DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde
Die feit bly staan: Waar geen goddelike openbaring is nie, is daar ook geen Bybelse oriëntasie nie; daar is net besprekinge en interpretasies. Dit geld vir alle Bybelse onderwerpe, ook vir die doop. Hoekom word die doop sedert die 4de eeu nie meer gedoen soos dit uitgeoefen was deurPetrus in Jerusalem (Hand. 2:38), deur Filippus in Samaria (Hand. 8:16) en Paulus in Efése (Hand. 19:5) nie? Die kerkvaders het nie verstaan nie, dat die heil van God lê in die Naam waarin gelowiges gedoop word (Hand. 4:11). Deur die valse begrip van God en van ons Here was die doopbevel in Matthéüs 28:19 omskep in 'n trinitariese amptelike handeling wat absoluut niks te doen het met die oorspronklike betekenis nie, maar word nog steeds vandag beoefen.
Die Bybelse doop word deur die prediking van die Woord vooruit gegaan, waaruit die geloof kom (Hand. 2; Rom. 10: 16-17, o.a.). So het die Here beveel in die Groot Opdrag: "Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word ..." (Mark. 16: 15-16). Wie hom laat doop, bevestig as 'n gelowig-gewordene, dat hy die vergifnis van sy sondes aanvaar.
Die kritieke kerkgeskiedenis dui daarop dat die oorspronklike weergawe van die ‘Doopbevel’ in Matthéüs 28:19 soos volg was: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in My Naam (onto onomati mou) en leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek julle beveel het". So is dit in die voetnoot van die 1973 uitgawe van die "Novum Testamentum Graece et Germanice" van Nestle–Aland, vasgelê. Die weergawe wat bekend is in al die kerke, oor die hele wêreld, nl.: "in die naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees" en wat ooral vir alle amptelike handelinge gebruik word, kom uit geen oorspronklike manuskrip nie; geen kritieke bybel-kenner kan hierdie stelling bybels bevestig nie. Die Lutherse vertaling sê in die voetnoot by Matthéüs 28:19: "Die presiese woorde lees:
οὐρανῷκαὶἐπὶτῆςγῆς. 19πορευθέντεςοὖν μαθητεύσατε πάντατὰ
hemel en op die aarde. Gaan dan heen,maak dissipels van al die
ἔθνη, βαπτίζοντεςαὐτοὺςεἰςτὸὄνοματοῦΠατρὸς , καὶτοῦΥἱοῦ, καὶ
nasies,en doop hullein die Naamvan die Vader en die Seun en
Petrus het in sy eerste preek met die ontstaan van die Nuwe Testamentiese Gemeente nie lang verduidelikings oor die doop gegee nie: Vir hom, wat die oorspronklike woorde van die lippe van die Meester gehoor het, was dit duidelik hoe die doop uitgevoer moes word. So het hy dan opgetree ooreenkomstig die Groot Opdrag van die opgestane Verlosser en het almal beveel wat gelowig geword het om gedoop te word in die Naam van die Here Jesus Christus (Hand. 2: 37-41).
By die volgende geleentheid verkondig hy weer vergifnis: "Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang" (Hand. 10:43) en tegelyk ook die doop: "Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?" (vers 47). "En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here". (vers 48). Na Paulus se preek was selfs die dissipels van Johannes die Doper wat in Jesus Christus geglo het, weer gedoop: "En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer" (Hand. 19: 5-6). Die Apostels en almal in die vroeë Christendom het verstaan dat dit gegaan het om gedoop te word in die Naam waarin die heil van God lê.
Geloof, die waterdoop en die doping met die Heilige Gees behoort saam. In die waterdoop bely die gelowiges hul geloof aan God; in die Gees-doping erken God die wat gelowig geword het. "Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne, en ons is almal van een Gees deurdronge" (1Kor. 12:13).
Die internasionale kerkgeskiedenis getuig eenvormig dat mense in die vroeë Christendom tot die derde eeu net gedoop is in die naam van die Here Jesus Christus, en met 'n enkele onderdompeling. Aan die gelowiges in Rome, het die apostel geskryf: "Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in Sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood (dit wil sê deur onderdompeling {baptisimo}), sodat ons soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel" (Rom. 6: 3-4) "... omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop" (Kol. 2:12).
"En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Fillipus en die hof-dienaar; en hy het hom gedoop" (Hand. 8:38). Ook Johannes die Doper het in (nie op) die Jordaan ge-doop: "En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en met eens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom" (Matt. 3:16).
In die jaar 337 n.C. was keiser Konstantyn, wie in die paleis te Ankyron op sy sterfbed gelê het, drie keer op sy voorkop gesprinkel deur Biskop Eusebius, in toepassing van die trinitariese formule. Was dit 'n doop? Klaarblyklik sou Konstantyn soos Christus word, alhoewel hy tot sy einde die songod Sol aanbid het. Die trinitariese doop formule is bygevoeg deur die geestelik blinde kerkvaders in die tyd van die oorsprong van die Drie-eenheidsleer. Die toevoeging van die trinitariese doop by die Drie-eenheidsleer uitvinding, het hulle goed gepas, om dit geloofwaardig te maak. Dit behels die "Romeinse doop belydenis".
As die kerkvaders in die 3de en 4de eeue en al die teoloë daarna, die doopbevel uitgevoer het soos Petrus op Pinksterdag (Hand. 2) en Paul daarna (Hand. 19:5), sou daar geen verwarring daaroor gewees het nie. Maar nie een van die kerkvaders kan verslag doen van 'n bekering, uit 'n werklike ervaring van redding, of van 'n ware Goddelike roeping nie.
Die Drie-eenheidsleer van drie ewige persone word nêrens in die Bybel gevind nie, nog minder die trinitariese doop formule. Daar is nie 'n enkele daad, wat uitgevoer was met die gebruik van die formule "in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees" – nie ‘n enkele een nie! Elke gebed, altans alles, was gedoen in die Naam van die Here Jesus Christus, want dit was die bevel wat in Kolossense 3:17 aan die ware gelowiges gegee was: "En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus ...".
Die trinitariese formule word gebruik in al die kerke vir alle godsdiens-tige handelinge, selfs vir sosiale ordes en losies, selfs in vergaderings van spiritiste en dwarsdeur die okkulte. Omdat dit nie bybels is nie, kan dit net onbybels is, sonder ‘n goddelike oorsprong. Dit is dus verkeerd en uit misleidende inspirasie. Daaroor moet almal nadink, ook die charismate, wat in die naam van "Jesus Christus" bid vir die siekes, maar heftig weier om gedoop te word in die Naam van die Here Jesus Christus.
Maar daar moet ook valse christusse en valse profete opstaan, sodat vervul sou word wat die Here voorspel het: "Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!" (Matt. 7: 22-23).
Wie kan dit begryp dat daar in die hele Christendom onduidelikheid heers oor die fundamentele leerstellinge oor die Godheid, die doop en die nagmaal, hoewel alles tog so duidelik is in die Bybel? Dit alles net omdat die mense nie in die leer van Christus en die apostels gebly het nie. Die openbaring, soos gegee aan die apostels, het jammerlik reeds in die vroeë Christelike eeue verlore gegaan toe vreemde politieke en godsdienstige idees deur die kerkvaders die Christendom ingelei was.
Die bekende Switserse teoloog Hans Küng het in sy boek DIE CHRISTENDOM, met sy meer as 'n duisend bladsye, ook hierdie belangrike saak behandel. Op bladsy 126, vra hy: "Waar in die Nuwe Testament praat dit van 'n Drie-eenheid?" En onmiddellik daarna skryf hy: "Daar is geen Drie-eenheidsleer in die Nuwe Testament". Dit praat ook van die ‘Comma Johaneum’: "Daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een" en verklaar: "Maar kritieke historiese navorsing het hierdie stelling ontmasker as 'n vervalsing wat sy oorsprong in Noord-Afrika of in Spanje gehad het in die derde of vierde eeu, en die Romeinse Inkwisisie het tevergeefs probeer om, tot met die begin van hierdie eeu, hierdie stelling te verdedig as outentiek. In gewone taal beteken dit eenvoudig dit: Alhoewel daar in Joodse Christendom, inderdaad in die hele Nuwe Testament, 'n geloof in God die Vader, in Jesus, die Seun en in die Heilige Gees van God is, is daar egter geen lering van 'n God in drie persone (bestaansvorme), geen onderrig van 'n ‘Drie-enige God’, of van 'n ‘Drie-eenheid’ nie" (bladsye 126-127).
Die feit bly staan: Waar geen goddelike openbaring is nie, is daar ook geen Bybelse oriëntasie nie; daar is net besprekinge en interpretasies. Dit geld vir alle Bybelse onderwerpe, ook vir die doop. Hoekom word die doop sedert die 4de eeu nie meer gedoen soos dit uitgeoefen was deur Petrus in Jerusalem (Hand. 2:38), deur Filippus in Samaria (Hand. 8:16) en Paulus in Efése (Hand. 19:5) nie? Die kerkvaders het nie verstaan nie, dat die heil van God lê in die Naam waarin gelowiges gedoop word (Hand. 4:11). Deur die valse begrip van God en van ons Here was die doopbevel in Matthéüs 28:19 omskep in 'n trinitariese amptelike handeling wat absoluut niks te doen het met die oorspronklike betekenis nie, maar word nog steeds vandag beoefen.
Die Bybelse doop word deur die prediking van die Woord vooruit gegaan, waaruit die geloof kom (Hand. 2; Rom. 10: 16-17, o.a.). So het die Here beveel in die Groot Opdrag: "Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word ..." (Mark. 16: 15-16). Wie hom laat doop, bevestig as 'n gelowig-gewordene, dat hy die vergifnis van sy sondes aanvaar.
Die kritieke kerkgeskiedenis dui daarop dat die oorspronklike weergawe van die ‘Doopbevel’ in Matthéüs 28:19 soos volg was: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in My Naam (onto onomati mou) en leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek julle beveel het". So is dit in die voetnoot van die 1973 uitgawe van die "Novum Testamentum Graece et Germanice" van Nestle–Aland, vasgelê. Die weergawe wat bekend is in al die kerke, oor die hele wêreld, nl.: "in die naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees" en wat ooral vir alle amptelike handelinge gebruik word, kom uit geen oorspronklike manuskrip nie; geen kritieke bybel-kenner kan hierdie stelling bybels bevestig nie. Die Lutherse vertaling sê in die voetnoot by Matthéüs 28:19: "Die presiese woorde lees: in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees>”. Voordat ons kan gedoop word in die naam waarin God Homself aan ons bekend gemaak het as Vader in die Seun en deur die Heilige Gees, moet dit aan ons geopenbaar word. In die Elberfelder en in die Menge-vertaling sê dit ook: "en doop hulle in die Naam ...!" Dit is presies wat die apostels gedoen het. In die Bybel was die trinitariese formule nie 'n enkele keer gebruik nie. Ons vind dit ook bevestig in die "Interlinear Grieks-Duitse vertaling":
οὐρανῷ καὶ ἐπὶ τῆς γῆς. 19 πορευθέντες οὖν μαθητεύσατε πάντα τὰ
hemel en op die aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die
ἔθνη, βαπτίζοντες αὐτοὺς εἰς τὸ ὄνομα τοῦ Πατρὸς , καὶ τοῦ Υἱοῦ, καὶ
nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en
Petrus het in sy eerste preek met die ontstaan van die Nuwe Testamentiese Gemeente nie lang verduidelikings oor die doop gegee nie: Vir hom, wat die oorspronklike woorde van die lippe van die Meester gehoor het, was dit duidelik hoe die doop uitgevoer moes word. So het hy dan opgetree ooreenkomstig die Groot Opdrag van die opgestane Verlosser en het almal beveel wat gelowig geword het om gedoop te word in die Naam van die Here Jesus Christus (Hand. 2: 37-41).
By die volgende geleentheid verkondig hy weer vergifnis: "Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang" (Hand. 10:43) en tegelyk ook die doop: "Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?" (vers 47). "En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here". (vers 48). Na Paulus se preek was selfs die dissipels van Johannes die Doper wat in Jesus Christus geglo het, weer gedoop: "En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer" (Hand. 19: 5-6). Die Apostels en almal in die vroeë Christendom het verstaan dat dit gegaan het om gedoop te word in die Naam waarin die heil van God lê.
Geloof, die waterdoop en die doping met die Heilige Gees behoort saam. In die waterdoop bely die gelowiges hul geloof aan God; in die Gees-doping erken God die wat gelowig geword het. "Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne, en ons is almal van een Gees deurdronge" (1Kor. 12:13).
Die internasionale kerkgeskiedenis getuig eenvormig dat mense in die vroeë Christendom tot die derde eeu net gedoop is in die naam van die Here Jesus Christus, en met 'n enkele onderdompeling. Aan die gelowiges in Rome, het die apostel geskryf: "Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in Sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood (dit wil sê deur onderdompeling {baptisimo}), sodat ons soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel" (Rom. 6: 3-4) "... *omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop"* (Kol. 2:12).
"En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Fillipus en die hof-dienaar; en hy het hom gedoop" (Hand. 8:38). Ook Johannes die Doper het in (nie op) die Jordaan ge-doop: "En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en met eens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom" (Matt. 3:16).
In die jaar 337 n.C. was keiser Konstantyn, wie in die paleis te Ankyron op sy sterfbed gelê het, drie keer op sy voorkop gesprinkel deur Biskop Eusebius, in toepassing van die trinitariese formule. Was dit 'n doop? Klaarblyklik sou Konstantyn soos Christus word, alhoewel hy tot sy einde die songod Sol aanbid het. Die trinitariese doop formule is bygevoeg deur die geestelik blinde kerkvaders in die tyd van die oorsprong van die Drie-eenheidsleer. Die toevoeging van die trinitariese doop by die Drie-eenheidsleer uitvinding, het hulle goed gepas, om dit geloofwaardig te maak. Dit behels die "Romeinse doop belydenis".
As die kerkvaders in die 3de en 4de eeue en al die teoloë daarna, die doopbevel uitgevoer het soos Petrus op Pinksterdag (Hand. 2) en Paul daarna (Hand. 19:5), sou daar geen verwarring daaroor gewees het nie. Maar nie een van die kerkvaders kan verslag doen van 'n bekering, uit 'n werklike ervaring van redding, of van 'n ware Goddelike roeping nie.
Die Drie-eenheidsleer van drie ewige persone word nêrens in die Bybel gevind nie, nog minder die trinitariese doop formule. Daar is nie 'n enkele daad, wat uitgevoer was met die gebruik van die formule "in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees" – nie ‘n enkele een nie! Elke gebed, altans alles, was gedoen in die Naam van die Here Jesus Christus, want dit was die bevel wat in Kolossense 3:17 aan die ware gelowiges gegee was: "En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus ...*"*.