DIE BYBEL – Die Mees-gelese Boek op Aarde

Iemand moet dit sê

« »

Dit is bekend dat die godsdienste al die volke en lande in hul greep het: hier is dit die Christendom, daar is dit Islam, met Hindoeïsme of Boeddhisme elders. So word die suide van Europa, vanaf Italië tot Spanje en Portugal, deur Katolieke gedomineer, terwyl die noorde dws. Swede, Noorweë en Finland oorwegend Protestants is. As 'n mens kyk na Noord–Amerika, word die Verenigde State en Kanada beïnvloed deur Protestantisme en die lande van Suid- en Sentraal-Amerika word oorheers deur Katolisisme. In Indië is dit hoofsaaklik Hindoeïsme en regdeur die Midde-Ooste heers Islam, met Asië oorwegend onder Boeddhisme. Al die godsdienste saam het beloftes wat nie afkomstig is van God af nie en kan dus ook nie met Hom verbind word nie. Daarom moet dit duidelik gesê word: Die heil van God is in geen godsdiens of kerk nie, maar slegs in Jesus Christus. Alle menslike beloftes van die hemel en van die paradys het niks te doen met God nie. Daar is slegs Een – naamlik die Verlosser self – wat kan sê: "Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees" (Luk. 23:43).

Nie een van die sg. Christelike kerke, hetsy die Katolieke of die Orto-dokse of die Anglikaanse of Lutherse of Calvinistiese of die Koptiese of enige ander, is die Gemeente wat deur Christus, die Verlosser, gestig is nie. Byvoorbeeld, die Pous is inderdaad die hoof van die Rooms–Kato-lieke Kerk en die Patriarg, die hoof van die Ortodokse Kerk, maar nie een is die hoof van die Gemeente van Christus nie. Die aartsbiskop van Kantelberg mag nou wel die geestelike leier van die Anglikaanse Kerk wees, maar hy ook is nie die hoof van die Gemeente van Jesus Christus nie. Dit geld vir alle Christelike denominasies, want almal het die "Nicea-Chalce-doniese Belydenis" met die Kerk van Rome in gemeen, ten spyte van hul verskille. Volgens Wikipedia is die eerste teologiese voorvereiste vir lidmaatskap van die Protestantse kerke in die "Wêreldraad van Kerke", die "belydenis van geloof in die Drie-enige God, soos uitgedruk in die Bybel en in die Nicea-Konstantinopolitaanse Belydenis"

Maar dit is nie die geloofsbelydenis van die Gemeente van die lewende God nie. Die Gemeente van Jesus Christus glo in die een God, soos die Bybel daarvan getuig. Dit bestaan ​​ten alle tye uit die Bybelse gelowiges van alle nasies, volke, rasse en tale. Die Here self het gesê: "My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie ...". Die Gemeente van die lewende God is nie ‘n amptelik-erkende godsdiens nie, maar vorm die liggaam van die Here, soos geskrywe is: "Maar julle is die liggaam van Christus, en lede afsonderlik" (1Kor. 12:27). In die een ware Gemeente van die verlostes, is Jesus Christus die Hoof (Efé 4:15) en die Bybel, as God se Woord, is die enigste gesag.