DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde

Die Nagmaal

« »

Selfs met die viering van die nagmaal het heidense idees ingevloei. Dit is dus geen wonder nie dat reeds voor, tydens en selfs na die Reformasie, teologiese uiteenlopende menings daaroor bestaan.

Om die oorspronklike betekenis van die nagmaal te verstaan, moet ons die betrokke Skrifgedeeltes nalees. Die vroeë Christene het die nagmaal eenvoudig "brood-breking" genoem, waarvoor hulle in huise saamge-kom het (Hand. 2: 42-47; Hand. 20:7). Dit was tydens die viering van die Pasga maaltyd, toe onse Here die nagmaal ingestel het (Joh. 13; Matt. 26; Mk. 14). Toe die Here God die instruksies vir die eerste pasga viering ge-gee het in Exodus 12, het Hy Israel vir die eerste keer as 'n "gemeente" (Ekklesia = uitgeroepenes) aangespreek. Eers moes hulle 'n lam as 'n offer slag en die bloed moes hulle, ter beskerming, op hul deurposte en aan die bodrumpel aanwend: "Maar die bloed sal vir julle ‘n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan" (Ex. 12:13). Die vleis van die lam was na voorbereiding saam met ongesuurde brood geëet. Paulus verwys daarna toe hy skryf: "Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees – want ook ons ​​paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus" (1Kor. 5:7).

In Johannes 6, vind ons die besondere gelykenis waar die Here die simbool van die brood op homself gebruik: "Ek is die brood van die lewe ... Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het" (Eerstens is Hy die brood, dan gee Hy dit) "As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is My vlees, wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee". "As julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en Sy bloed nie drink nie, het julle geen lewe in julleself nie ...". "Wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe!"

In Matthéüs 26, vra die dissipels: "Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die pasga te eet?" (Verse 17-19). "En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan Sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is My liggaam" (Vers 26). Dit word gevolg deur vers 27: "Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit"" Eers dán sê hy: "Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes" (Sien ook Markus 14: 24-25). Die brood word geëet en die wyn word gedrink. Met verwysing na die wyn in die beker, sê ons Verlosser: "Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader" (Matt. 26:29)

Die Verlosser het Sy bloed gegiet en daardeur aan ons die vergifnis van ons sondes en versoening met God geskenk. Die brood en wyn kan en hoef nie verander te word nie; Christus kan en hoef nie keer op keer opgeoffer te word nie; Hy het dit eens en vir altyd gedoen. Volgens die goddelike heilsplan het Hy "... met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en 'n ewige verlossing teweeggebring" in ooreenstemming met die goddelike verlossingsplan (Hebr. 9:12). Amen.

Die hoofgedagte staan in Levitikus 17:11: "Want die siel van die vlees is in die bloed!" In die bloed van die Verlosser was daar goddelike, ewige lewe. En in almal wat deur die bloed van die Seun van God verlos is en uit Woord en Gees wedergebore is (Joh. 3:3; Jak. 1:18; 1Pet. 1:23), is dieselfde ewige lewe, wat in die Seun van God was (1Joh. 5: 11-13). Paulus maak dit verstaanbaar vir almal toe hy skryf: "Die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood" (1Kor. 10: 16-17).

Verder skryf die apostel: "... Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here ..." (1Kor. 11: 26-27). Die nagmaal is die hoogtepunt in 'n erediens. Almal ondersoek hulself voor God en vra biddend om vergifnis. Met toewyding en eerbied word die nagmaal gevier ter gedagtenis aan die opoffering van Sy liggaam as 'n slagoffer en Sy heilige bloed wat hy vir ons gestort het. Die ongesuurd-gebakte brood word dan geseën voor die gemeente in gebed, gebreek en uitgedeel; die beker wyn word ook geseën met gebed voor almal en dan bedien. Dit was so beoefen deur die eerste Christene, en so is dit nagelaat aan die Nuwe Testamentiese Gemeente.

Selfs met die viering van die nagmaal het heidense idees ingevloei. Dit is dus geen wonder nie dat reeds voor, tydens en selfs na die Reformasie, teologiese uiteenlopende menings daaroor bestaan.

Om die oorspronklike betekenis van die nagmaal te verstaan, moet ons die betrokke Skrifgedeeltes nalees. Die vroeë Christene het die nagmaal eenvoudig "brood-breking" genoem, waarvoor hulle in huise saamge-kom het (Hand. 2: 42-47; Hand. 20:7). Dit was tydens die viering van die Pasga maaltyd, toe onse Here die nagmaal ingestel het (Joh. 13; Matt. 26; Mk. 14). Toe die Here God die instruksies vir die eerste pasga viering ge-gee het in Exodus 12, het Hy Israel vir die eerste keer as 'n "gemeente" (Ekklesia = uitgeroepenes) aangespreek. Eers moes hulle 'n lam as 'n offer slag en die bloed moes hulle, ter beskerming, op hul deurposte en aan die bodrumpel aanwend: "Maar die bloed sal vir julle ‘n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan" (Ex. 12:13). Die vleis van die lam was na voorbereiding saam met ongesuurde brood geëet. Paulus verwys daarna toe hy skryf: "Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees – want ook ons ​​paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus" (1Kor. 5:7).

In Johannes 6, vind ons die besondere gelykenis waar die Here die simbool van die brood op homself gebruik: "Ek is die brood van die lewe ... Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het" (Eerstens is Hy die brood, dan gee Hy dit) "As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is My vlees, wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee". "As julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en Sy bloed nie drink nie, het julle geen lewe in julleself nie ...". "W*ie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe!"*