DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde

'n Onheilspellende Weg

« »

Die kerkvaders wat uit die heidendom kom, was almal min of meer onder die invloed van Hellenistiese afgodery en bygeloof. Omdat hulle duidelik nie die Ou Testament geken en gerespekteer het nie, het hulle die Nuwe Testament geinterpreteer volgens hulle begrip. Gevolglik het hulle die Jode, wat hul Drie–eenheids leerstelling nie aangeneem het nie, as Christus- en Godsmoordenaars vervolg en in die nuut-uitgevinde trinitariese formule "in die naam van die Vader, die Seun en die HeiligeGees" vervloek. Reeds in 321 n.C. was hulle deur ‘n dekreet verbied om die Sabbat te beoefen wat God Homself hulle beveel het: "En die kinders van Israel moet die Sabbat onderhou deur die Sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond. Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik" (Ex. 31: 12-18). Sommige van hulle sinagoges was selfs gebruik as varkhokke. In daardie tyd het die kerk Jodehaat gesaai, wat nog steeds tot vandag toe gebeur nadat dit ook uitgeoefen was in pogroms en in die sg. "Derde Ryk" (1933-1945) het dit 'n verskriklike klimaks in die Holocaust bereik.

"Vir die eer van die Heilige Drie-enigheid" is die grusaamste misdade gepleeg teen talle ander gelowe. In die sewe Kruistogte (1096-1270 n.C.) het miljoene mense gesterf in die naam van die "Drie-enige" God. Pous Urbanus II het op 27 November, 1095 gevra om die "ongelowiges" te verdryf uit Jerusalem en al die heilige plekke in besit te neem, en die mense het uitgeroep: "Deus lo vult!" – "God se wil!". Op Vrydag, 15 Julie, 1099 begin die groot slagting deur die kruisvaarders (die Crusaders), in Jerusalem. Tot 80,000 Moslems, Jode, en andere is vermoor deur die Crusaders – en alles tot "die heerlikheid van die Vader, die Seun en die Heilige Gees"!

Die Crusaders het hoofsaaklik ten doel gehad om die Moslem oorheersing in Jerusalem te beëindig en die gesag van die Kerk daar te stel. Die voorwendsel was hul besorgdheid oor die sogenaamde "Kerk van die Heilige Graf" in die middel van die stad. Maar die leë graf van Christus was in werklikheid buite die stad; Die evangelis Johannes skryf: "En daar was op die plek waar Hy gekruisig is, 'n tuin, en in die tuin 'n nuwe graf waar nog nooit iemand in neergelê was nie" (Joh. 19: 17+41). In daardie tyd, was daar 'n nuwe, christelike wêreld-orde, "die koninkryk van Jerusalem", gevorm onder Gottfried von Bouillon.

In die onderstaande tabel kan ons sien hoeveel Kruisvaarders self hul lewens verloor het.

Kruistogte

Deelnemers

Deelnemers (aangekom in die Heilige Land)

1. Kruistog (1096/99)

2. Kruistog (1147/49)

3. Kruistog (1189/92)

4. Kruistog (1202/04)

5. Kruistog (1228/29)

6. Kruistog (1248/54)

7. Kruistog (1270)

330 000

240 000

350 000

30 000

70 000

25 000

25 000

40 000

90 000

280 000

60 000

10 000

10 000

Totaal

1 070 000

490 000

(Bron: Alfred Läpple, ILLUSTRIERTE GESCHICHTE DER KIRCHE)

Oor die aantal slagoffers wat gedood is tussen die 13de en 18de eeu, in die sogenaamde "Heilige Inkwisisie", is daar verskillende menings – daar was in elk geval baie duisende. Baie Jode het in Europa op die brandstapel gesterf, terwyl ander gevlug het; almal wat nie wou draai na Katolisisme nie, het by 31 Julie 1492 Spanje verlaat. Na dit was Katolieke Spanje "vry van Jode" verklaar.

Die St Bartholomeüsnag van 23-24 Augustus 1572 was die begin van 'n slagting van duisende Hugenote in Frankryk. As deel van die teen-refor-masie van die 16de en 17de eeue, wat terugdateer na Ignatius van Loyola (1491-1556), verloor duisende Protestante hul huise met geweld en baie ook hul lewens. "Omdat daar…", was dit weer en weer gesê, "…buite die Kerk geen redding is nie". Kan 'n kerk wat gevlek is met soveel bloed, ooit vertrou op Christus en die God van liefde? Na watter stad sou Open-baring 18:24 verwys: "... En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is"?

‘n Noukeurige ondersoek sal bewys dat daar in die staatskerk, wat sy oorsprong in die vierde eeu in die Romeinse Ryk het, absoluut niks ooreenstem met God of God se Woord en met die vroeë Gemeente nie. Veral ná die skeuring tussen die Griekse oostelike en die Latynse westelike kerke (1054), blyk dit duidelik uit die daaruit-vloeiende Katolieke en Ortodokse kerke, dat albei hul eie tradisies ontwikkel het, sonder voldoening aan die Bybel en aan wat die apostels Petrus, Johannes, Jakobus, en Paulus verkondig het in opdrag van God. Die apostels het, byvoorbeeld, geen afgestorwenes salig of heilig verklaar nie. Die Here self het Sy Boodskap, insluitend die nege saligsprekinge in die Bergpredikasie (Matt. 5), altyd net aan lewendes gerig: "Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor!" (Matt. 13:16).

Om in verbinding te tree met die afgestorwenes word uitdruklik verbied in die Skrif (Lev. 19:31). Met die geboorte van Jesus Christus het Maria haar unieke taak vervul en word vir die laaste keer genoem in Handelinge 1:14 saam met die 120 terwyl hulle gewag het vir die uitstorting van die Heilige Gees in Jerusalem. Vir die Gemeente van Jesus Christus is sy nie 'n bemiddelaar of advokaat nie, nog minder was daar in die vroeë Christendom 'n ‘Wees gegroet Maria’ gebed-opsegging. Die Heilige Skrif getuig net van die liggaamlike hemelvaart van die Verlosser (Luk. 24: 50-52; Hand. 1:11), nie van die hemelvaart van Maria nie.

Die kerkvaders wat uit die heidendom kom, was almal min of meer onder die invloed van Hellenistiese afgodery en bygeloof. Omdat hulle duidelik nie die Ou Testament geken en gerespekteer het nie, het hulle die Nuwe Testament geinterpreteer volgens hulle begrip. Gevolglik het hulle die Jode, wat hul Drie–eenheids leerstelling nie aangeneem het nie, as Christus- en Godsmoordenaars vervolg en in die nuut-uitgevinde trinitariese formule "in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                          Gees" vervloek. Reeds in 321 n.C. was hulle deur ‘n dekreet verbied om die Sabbat te beoefen wat God Homself hulle beveel het: "En die kinders van Israel moet die Sabbat onderhou deur die Sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond. Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik" (Ex. 31: 12-18). Sommige van hulle sinagoges was selfs gebruik as varkhokke. In daardie tyd het die kerk Jodehaat gesaai, wat nog steeds tot vandag toe gebeur nadat dit ook uitgeoefen was in pogroms en in die sg. "Derde Ryk" (1933-1945) het dit 'n verskriklike klimaks in die Holocaust bereik.

"Vir die eer van die Heilige Drie-enigheid" is die grusaamste misdade gepleeg teen talle ander gelowe. In die sewe Kruistogte (1096-1270 n.C.) het miljoene mense gesterf in die naam van die "Drie-enige" God. Pous Urbanus II het op 27 November, 1095 gevra om die "ongelowiges" te verdryf uit Jerusalem en al die heilige plekke in besit te neem, en die mense het uitgeroep: "Deus lo vult!" – "God se wil!". Op Vrydag, 15 Julie, 1099 begin die groot slagting deur die kruisvaarders (die Crusaders), in Jerusalem. Tot 80,000 Moslems, Jode, en andere is vermoor deur die Crusaders – en alles tot "die heerlikheid van die Vader, die Seun en die Heilige Gees"!

Die Crusaders het hoofsaaklik ten doel gehad om die Moslem oorheersing in Jerusalem te beëindig en die gesag van die Kerk daar te stel. Die voorwendsel was hul besorgdheid oor die sogenaamde "Kerk van die Heilige Graf" in die middel van die stad. Maar die leë graf van Christus was in werklikheid buite die stad; Die evangelis Johannes skryf: "En daar was op die plek waar Hy gekruisig is, 'n tuin, en in die tuin 'n nuwe graf waar nog nooit iemand in neergelê was nie" (Joh. 19: 17+41). In daardie tyd, was daar 'n nuwe, christelike wêreld-orde, "die koninkryk van Jerusalem", gevorm onder Gottfried von Bouillon.

In die onderstaande tabel kan ons sien hoeveel Kruisvaarders self hul lewens verloor het.

| | | | | --- | --- | --- | | Kruistogte | Deelnemers | Deelnemers (aangekom in die Heilige Land) | | 1. Kruistog (1096/99) 2. Kruistog (1147/49) 3. Kruistog (1189/92) 4. Kruistog (1202/04) 5. Kruistog (1228/29) 6. Kruistog (1248/54) 7. Kruistog (1270) | 330 000 240 000 350 000 30 000 70 000 25 000 25 000 | 40 000 90 000 280 000     — 60 000 10 000 10 000 | | Totaal | 1 070 000 | 490 000 |