Christus en Sy Gemeente in Profesie
Jesus Christus is die Seun van God, die Seun van die mens en Seun van Dawid. Elke titel beskryf Hom in een van Sy onderskeie hoedanighede en kan nie uitgeruil word nie. Hy word voorgestel as die Seun van die mens in verband met die Woord van profesie. Daarom word Hy nie na verwys as dieSeun van God of Seun van Dawid, maar die Seun van die mens wanneer Hy tussen die sewe goue kandelaars gesien word (Openb. 1:13).
Omdat bybelprofesie vervul was tydens Sy eerste koms het die skrywers van die vier Evangelies van Hom byna uitsluitlik gepraat as die Seun van die mens. Selfs Jesus het na Homself tydens Sy aardse bediening verwys as die Seun van die mens. Hy was die vervulling van Deuteronomium 18, waarna Petrus later verwys het: "Want Moses het tot die vaders gespreek: die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek. En elke siel wat nie na dié profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word" (Hand. 3: 22-23).
Moses en Elia van die Ou Testament en Petrus, Jakobus en Johannes in die Nuwe Testament, was bevoorreg om die Here Jesus Christus in Sy gedaanteverandering te sien: "Sy aangesig het geblink soos die son, en Sy klere het wit geword soos die lig ... terwyl Hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en sê 'n stem uit die wolk: Dit is my gelief-de Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom! En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees" (Matt. 17).
Johannes gee sy reaksie toe hy Hom gesien het, "En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste" (Open. 1:17).
As ons Hom as die Seun van God, ons Verlosser, aanvaar het, moet ons dan nie val voor Sy voete en hom aanskou soos Hy Sy Woord in die gesag van die Seun van die mens – die God-profeet – spreek nie?
In Openbaring 2 en 3 adresseer Jesus Christus Sy engel-boodskappers aan die sewe kerk-eeue. Aan die einde van elke boodskap lees ons: "Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê". "En elke siel wat nie na dié profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word" (Hand. 3:23). God bedoel elke woord wat Hy sê. Ons ewige bestemming is in gedrang. As die siel lewe ontvang het, is dit steeds in gevaar om verlore te gaan as ons versuim om die geestelike voedsel van God se geopenbaarde Woord te ontvang. "Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie ..." (Openb. 3:5). Kom ons besef die erns van so 'n verklaring! Dit is nie die woorde van 'n prediker of 'n ander persoon nie: Jesus Christus self, die Seun van die mens, die God-profeet uiter Sy Woord, wat Gees en lewe is. Elke siel wat nie luister na die woorde van dié Profeet nie, is in groot gevaar.
Elke keer wanneer 'n ster-boodskapper op die toneel verskyn (Openb. 1:20), het hulle nie hul eie saak bevorder nie. Hulle het nie namens hulself gepraat nie, nee, hulle was sterre in die regterhand van Jesus Christus wat net Sy lig gehou het. Hulle was ware spreekbuise van die Almagtige God.
Die woorde "… luister na Hom!" (Mark. 9:7) is meer betekenisvol as wat ons dink. Te midde van al die verskillende godsdienstige stemme wat vandag in die wêreld is, eggo die ware stem van God. Die dae het aangebreek, waarin ons die stem moet hoor wat klink soos 'n basuin. As ons God se ware saad is, moet ons die oorspronklike gesproke Woord aanvaar.
Petrus, wat teenwoordig was op die Berg van Verheerliking, was geïnspireer deur die Heilige Gees met sy verklaring: "... na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek" (Hand. 3:22).
Daar is net een ‘Seun van die mens’, net een ‘Die Profeet’. Sy boodskappers word diensknegte en profete genoem. Hy is ‘Die Hoëpriester’, ‘Die Koning’ – ons is konings en priesters. Hy is ‘Die Seun van God’ – ons is God se seuns en dogters. Die feit dat Jesus Christus profeties aangetoon word as ‘Seun van die mens’ dui aan dat Sy profetiese bediening voortgaan regdeur die hele Nuwe Testament.
Die briewe van die apostels, wat begin met Romeine en eindig met Juda, beskryf Hom as die Seun van God. Daarin word die benaming ‘Seun van die mens’ en ‘Seun van Dawid’ nie een maal gebruik nie. Dit is geen toeval nie – dit is omdat hulle niks te doen het met profesie nie. Hul hoofdoel was die bevestiging van die nuwe-testamentiese Gemeente met al die leerstellinge en ordinansies, en bied Jesus Christus aan as die ‘Seun van God’ wat Sy reddende en helende krag openbaar sedert die dag van Pinkster.
Vir die Jode is Jesus Christus die Seun van Dawid. Toe Hy Jerusalem ingegaan het op Palm-sondag, het die skare hardop gesing: "Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!" (Matt. 21: 9, 15). As die Seun van Dawid sal Hy sit op Sy troon as Koning wat heers oor die nasies tydens die Vrederyk. Die Seun van God is die Verlosser, die Seun van die mens is die Profeet, die Seun van Dawid is die Koning. Hierdie drie titels moet nie verwar word nie. Elke aanwysing: Seun van God, Seun van die mens en Seun van Dawid, is hoedanighede wat elk ‘n spesifieke eienskap manifesteer. Nie ‘n enkele Skrif moet misplaas word nie en nie een titel moet omgeruil word nie, selfs al word oor dieselfde persoon gepraat. Elke benaming of titel soos aan Hom toegeskryf, het ‘n spesifieke verband waarin dit gebruik word, wanneer dit gebruik word – dit moet in hul behoorlike kontekste gehou word.
Daar word baie gepraat oor Jesus Christus, die Seun van God, maar min mense stel belang in die dieper profetiese Woord – om Jesus Christus te erken as die Seun van die mens. Ons leef nou in 'n profetiese tydperk waarin Christus Homself openbaar as die Seun van die mens, deur die Woord van belofte vir ons tyd. Aan die einde van die genadetyd gaan die openbaring van die Seun van die mens, die teken van die Seun van die mens en dan uiteindelik ook die koms van die Seun van die mens geskied.
In Matthéüs 24 het Jesus gepraat van dinge wat moet gebeur voor Sy koms. Baie dinge is al gesê oor die tekens van die eindtyd – van oorloë en gerugte van oorloë, aardbewings, die terugkeer van die Jode, ens.. Die Bybel sê vir ons in Matthéüs 24:3 dat die dissipels van Jesus drie afsonderlike vrae gevra het: "Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld". Die Here het net voor dit aan hulle gesê, dat nie een klip van die tempel op die ander gelaat sal word nie. Die eerste vraag was kort daarna vervul, toe Titus Jerusalem binne geval en oorgeneem het. Die stad was vernietig, die tempel verwoes en die Jode uitmekaar gedryf.
Ons belang lê veral by die tweede vraag: "… wat is die teken van u koms?". Hulle het nie gevra oor die baie tekens waarvan Hy gepraat het, wat Sy wederkoms vooruit moet gaan nie. Hul vraag was in die enkelvoud: "… wat is die teken van u koms". Let wel! Dit sê "teken van Sy koms", dws, dit hou verband met Sy wederkoms. 'n Teken word aan ons gegee as 'n riglyn en vir leiding. As ons gereed wil wees vir Sy wederkoms, moet ons aandag skenk aan die teken (aanwyser) van Sy koms. Die Jode sal die teken van die Seun van die mens sien (Matt. 24:30) voordat Hy neerdaal op die Olyfberg (Sag. 14).
God se Woord sê dat Hy opgeneem was in 'n wolk (Hand. 1:9) en sal op dieselfde manier terugkeer (v.11). Die bonatuurlike wolk herinner ons van die Almagtige God se verskeie besoeke in die Ou Testament, asook van die gebeurtenis op die Berg van Verheerliking.
Wat is die beduidenis van die verskyning van die Here aan broeder Branham in 'n wolk op 28 Februarie 1963, voor die opening van die verborgenhede van die sewe seëls? Kan dit wees dat dit 'n teken was van Sy koms, om Sy eie te waarsku? Dit is nou die tyd dat ons uitgeroep word in die tyd van voorbereiding – die koms van die Here is op hande. Enigiemand wat beweer dat Christus reeds gekom het, of dat Hy anders sal terugkeer as wat beskryf word in die Skrif, is blind vir die waarheid en in ‘n misleiding.
'n Teken is 'n aanduiding wat uitdrukking gee of inligting oordra jeens 'n sekere aangeleentheid. 'n Skriftelike stem volg altyd 'n skriftelike teken. Diegene wat die teken erken, hoor dan die stem.
Nadat die teken van die Seun van die mens in 'n bonatuurlike wolk verskyn het, was die stem van die Here gehoor. Die seëls was geopen, en hul verborgenhede geopenbaar. Deur die profetiese bediening het die Bruid van Christus ook haar laaste teken gesien op aarde, voordat sy die Heerlikheid ingeneem word. Die feite kan nie ontken word nie. Die aandag van die uitverkorenes in hierdie geslag, word gevestig op wat die Here gedoen het.
In Lukas 17 sê Jesus oor die dae van Noag en Lot: "net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word" (v.30). Beide kere was die Woord van die Here deur 'n profeet aangekondig. Voor die sondvloed gekom het was Noag geweet wat gaan gebeur. Voordat die stede van Sodom en Gomorra verwoes was, het Abraham geweet. Beide van hierdie manne was belangrike profete. Abraham het bevestiging van die belofte van die geboorte van Isak ontvang. Die Here het ook die geheim in die hart van Sarah openbaar gemaak.
Dieselfde onderskeidings-bediening was herhaal toe die Here die geheime in die harte van Natánael, Petrus, die vrou by die put, en andere, vertel het. Selfs in hierdie geslag het ons dieselfde bediening waargeneem. Almal wat vertroud is met die profetiese bediening van broeder Branham, weet dat 'n heilige atmosfeer altyd teenwoordig was wanneer die gawe van onderskeiding in werking was. Regoor die wêreld was mense se siektes en probleme, besonderhede van hul heenkome, ens, aan hulle bekend gemaak. 'n Heilige stilswye het altyd oor die gehoor gekom want die Here was waarlik teenwoordig.
Lukas 17:30 vertel van die dag waarop die Seun van die mens geopenbaar word. Verse 34-36 beskryf die eintlike wegneming van diegene wat gereed is om Hom te ontmoet: "Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; een sal aangeneem en die ander verlaat word. Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word". Dié Skrif verwys ongetwyfeld na die wegraping. Verstaan dit tog! Die wegneming van die Bruid kan nie plaasvind voor die teken en openbaring van die Seun van die mens gebeur nie.
In Lukas 18, vra Jesus Christus: "... as die Seun van die mens kom (nie die Seun van God of Seun van Dawid nie), sal hy wel die geloof op die aarde vind?" (v.8) As 'n mens nie die teken van Sy koms ken nie, of nie luister na die stem van die Seun van die mens deur die profetiese woord nie, hoe kan hy gereed wees by die tyd van Sy koms? Die Gemeente van die lewende God moet alle mens-gemaakte tradisies laat vaar en die vervulling van bybelse profesieë waarneem en Jesus Christus, die Seun van die mens in Sy Gemeente sien wandel tussen die sewe goue kandelaars, met die sewe sterre in Sy regterhand. Elke Christen aanvaar die Here Jesus Christus as die Seun van God, maar slegs die uitverkorenes volg Hom in Sy profetiese bediening as die Seun van die mens. Niemand anders kan Hom verstaan nie. Soos met Sy eerste koms, is dit nou nog: "Hy het na Sy eiendom gekom, en Sy eie mense het Hom nie aangeneem nie" (Joh. 1:11) Aan die einde van die boodskap aan die Laodicea Gemeente sê dit: "Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou en hy met My" (Openb. 3:20).
Die vereiste is dat ons Hom moet hoor klop – die deur dan oopmaak en Hom verwelkom. Eers dan sal Hy inkom en saam met ons maaltyd hou. Hy breek nog steeds die brood van die lewe vandag, en wanneer Hy praat, dan is ons harte brandend. Hierdie boodskap is gerig aan die gelowiges, nie sondaars nie. Hy staan buite die kerke sodat iemand kan oopmaak en Hom inlaat.
Godsdienstige aktiwiteite is natuurlik nog in volle gang. Daar word baie gepraat daaroor; liedjies en preke vereer Hom, maar in werklikheid staan Hy buite, verwerp en misverstaan deur die meeste mense, omdat Hy verskyn as die Seun van die mens – die Profeet, wat Sy beloofde Woord tot vervulling bring. Ons was vertel: "Luister na Hom!" (Matt. 17:5), "Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die Here spreek" (Jes. 1:2). "Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê" (Openb. 2-3).
Diegene wat die Here van die heerlikheid gekruisig het was die mees godsdienstige mense op aarde – die beloftes en die verbond het aan hulle behoort. Daardeur het hulle gedink dat hulle baie naby aan God en Sy Woord was.
Jesus Christus word nou opnuut gekruisig en openlik tot skande gemaak deur diegene wat hulself voorhou dat hulle in Hom en in die verbondsbelofte glo, maar Hom misverstaan in Sy bediening as Seun van die mens. Sy troos is: "My skape luister na My stem ..." (Joh. 10:27).
Israel was uit Egipte gelei volgens die belofte van God. Maar omdat hulle ongehoorsaam was aan God se stem en dit nie ter harte geneem het nie, was hulle nie toegelaat om die belofte-land in te gaan nie. "Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor ... daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die Here God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie" (Deut. 4: 36+39)
Die woorde van waarskuwing waarmee ons aangespreek word in Hebreërs 12:25, lui: "Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; Want as húlle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde 'n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder óns wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek". Hier praat dit nie van die weiering van die Een wat ons genees of red nie, maar 'n verwerping van Hom wat spreek – die Profeet, die Seun van die mens. Dit is 'n baie ernstige saak wanneer die Here God praat en ons nie Sy stem hoor nie.
"Vandag as julle Sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie" (Hebr. 3:15). Ons moet vandag Sy stem hoor - in dié dag waarin ons vandag lewe. Dit is ons "vandag".
Jesus Christus is die Seun van God, die Seun van die mens en Seun van Dawid. Elke titel beskryf Hom in een van Sy onderskeie hoedanighede en kan nie uitgeruil word nie. Hy word voorgestel as die Seun van die mens in verband met die Woord van profesie. Daarom word Hy nie na verwys as die Seun van God of Seun van Dawid, maar die Seun van die mens wanneer Hy tussen die sewe goue kandelaars gesien word (Openb. 1:13).