DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde

Terug na die Woord – Terug na die Begin

« »

"... Die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is" (1Pet. 1:25). Na eeue waarin die staatskerk die wêreldse swaard en geestelike mag oor individue en hele volke uitgeoefen het, het ‘n geestelike vernuwing gekom en ‘n besinning in die laat middeleeue jeens die Bybel.

In alle herlewings voor en na die Reformasie, het diegene wat bybels geglo het, die staatskerk verlaat en is daardeur vervolg. John Wycliffe (1321-1384), wat die Vulgaat in Engels vertaal het, het die belangrikheid van die Woord van God erken en het openlik bely: "Vir my kan slegs dit van toepassing wees wat die Bybel sê". Hy verwerp die pousdom en word 30 jaar na sy dood as 'n ketter verklaar. Selfs Jan Hus (1370-1415) het uit die Bybel gepreek nadat hy verligting ontvang het, en het beslissend teen die universele aanspraak van die pous gegaan. Vir hom was die Bybel die enigste gesag in sake van geloof. Hy skryf in sy kommentaar op Johannes 8: 31–32: "Vra na die waarheid, luister na die waarheid, leer die waarheid, wees lief vir die waarheid, praat die waarheid, bewaar die waarheid en verdedig die waarheid tot die dood toe". Op 6 Julie 1415 het hy, nadat die doodsvonnis deur die kerkraad van Constance oor hom uitgespreek is, om vergifnis gebid vir die vyande van die waarheid, terwyl hy, vasgebind op die brandstapel, in vlamme sy siel aan sy Verlosser, Jesus Christus opgedra het.

Martin Luther verwerp die pouslike aflate en verkondig bekering en reg-verdiging deur die geloof. Reeds in 1520 publiseer hy die geskrif DIE BABILONIESE BALLINGSKAP VAN DIE KERK en sit sy posisie uiteen dat nie 'n kerk sakrament nie, maar slegs die geloof in Jesus Christus tot sa-ligheid lei. Vir hom geld ook: "Sola Scriptura" – Die Skrif alleen! Op die ‘Diet of Worms’-dag het Martin Luther op April 18, 1521 aan die einde van sy toespraak die beroemde woorde gesê: "Tensy ek oortuig is deur die getuienis van die Skrif of deur duidelike rede (want ek vertrou nie, hetsy in die pous of in rade alleen nie, aangesien dit bekend is dat hulle dikwels fouteer en hulself weerspreek), is ek gebind deur die Skrif wat ek aangehaal het en my gewete is geboei aan die Woord van God. Ek kan nie en sal niks herroep nie, want dit is nie veilig en nie reg om teen jou gewete te gaan nie. So help my God. Amen!" Op die klimaks van sy geestelike stryd het hierdie her-vormer homself gesien as God se spreekbuis teen die Pous en die Kerk.

In Switserland, was die segetog van die Reformasie in 1531 aangevoer deur Huldreich Zwingli in Zürich; Johannes Calvyn het sy deurbraak gemaak in 1536 in Genève. Hulle en vele ander het hul bydrae gemaak tot die "Protestantse" herlewing in Europa. Oral het gelowig-geworde mense versamel vir gebedsbyeenkomste en was deur die georganiseerde kerk "ketters" genoem. Die klein gemeentes wat na vore gekom het, waaronder die Anabaptistiese beweging, is "sektes" genoem en vervolg.

Maar die Reformasie kon nie gestop word nie, en die Skrif was dieper en duideliker geopenbaar en verkondig in die herlewings van die daarop-volgende eeue. Herlewings predikers soos Earl Zinzendorf vir die Mora-wiese Kerk, John Wesley vir die Metodiste, John Smith vir die Baptiste, Menno Simon vir die Mennoniete, William Booth vir die Heilsleër en vele ander het na vore getree. Al die predikers van die bybelse waarheid was dit eens oor die sg. plaasvervanger van Christus, wie aan homself alle gesag op aarde toegeëien het en homself verhef bo en aanbid word as God, wie Paulus die seun van die verderf noem (2Thes. 2). Hulle het beklemtoon dat God se Woord nie 'n "plaasvervanger van Christus" (Vicarius filii Dei) of 'n "opvolger van Petrus" ken nie. Hulle weet presies wat onse Here in Matthéüs 23:9 gesê het: "En julle moet niemand op aarde julle vader noem nie," – nog minder ‘Heilige Vader’ – "want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is".