Christus en Sy Gemeente in Profesie

Die verborgenheid van Christus en Sy Gemeente

« »

Jesus Christus het Homself geoffer aan die kruis van Golgota as die eens-en-vir-altyd volmaakte offer vir die sondes van die gevalle mensdom. Die grootste oorwinning van alle tye was Syne, soos Hy die gevangenes gevange geneem en die boeie van die gevangenis gebreek het, vir diegene wat verlos is. Hy het opgevaar die hoogte in en terug gekom in die vorm van die Heilige Gees om Homself voortdurend deur die eeue te manifesteer in Sy eie, totdat Hy kom vir Sy vlekkelose Bruid, wie beklee sal wees in Sy geregtigheid.

Wat 'n wonderlike beeld van Christus en Sy Gemeente word uitgebeeld in profesie in die boek Openbaring. Johannes het hom gesien tussen die sewe goue kandelaars as die Seun van die mens.

"Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,

En tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met 'n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met 'n goue gordel.

Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos 'n vuurvlam;

En sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.

En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.

En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie;

Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood. Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is sowel as die wat gaan gebeur;

Die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes" (Openb. 1: 12-20).

In hierdie profetiese blik word die Here Jesus Christus getoon in Sy verheerlikte vorm, soos Hy wandel en praat in die midde van Sy Gemeente. Die goue gordel op Sy bors toon Hom as Regter, "want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God ..." (1Petr. 4:17).

Johannes het Hom nie gesien as die Seun van God wat verlorenes red en die siekes genees nie. Hy het Hom nie gesien die verskillende bedieninge in Sy Gemeente plaas nie. Hy het nie gepraat oor die geestelike gawes, die twaalf apostels of die sewentig dissipels nie – hy het die Here Jesus Christus gesien as die Seun van die mens met die sewe sterre in Sy hand. Sy Woord "... is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart" (Hebr. 4:12). "Die wat uit God is, luister na die woorde van God ..." (Joh. 8:47). "Wie My verwerp en My woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag" (Joh. 12:48).

Die Here Jesus Christus stel Homself voor aan die sewe gemeentes as die alom-genoegsame Een: "Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige" (Openb. 1:8).

Dit is Sy finale openbaring aan Sy Gemeente. Hy was beskryf in Sy vele vorme en eienskappe wat verband hou met die plan van verlossing. Hier word Hy geopenbaar in Sy volle Godheid.

Die goue kandelaar – die Gemeente – was reeds al genoem in die Ou Testament. Die profeet Sagaria het die sewe-lamp kandelaar gesien en getuig: "En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar 'n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is" (Sag. 4:2). Die olie vanaf die oliekan was deur die sewe pype gevoer en het die sewe lampe gevul. Dieselfde God, dieselfde Heilige Gees, het in elk van die sewe kerk-eeue neergedaal om die ware openbaring aan die lewende Gemeente te gee.

Terwyl die profeet Moses op die berg was, het die Almagtige God vir hom die patroon gewys en hom presiese instruksies gegee oor hoe die tabernakel gebou moes word (Hebr. 8:5). Dit moes opgerig word as die God van Israel se woonplek, in die heroprigting van Sy gemeenskap met Sy volk – om hul aanbidding en offers op die altaar te ontvang.

Die tabernakel was in twee dele verdeel: die Heilige, met die sewe-lamp goue kandelaar en die tafel met die toonbrood en dan die Allerheiligste (Heb. 9: 2-3). Moses was die opdrag gegee: "Maak ook 'n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees." (Exo. 25:31) Dit spreek van die uitbotting van die Gemeente. Die hele kandelaar was gemaak van een en dieselfde stuk goud. Niks was bygevoeg en niks was weggeneem nie. Wat 'n wonderlike uitbeelding van die Bruid van die Here Jesus Christus! Sy is een met Hom, gemaak van dieselfde materiaal, gewas in sy bloed, wedergebore en verseël deur Sy Gees.

Die sewe-lamp goue kandelaar het nie kerse gehou, soos ons dit vandag ken nie, maar die lampe was deur die priesters gevul met olie, aangesteek en daagliks skoongemaak; dit moes voortdurend brand (Exo. 27: 20-21). Dit het die heiligdom verlig aan diegene wat deelgeneem het aan die tafel van die Here. Die lampe was nie eintlik die lig nie, hulle het net die lig gemanifesteer – deurgelaat – wat vanaf die oliekan kom. Die sewe lampe op die goue kandelaar verteenwoordig die Gemeente van die Here Jesus Christus in profesie in die sewe spesifieke kerk-eeue.

Oorkant die goue kandelaar was die tafel met die toonbrood, waarop die ongesuurde brode geplaas was (Lev. 24: 5-6) – 'n profetiese prentjie van Christus, die Brood van die Lewe vir elke gelowige. Hierdie brood was deur die priesters geëet; ons, as die koninklike priesterdom van die Nuwe Testament, moet deel hê aan die Here Jesus Christus, die lewende Woord, want Hy het gesê: "Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie" (Joh. 6:35).

Die reukwerk was op die reukaltaar voor die voorhangsel gebrand, elke môre en elke aand, wanneer die lampe skoongemaak en aangesteek was. Een keer 'n jaar, moes die hoëpriester daarop versoening doen met die bloed van die soenoffer (Exo. 30: 6-10).

U mag vra: Wat het dit alles met ons te doen? Ons moet "... wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur" (Efé. 5:2). Die nuwe-testamentiese gelowiges bring hul gebede voor God, die Almagtige, as ‘n lieflike geur: "Laat ​​my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer" (Ps. 141:2). "want ons is 'n aangename geur van Christus tot eer van God ..." (2Kor. 2:15)

In Openbaring 8: 3-4 lees ons van die reukaltaar: "En 'n ander engel het gekom en met 'n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê; en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God" – nie die gebede van diegene wat sê hulle glo nie, maar die gebede van die heiliges, diegene wat geheilig is deur die Woord en Gees van die waarheid. "En toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is ..."(Openb. 5:8). Al die gebede van diegene wat die beloofde Woord van die verbond erken, styg op na die troon van die Almagtige as 'n aangename geur van die wierook. Die gebede van diegene wat werklik die boodskap van die ster-boodskapper – die aardse engel van die kerk-eeu – glo, word deur die hemelse engel na God se troon geneem. Die geopenbaarde Woord vir elke kerk-eeu gaan uit vanaf die troon van God en die gebede van die heiliges wat die Woord ontvang, keer terug daarna. "... So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur" (Jes. 55:11).

"En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters wel gedurig in die eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul ..." (Heb. 9:6). Maar om die diens van die Here te verrig, moes hulle vooraf toegewy en geheilig word: "So moet jy hulle dan heilig sodat hulle hoogheilig kan wees; elkeen wat aan hulle raak, word heilig" (Exo. 30:29).

Die priesters moes, wanneer hulle die tent van samekoms betree, "hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie ..." (Exo. 30:21). Daarna was hulle geklee in die spesiale klere wat vir hulle gemaak was volgens die presiese instruksies van die Here. Dan was hulle gesalf.

Wat 'n wonderlike beeld van die Bruid van die Here Jesus Christus! Sy is verlos deur Sy Heilige bloed, Hy reinig haar met die waterbad, deur die Woord, "sodat Hy die Gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar sodat dit heilig en sonder gebrek sou wees" (Efé. 5: 26-27). Sy Gemeente kan sê: "Ek is baie bly in die Here, my siel juig in my God; want Hy het my beklee in die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel – soos 'n bruidegom, wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele" (Jes. 61:10). Sy is gesalf en verseël deur die Heilige Gees (2Kor. 1:22). Die Gemeente van Jesus Christus is "'n uit-verkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk" (1Petr. 2:9). "Aan Hom wat ons liefgehad het en ons gewas het van ons sondes in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen" (Openb. 1: 5b-6).

Die Allerheiligste was geskei van die Heilige met ‘n voorhangsel. "En agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste, waarin ‘n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was, die staf van Aäron wat gebloei het, en die tafels van die verbond; en daar bo-op die gérubs van die heerlikheid wat die versoendeksel oorskadu het ..." (Hebr. 9: 3-5).

Toe Jesus Christus, die volmaakte offerlam, op Golgota gesterf het, het Sy bloed versoening gebring vir ons sondes. Die voorhangsel het nie in twee geskeur toe die hoëpriester die dierlike offerhandes gemaak het nie, maar toe die Seun van God Sy lewe vir die sondes van die mense gegee het, het die voorhangsel van die tempel in twee geskeur (Matt. 27:51), en die weg gebaan na die troon van genade, die Allerheiligste.

Die wet was volbring en genade het in werking getree. Die blote feit dat die voorhangsel – wat die Gemeente van die heilige teenwoordigheid van die Almagtige geskei het – van bo na onder geskeur het, wys dat God self die voorhangsel geskeur het.

In die Ou Testament kon die aanbidder nie verby die voorhangsel gaan en leef nie. Maar nou, as ons nie die Hoë Priester en magtige Koning volg nie, wat die kragte van die vyand oorwin het en Sy eie bloed op die versoendeksel in die Allerheiligste gelaat het, bly ons dood in ons sonde en oortredinge. Christus is ons Hoëpriester – nie volgens die orde van Aäron nie, maar volgens die orde van Melgisédek, Koning van Salem, Koning van Vrede, die Here van die heerlikheid (Hebr. 7). Hy is die Hoëpriester wat met ons swakhede medelye kan hê (Hebr. 4:15).

Die Allerheiligste was eweredig in lengte, breedte en hoogte – dit praat van volmaaktheid. Hierdie beskrywing is identies aan die beskrywing van die Nuwe Jerusalem – die toekomstige tuiste van die Bruid van Christus. "Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam. En hy het my in die gees weggevoer op 'n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal ... En die stad het vierkantig gelê, sy lengte was net so groot as sy breedte" (Openb. 21: 9b-16). Watter pragtige wonings het die Bruidegom berei vir Sy Bruid! As sy die Allerheiligste op aarde ingegaan het, sal sy saam met Hom vir ewig in die Nuwe Jerusalem bly.

Die ark van die verbond en die versoendeksel was in die Allerheiligste. Die twee gérubs se gesigte was gedraai na die versoendeksel. Hulle is gemaak van dieselfde stuk goud as die versoendeksel (Exo. 37: 1-9). Die Woord was gestoor in die verbondsark. Die Here het afgekyk na Sy Woord, wat voortdurend voor Hom is, soos Hy waak oor die uitvoering daarvan (Jer. 1:12). God het in die Ou Testament 'n verbond gesluit, en ook in die Nuwe: "... dit is my bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes." (Matt. 26:28)

Die Verbondsark bevat die goue kruik met manna, wat beteken dat waar die Woord is, is daar geestelike voedsel. Oorwinnaars van elke kerk-eeu het gevoed op die verborge manna, die geopenbaarde Woord. Die manna, wat die Israeliete elke dag ontvang het, was die volgende dag bederf, maar die manna in God se teenwoordigheid in die ark van die verbond, het nooit bederf nie. Ons moet nooit die oorblyfsels van een kerk-eeu na die volgende oordra nie. Daar is die beloofde Woord vir elke kerk-eeu en vars manna vir diegene wat die heilige priesterdom van Christus is in elk van die kerk-eeue.

Aäron se staf wat geblom het, was ook in die ark van die verbond. God het self Aäron en sy seuns aangestel as priesters en bonatuurlik getuig – die droë stok het oornag geblom en vrug gedra. Die Gemeente van die Lewende God is saamgestel uit ‘n bottende priesterdom wat vrugte dra van die Heilige Gees. Die Here het die droë doodsbeendere geneem en ‘n lewende liggaam daaruit gemaak met Sy eienskappe.

Wanneer die verbondsark in die Ou Testament gedra was, was die mense ryklik geseën. "So het Dawid en die hele huis van Israel dan die ark van die Here met gejuig en basuingeklank opgehaal …" (2Sam. 6:15).

In die Nuwe Testament sien Johannes die ark van die verbond: "en die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien. En daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael" (Openb. 11:19). Groot is die vreugde in die kamp van die verlostes, want die Verbondswoord van die Almagtige God het in hierdie laaste dae, na Sy eie teruggekeer.

Nadat alles gedoen was volgens die Woord, het die wolkkolom afgekom op die tent van samekoms, en die heerlikheid van die Here het die tabernakel gevul en die kinders van Israel gelei na die belofte land. Op dieselfde manier verkeer Hy nou met Sy Bruid – diegene wat inval by Sy Woord – totdat hulle die pêrel-poorte binnegaan.

Die sewe-lamp goue kandelaar verteenwoordig die Gemeente van die lewende God in profesie – die woonplek van die Allerhoogste. Die sewe lampe praat van die verligting van God se beloofde Woord in die sewe onderskeie eras van die nuwe-testamentiese Gemeente. Die tafel met die toonbrood is Christus in profesie, die Brood van die Lewe.

Die reukaltaar toon in profesie dat die oorwinnaars, wie die geopenbaarde Woord vir hul tyd ontvang, hul gebede voor die troon van God bring, wat uitgegiet word as ‘n lieflike geur in Sy heilige teenwoordigheid. Die gelowiges van al die kerk-eeue het "... oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hul lewe nie liefgehad nie" (Openb. 12:11).

Die eerste kerk-eeu, hier gesimboliseer deur die eerste lamp, was op die dag van Pinkster deur God self verlig, met die vuur van die altaar. Elke kerk-eeu se lamp was daarna aangesteek uit die vorige kerk-eeu en die beloofde Woord verlig deur dieselfde vlam. In elke kerk-eeu was daar diegene wat die lig aanvaar het, maar ook diegene wat dit verwerp het.

‘n God-gestuurde boodskap, lei altyd terug na die Woord en die Heilige Gees lei tot bekering. Wie nie bekeer en die Woord volg nie,se kandelaar sal uit sy plek verwyder word, en sal in geestelike duisternis wees (Openb. 2:5). Die lig aan die Gemeente is slegs gewaarborg solank as die lamp aan die brand is. Diegene wat teen die lig gaan, word daardeur verblind, "... maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde" (1Joh. 1:7). Maar, "... as ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie" (v.6). Om Christus te volg beteken om Hom te volg in alle openbaringe wat Hy gee. Hy sê: "Ek is die lig van die wêreld: wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê" (Joh. 8:12).

Van diegene wat die vervulling van die profesieë met die eerste koms van Christus gesien het, word gesê: "Die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ‘n lig opgegaan" (Matt. 4:16). Die apostel Paulus was beweeg om aan ons, wat hier in die tyd van die wederkoms van Christus leef, te skryf: "Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos 'n dief sou oorval nie" (1Thess. 5:4).

In die dae van Moses, was die hele Egipte oorval met duisternis, maar die Israeliete het lig in hul woonplekke gehad (Exo. 10:23). Hulle het Moses aanvaar as 'n God-gestuurde profeet, die beloofde Woord vir hul tyd ontvang en dus deel gehad aan dit wat die Here in hul tyd gedoen het. So word dit nou herhaal. Duisternis oordek die aarde en donkerte die mense, maar die lig van die beloofde Woord vir die uur skyn waar die heiliges is.

"En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan ​​daar 'n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde" (Openb. 5:6).

Hier sien ons die Lam met die sewe Geeste, die sewe oë, wat praat van die sewe engel-boodskappers, wat deur middel van goddelike openbaring die beloofde Woord sien vir hul tyd. In die liggaam, wat bestaan ​​uit baie lede, is die oog ‘n profetiese bediening. "Want die Here het oor julle uitgegiet 'n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë – die profete – toegesluit en julle hoofde – die sieners – toegebind. So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van ‘n verseelde boek wat hulle gee aan iemand wat kan lees, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie, want dit is verseël …" (Jes. 29: 10-11).

Dit is baie duidelike spraak. As die oog in die liggaam van Christus nie kan sien nie, is almal in donkerte gehul. Maar God sy dank, wat ‘n ope visioen gestuur het – Sy geopenbaarde Woord.

Baie het probeer om die laaste boek van die Bybel te lees, maar hulle was nie in staat om die inhoud daarvan te verstaan nie, want dit is verseël. Nou, deur die Voorsienigheid, is al hierdie verborge dinge geopenbaar. Dit het die Here behaag om dit wat verborge was deur die eeue heen, deur die bediening van 'n God-gestuurde profeet in hierdie laaste kerk-eeu, bekend te maak. Dit is verberg vir die oë van die wyse en verstandige mense, maar geopenbaar aan kindertjies wat bereid is om onderrig te word.

Om 'n geheelbeeld van Christus en Sy Gemeente in profesie te kry, moet ons die Skrif sien in sy deurlopendheid, soos een onderwerp in die ander invleg, totdat die hele verlossingsplan voor ons ontbloot is.

Die priesters van die Ou Testament het die ordinansies erken en was gehoorsaam daaraan. Hulle het geweet dat die pad na verlossing van hul sondes, is deur die versoening. Deur hul gehoorsaamheid het hulle hul lojaliteit aan God gedemonstreer.

Die koninklike priesterdom van die Nuwe Testament toon ook sy lojaliteit en gehoorsaamheid aan God deur die nakoming van die ordinansies van die Nuwe Testament. Ons is verlos deur die bloed van die Lam. Ons sondes is vergewe. In die Ou Testament het God se uitverkore volk die Pasga gerespekteer, in die Nuwe Testament neem ons deel aan die nagmaal, waardeur ons die dood van Christus herdenk, tot Sy wederkoms.

In die Ou Testament was hulle in Moses gedoop in die wolk en in die see (1Kor. 10:2). In die Nuwe Testament word die gelowiges gedoop in water in die Naam van die Here Jesus Christus, nadat hulle tot bekering gekom het van hulle sondes en, volgens die belofte, ontvang hulle die doping van die Heilige Gees (Hand. 2: 38-39).

In die Ou Testament moes die priesters hulle hande en voete was voordat hulle die heiligdom ingegaan het. In die Nuwe Testament was Jesus Christus die voete van Sy dissipels en sê: "As Ek dan, die Here en die Meester julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek het vir julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen" (Joh. 13: 5-17).

Soos die priesters in spesiale klere gekleed was, so is die Bruid van Christus geklee in 'n bruilofskleed. "En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges" (Openb. 19: 8). Ons het geen geregtigheid van ons eie nie. Hy het ons gewas, geklee en gesalf. Ons is verseël deur Sy Gees:"... in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte" (Efé. 1:13).

Die Heilige Gees van die belofte gaan altyd gepaard met die Woord van die belofte en verseël diegene wat dit glo, in die liggaam van Christus. Daar is 'n groot verskil tussen iemand wat gesalf is, en iemand wat verseël is. Baie is gesalf deur die Gees, waardeur hulle groot dinge doen, maar die Here sê aan hulle: "Ek het julle nooit geken nie" (Matt. 7:23), omdat hulle die Woord van die waarheid – die Woord van die belofte – nooit ontvang het nie en dus nie deur die Gees van die waarheid verseël kon word nie. Hulle ontvang die seëninge, maar hulle weier die Woord wat deur dieselfde Heilige Gees geopenbaar word.

Baie praat van ‘n spesiale bediening en verwys na wat hulle vermag het, maar nou het die tyd aangebreek waarin alles bewys moet word deur die Woord. Ware Christene is nie net tevrede met herlewings nie, hulle verlang daarna om God se Woord te hoor, dat dit moet deurdring tot diep in hul harte en geestelike vrugte voortbring. In hul gees het hulle diepe verlange na die werklikheid van die Here.

Baie verkondig die wederkoms van Christus, maar net soos die Jode by Sy eerste koms, is hulle geslaan met blindheid. Die ooreenkomste is verbasend. Terwyl God besig is om Sy aangesig weer na die Jode te draai, en die eindtyd van genade vir die nasies aanbreek, verwerp Christene weer die Here van die heerlikheid en kruisig Hom ook weer opnuut. Hulle gaan natuurlik voort om te praat oor hul Verlosser en Geneser, die Seun van God en Seun van Dawid, maar hulle weier om Hom as die Seun van die mens in Sy profetiese bediening te sien, waar Hy wandel in die midde van die sewe-lamp goue kandelaar. God het egter 'n klein groep oorblywendes, wat die beloofde Woord erken vir ons tyd en hulle sien Christus en Sy Gemeente in profesie.

Mag God genade gee dat almal die belangrikheid van die sewe-lamp verligte goue kandelaar sien, wat dieselfde Gemeente in die sewe kerk-eue verteenwoordig, en hul boodskappers erken as die sterre in Sy regterhand. Die heerlikheid van die Here, dieselfde pilaar van vuur, hang oor Sy Gemeente soos dit was met die kinders van Israel.

‘n God-gestuurde boodskap, lei altyd terug na die Woord en die Heilige Gees lei tot bekering. Wie nie bekeer en die Woord volg nie,    se kandelaar sal uit sy plek verwyder word, en sal in geestelike duisternis wees (Openb. 2:5). Die lig aan die Gemeente is slegs gewaarborg solank as die lamp aan die brand is. Diegene wat teen die lig gaan, word daardeur verblind, "... maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde" (1Joh. 1:7). Maar, "... as ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie" (v.6). Om Christus te volg beteken om Hom te volg in alle openbaringe wat Hy gee. Hy sê: "Ek is die lig van die wêreld: wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê" (Joh. 8:12).

Van diegene wat die vervulling van die profesieë met die eerste koms van Christus gesien het, word gesê: "Die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ‘n lig opgegaan" (Matt. 4:16). Die apostel Paulus was beweeg om aan ons, wat hier in die tyd van die wederkoms van Christus leef, te skryf: "Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos 'n dief sou oorval nie" (1Thess. 5:4).

In die dae van Moses, was die hele Egipte oorval met duisternis, maar die Israeliete het lig in hul woonplekke gehad (Exo. 10:23). Hulle het Moses aanvaar as 'n God-gestuurde profeet, die beloofde Woord vir hul tyd ontvang en dus deel gehad aan dit wat die Here in hul tyd gedoen het. So word dit nou herhaal. Duisternis oordek die aarde en donkerte die mense, maar die lig van die beloofde Woord vir die uur skyn waar die heiliges is.

"En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan ​​daar 'n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde" (Openb. 5:6).

Hier sien ons die Lam met die sewe Geeste, die sewe oë, wat praat van die sewe engel-boodskappers, wat deur middel van goddelike openbaring die beloofde Woord sien vir hul tyd. In die liggaam, wat bestaan ​​uit baie lede, is die oog ‘n profetiese bediening. "Want die Here het oor julle uitgegiet 'n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë – die profete – toegesluit en julle hoofde – die sieners – toegebind. So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van ‘n verseelde boek wat hulle gee aan iemand wat kan lees, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie, want dit is verseël …" (Jes. 29: 10-11).

Dit is baie duidelike spraak. As die oog in die liggaam van Christus nie kan sien nie, is almal in donkerte gehul. Maar God sy dank, wat ‘n ope visioen gestuur het – Sy geopenbaarde Woord.

Baie het probeer om die laaste boek van die Bybel te lees, maar hulle was nie in staat om die inhoud daarvan te verstaan nie, want dit is verseël. Nou, deur die Voorsienigheid, is al hierdie verborge dinge geopenbaar. Dit het die Here behaag om dit wat verborge was deur die eeue heen, deur die bediening van 'n God-gestuurde profeet in hierdie laaste kerk-eeu, bekend te maak. Dit is verberg vir die oë van die wyse en verstandige mense, maar geopenbaar aan kindertjies wat bereid is om onderrig te word.

Om 'n geheelbeeld van Christus en Sy Gemeente in profesie te kry, moet ons die Skrif sien in sy deurlopendheid, soos een onderwerp in die ander invleg, totdat die hele verlossingsplan voor ons ontbloot is.

Die priesters van die Ou Testament het die ordinansies erken en was gehoorsaam daaraan. Hulle het geweet dat die pad na verlossing van hul sondes, is deur die versoening. Deur hul gehoorsaamheid het hulle hul lojaliteit aan God gedemonstreer.

Die koninklike priesterdom van die Nuwe Testament toon ook sy lojaliteit en gehoorsaamheid aan God deur die nakoming van die ordinansies van die Nuwe Testament. Ons is verlos deur die bloed van die Lam. Ons sondes is vergewe. In die Ou Testament het God se uitverkore volk die Pasga gerespekteer, in die Nuwe Testament neem ons deel aan die nagmaal, waardeur ons die dood van Christus herdenk, tot Sy wederkoms.

In die Ou Testament was hulle in Moses gedoop in die wolk en in die see (1Kor. 10:2). In die Nuwe Testament word die gelowiges gedoop in water in die Naam van die Here Jesus Christus, nadat hulle tot bekering gekom het van hulle sondes en, volgens die belofte, ontvang hulle die doping van die Heilige Gees (Hand. 2: 38-39).

In die Ou Testament moes die priesters hulle hande en voete was voordat hulle die heiligdom ingegaan het. In die Nuwe Testament was Jesus Christus die voete van Sy dissipels en sê: "As Ek dan, die Here en die Meester julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek het vir julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen" (Joh. 13: 5-17).

Soos die priesters in spesiale klere gekleed was, so is die Bruid van Christus geklee in 'n bruilofskleed. "En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges" (Openb. 19: 8). Ons het geen geregtigheid van ons eie nie. Hy het ons gewas, geklee en gesalf. Ons is verseël deur Sy Gees:    "... in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte" (Efé. 1:13).