van God, wat bestaan uit die verlostes, is Jesus Christus die hoof (Efe. 4:15). Onse Here en Verlosser het self gesê dat Hy Sy gemeente self sal bou "… en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie" (Matt. 16:18) – nie gemeentes nie, maar "My gemeente". Daarmee word bedoel die "klein kuddetjie" van gelowiges wat werklik glo (Luk. 12:32); Sy skape is diegene wie net na Sy stem luister (Joh. 10), vir wie die Goeie Herder Sy lewe neergelê het.
Die apostel Simon Petrus was nooit in Rome nie – dit is 'n doelbewus verdigte legende. Daar was net 'n towenaar Simon Magus, wat 'n beson-dere indruk gemaak het op die senaat. Volgens Handelinge 18 het Keiser Claudius (41-54 n.C.), al die Jode Rome belet, insluitend die egpaar Aquila en Priscilla. Die apostel Petrus het nie sy brief uit Rome nie, maar uit die stad Babilon geskryf by die Eufraat rivier (1Pet. 5:13), waarvan die ruïnes 92 km suid van Bagdad selfs vandag nog in Irak lê. Die sendingsreise van Petrus en die van Paulus word beskryf in Handelinge. Paulus, wat 'n paar keer in Rome gebly het tydens sy reise – een keer selfs 2 jaar (28:30) – groet nêrens vir Petrus in sy briewe aan die plaaslike gelowiges nie, alhoewel hy 27 mense op hul name genoem het (Rom. 16).
Ook die woorde van Jesus: "As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe ..." is daarna heeltemal verkeerd vertolk. In die apostoliese tye het vergewing van sondes nie gebeur as ‘n amptelike handeling volgens die diskresie van 'n priester nie, maar as 'n aanbieding deur die prediking van Jesus Christus, die Gekruisigde, wat as die Lam van God die sondes van die wêreld gedra het. Die Apostoliese opdrag van die Opgestane Here is die volgende: "... en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies" (Luk. 24:47; Hand. 13:38).
Die eerste preek op die dag van Pinkster, ná die uitstorting van die Heilige Gees en met die stigting van die Nuwe Testament gemeente in Handelinge 2, het baie luisteraars diep "in die hart getref", sodat hulle die vraag gevra het: "Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang". "Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop: en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring" (verse 37-41).
Petrus skryf aan die hand van die volbragte Verlossing: “omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos.…" (1Pet. 1: 18-19). Die apostels en alle ware dienaars van God het die Evangelie, naamlik die vergifnis van sonde en versoening met God gepreek en kon aan elkeen wat gelowig geword het, verklaar: "jou sondes is jou vergewe in Sy naam". Diegene wie nie glo nie, die behou hul sonde (Mk. 16:16; Joh. 20:23). Ongelukkig is God se Woord gereeld verkeerdelik ge-interpreteer en elke leerstelling en praktyk was verander. Alle interpretasies ontstaan uit misverstande van sekere geskrifte. Volgens die goddelike Heilsplan, moet elke onderwerp asook elke Bybelse lering in twee, drie of meer skriftelike getuies of skrifgedeeltes gegrond wees (2Kor. 13:1).
Natuurlik kan almal self besluit wie en wat hulle wil glo. Hier volg nou die verloop van die geskiedenis van die kerk, om net kortliks die tragiese ontwikkeling daarvan uit te wys.
In vroeë Christendom was die prediking skrifgerig. Die apostels, wie opdrag gekry het vanaf die Here self, was onder die leiding van die Heilige Gees. Die eerste Christene was een van hart en siel. Die vroeë gemeente was nie 'n godsdienstige organisasie nie, maar 'n lewende organisme. God self het die apostels, profete, evangeliste, leraars en herders in Sy Gemeente geplaas (1Kor. 12; 1Kor. 14; Efe. 4; o.a.). Plaaslike gemeentes was gestig, met ouderlinge en diakens wat onafhanklik was en het geen politieke belangrikheid gehad nie. In die vinnig groeiende Christelike gemeentes, het die antieke Romeinse Ryk 'n bedreiging vir hul tradisionele godsdiens en sosiale orde gesien. Sedert Nero (64 n.C.) was vervolginge ingestel, wat toegeneem het in die loop van die eerste eeue.
Na die laaste wrede vervolging van die Christene onder keiser Diocletianus (284-305 n.C.), het die Christendom in 313 deur keiser Konstantyn staats-erkenning ontvang. Daarmee het die afval van die ontluikende Christendom begin en sy aanpassing by die mags-belange van die Romeinse Ryk. Net ‘n jaar vroeër het Konstantyn die "Pontifex Maximus", aangestel as die hoof van die staat en kerk. So ontstaan toe die "staatskerk" in die Romeinse Ryk.
In 380 n.C. was Keiser Theodosius I se Drie-eenheidsgeloof verklaar as die amptelike staatsgodsdiens. Nie net die talryke Christelike denominasies moes daaraan behoort nie, maar ook al die ander burgers van die Romeinse Ryk. "Geen redding buite die Kerk" was verkondig en: "Slegs diegene wat die kerk as moeder het, kan God as Vader het". Wat het hierdie polities- en godsdiens-gemotiveerde ontstaan van ‘n staatskerk met die Gemeente van Jesus Christus te doen? Niks nie, absoluut niks nie!
Die titel "Pontifex Maximus", wat die Hoogste priester in die antieke Romeinse afgodskultus aanvanklik gedra het, was eers oorgedra na die Romeinse keisers en later na die pouse. Pous Leo die Grote (440–461 n.C.) was die eerste biskop van Rome wie homself hierdie titel gegee het. Die primaatskap van die pous en die oorheersing van die Rooms–Katolieke Kerk in die algemeen, is gebaseer op die veronderstelling dat Jesus die Gemeente gebou het op die apostel Petrus, aan wie Hy die sleutels van die koninkryk gegee het, en ook op die veronderstelling dat Petrus die eerste biskop van Rome en daarom die eerste pous was.
Hulle het hul beroep op die woorde van Jesus: "op hierdie rots sal Ek my gemeente bou ...". Maar daar is waarskynlik geen teoloog wat nie weet dat daar in Matthéüs 16:18 twee verskillende woorde gebruik word. Onse Here het gesê: "Jy is Petrus ..." (Petros = 'n steen; 'n rots fragment). Hy het nie gesê: "op jou sal Ek my gemeente bou" nie, maar: "....op hierdie rots …” (Petra = 'n groot rots) "… sal Ek my gemeente bou". Hoe kan dit net aangeneem word dat die Gemeente opPetrus gebou is?
Die Gemeente is op Christus gebou, die rots van heil, die hoeksteen, soos die apostel Petrus homself in 1Petrus 2: 4-8 getuig: "Daarom staan dit ook in die Skrif: "Kyk, Ek lê in Sion 'n uitverkore en kosbare hoek-steen, en die wat Hom glo, sal nooit beskaam word nie". Met verwysing na die bybelse gemeente, skryf Paulus in Efésiërs 2:20, dat hulle gebou is: "... op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is ...".
In opdrag van God, skryf hy ook: "Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou! Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus" (1Kor. 3: 10-11).
In die een ware Gemeente van God, wat bestaan uit die verlostes, is Jesus Christus die hoof (Efe. 4:15). Onse Here en Verlosser het self gesê dat Hy Sy gemeente self sal bou *"… en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie"* (Matt. 16:18) – nie gemeentes nie, maar ***"My gemeente". Daarmee word bedoel die *"klein kuddetjie" van gelowiges wat werklik glo (Luk. 12:32); Sy skape is diegene wie net na Sy stem luister (Joh. 10), vir wie die Goeie Herder Sy lewe neergelê het.